Hierdie jolige komedie gee vir alle meisies weer moed wat ʼn probleem met hul eie selfbeeld het en van die lewe probeer wegkruip. Jy is so mooi soos jy voel.
Alles vir die maand Mei 2018
Busstaking: ‘Werkgewers wys die middelvinger vir pendelaars’
“Ons lede vra nie baie nie, hulle eis bloot ʼn lewensloon en ordentlike werksomstandighede. Ons salueer hulle vir hul moed en dissipline tydens dié uitgerekte staking. Hulle het gekies om die grootste opoffering denkbaar te maak om die base in die sektor te dwing om die regte ding te doen.”
Supersportreeks het ʼn verrassing of twee nodig
Die Supersportreeks het ʼn verrassing of twee dringend nodig om belangstelling daarin gaande te hou.
Tekenprent: Trump en Kim Jong Un
Dit lyk waarskynlik dat die Amerikaanse president Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un binnekort sal vergader.
Resep: Beesbiltong
Het jy al ooit self biltong gemaak? Beproef dié resep vir lekker geurige biltong.
Alberton-baba steeds vermis
Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wat na bewering Woensdag ontvoer is, is nog nie gevind nie.
Leon van Nierop se resensie: Wonderlus
Jy sal gil, jy sal giggel, jy sal jou hand voor jou mond klap en uiteindelik besef: die liefde is nie vir sissies nie. Verlief wees en lief wees is twee heeltemal verskillende emosies.
Nuuskommentaar: Waarvoor deug die Afrikaner en wit mens in Suid-Afrika?
Word die Afrikaner/wit mens nog net in Suid-Afrika geduld om opwinding te bied, soos Julius Malema dit wil hê, of het hy of sy ’n saak om sterk standpunt vir sy of haar volwaardige plek onder die Suid-Afrikaanse son in te neem?
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Om my vrese te oorkom – Deel 15
“As jy toelaat dat angs en vrees in jou groei, gee jy dikwels aan depressie vatplek.” In die program gesels Frans Cronjé oor hoe om jou vrese te oorkom.
Vandag se sportnuus
Ses Superrugby-wedstryde word die naweek gespeel en al vier Suid-Afrikaanse spanne sal in aksie wees.
Sibanye-Stillwater: Dodetal styg tot vier
Sibanye-Stillwater se Masakhane-myn in Driefontein het bevestig die dodetal het tot vier gestyg ná seismiese aktiwiteit Donderdag by dié Wes-Randse myn.
Boek: Die keer toe ek my naam vergeet het
Op ’n eerlike en roerende wyse, en met ’n tikkie humor, raak Venter die universele, tydlose temas van siekte, oudword en die dood aan.
Een dood toe vragmotor by wal afrol
Die bestuurder is met noodlottige beserings binne die vragmotor aangetref.
‘Skikking ʼn enorme deurbraak vir siek mynwerkers’
ʼn Groepeis is namens eisers wat tussen 1965 en 2015 silikose en tuberkulose in die goudmynbedryf opgedoen het, ingestel.
Sibanye-Stillwater: Sommige vasgekeerdes gevind, een dood
Altesaam 13 werkers is vroeër Donderdag ondergronds vasgekeer ná seismiese aktiwiteit by dié myn.
Gedagte vir die dag: Van jongs af
U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm (Psalm 71:6)
SA speler vir hoë Engelse eer benoem
ʼn Speler wat vir Suid-Afrika se naasbestes uitgedraf het, voor hy sy rugbyheil in Engeland gaan soek het, is vir ʼn hoë Engelse toekenning benoem.
Vrou (50) in huis geskiet
“Die motief vir die aanval is in die stadium onbekend en word ondersoek.”
Hof beslis oor Guptas se straler-aansoek
Die hof het in Maart beslis dat die Bombardier 6000-straler oorhandig moet word en by die Lanseria-lughawe noord van Johannesburg geberg moet word.
Twee in hof ná hameraanval op plaas
Twee mans, Jacobus en William Wilkinson, het Woensdag in die Machadodorp-streekhof verskyn in verband met die beweerde aanranding van vier mense op ʼn plaas naby Belfast in Mpumalanga.