Die Stormers is die VRK-kampioenspan nadat hulle die Bulls in ’n aksiebelaaide eindstryd in Kaapstad geklop het.
Lees meerAlles vir Saterdag 18 Junie 2022
Visser van rotse afgeslaan
Vriende van die vermiste man het aan die NSRI bevestig dat hulle staan en visvang het toe ʼn groot golf oor die man geslaan en hom die see in gesleep het.
Dis die Pumas teen Griekwas!
Die woord “ophou” bestaan nie in die Pumas se woordeskat nie, veral nie nadat hulle Saterdag, met slegs ʼn paar minute oor, teen die planke was nie.
Miljoene kan vroeg sterf as lugbesoedeling voortduur
Lugbesoedeling kan inwoners se lewe met tot twee jaar verkort en word selfs verbind met ʼn verhoogde risiko vir demensie.
Finale Zondo-verslag ‘op pad’
Die vyfde en laaste deel van die verslag moes Woensdag reeds aan die president oorhandig word.
Nog ʼn koue week lê voor
Die weerdiens voorspel sneeu, reën en koue vir dié provinsies.
‘Dink twee keer oor bulhonde’ – navorsing
Engelse bulhonde is twee keer meer geneig om algemene gesondheidsprobleme te ontwikkel as ander honde en sal waarskynlik in hul leeftyd aan vel-, oog- en asemhalingsprobleme ly.
Chenin eintlik behoorlik hier gevier
Internasionale Chenin Blancdag is hierdie week gevier, maar dis eintlik hier in Suid-Afrika waar dié kultivar behoorlik gevier kan word, veral nadat Ken Forrester – wat ook gereken word as mnr. Chenin – se Old Vine Reserve Chenin Blanc 2021 enkele dae gelede aangewys is as die wêreld se beste chenin blanc, skryf Maryke Roberts.
Gesonde gesinne die boustene van gesonde samelewing
Met Vadersdag wat Sondag gevier word, het Maroela Media met verskeie leiers in die Solidariteit Beweging gesels oor die lekkerste dele en grootste lesse van vaderskap.
Skietery in kerk eis lewe van drie bejaardes
Die 70-jarige was teenwoordig by ʼn ete wat die kerk aangebied het, toe hy ʼn klein handwapen uitgepluk en op lede van die gemeente begin skiet het.
Hofstryd om doodgebore babas: ‘Nou kan ouers kies’
Sonja Smith, die dryfveer agter die nieregeringsorganisasie Voice of the Unborn Baby, sê die uitspraak gee aan ouers ʼn keuse wat hul jare lank ontneem is – en kan bedroefde ouers help om ʼn mate van afsluiting te kry.
Video: ʼn Kuiertjie saam met Pippie Kruger en haar ma
“Dit gebeur nie met mense nie. Waardeur ons is, gebeur net nie. Ek dink Liewe Jesus het my baie gespaar, want as ek terugdink, onthou ek nie baie van die slegte goed nie.”
Agterblad-span gesels oor eindstryd-dinge
Die Stormers en die Bulls speel om 19:30 in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Kaapstad.
SA Matrieks kry wetenskappryse in Hongkong
Jaco Jacobs en Nicholaas Moolman het onderskeidelik goud en silwer in die Global Youth Science and Technology Bowl (GYSTB) verower.
Proteas maak dinge moeilik vir hulself
Die Suid-Afrikaners het ’n reeksvoorsprong van 2 – 0 weggegooi en môre se laaste wedstryd in Bengaluru beskik nou oor eindstryd-status. Die span wat daar wen sal met die silwerware wegstap.
Doen-dit-self: Maak ʼn plantjie-platbord vir Vadersdag
Gee jou kreatiwiteit vrye teuels hierdie Vadersdag en gee vir jou pa ʼn unieke geskenk om te wys jy gee om.
Polisieman veg om lewe ná aanval op hoofweg
Lede van die polisie se honde-eenheid was Maandag besig om die N12-hoofweg tussen Delmas en Daveyton te patrolleer toe hulle ʼn polisievoertuig langs die pad sien staan het.
Hollywood: Kim Kardashian in sop oor rok; BTS se paaie skei
“Die feit bly staan dat sy nie die kledingstuk op enige wyse beskadig het in die kort tydjie wat dit by die Met Gala gedra is nie.”
Werknemer ontvoer toe transaksie skeefloop
Toe die winkelassistent aandui dat hy niks van die transaksie weet nie, het die verdagtes hom glo gegryp en in hul motor geforseer.
Griekwas draai die horlosie 52 jaar terug
Dié keer was daar nie een Springbok in Griekwas se span nie, maar aan geesdrif, passie en ondernemingsgees het dit net soos in 1970 weer nie ontbreek nie.