Dit is nou sowat ses maande sedert die merkwaardige dr. Leopold Scholtz in Nederland sy stryd teen kanker verloor het.
Alles vir Woensdag 17 Mei 2023
Israel al 75 jaar oud
Die ontstaan van Israel is niks minder as ʼn wonderwerk nie. Nog ʼn wonder is dat die staat oorleef het, want hy was en is omring deur vyandige bure wat alles sou doen om sy geboorte te verhoed.
‘Vermiste’ meisie ses jaar later gevind danksy Netflix-reeks
ʼn Amerikaanse meisie wat ses jaar gelede spoorloos verdwyn het saam met haar ma, is veilig gevind nadat sy deur iemand erken is wat na ʼn Netflix-reeks oor haar verdwyning gekyk het.
Hou op spekuleer oor AKA-moord, vra polisie
Die polisie het weer eens ʼn beroep gedoen teen die publikasie van ongegronde bewerings rakende die voortgesette ondersoek na die moord op die bekende Suid-Afrikaanse rapper Kiernan ‘AKA’ Forbes en Tebello ‘Tibz’ Motsoane.
Gemeenskap moet deel word van voorkoming van hipertensie, diabetes
Veel meer moet op voetsoolvlak gedoen word om die voorkoms van hoë bloeddruk en diabetes te verhoed, sê kenners in nuwe navorsing.
Getuie sê hy wou oom op Pampoenkraal-plaas red
Die verdediging se weergawe van die gebeure op die Pampoenkraal-plaas verskil egter drasties van dié van die sleutelgetuie.
SA en Rusland: Fokus eerder op probleme tuis
“Dit is tyd dat die Suid-Afrikaanse regering en president Ramaphosa hul prioriteite begin regkry.”
Eskom ontken ‘dreigende’ ineenstorting van kragnetwerk
Volgens die kragvoorsiener het hy met kommer kennis geneem van verskeie sosialemediaplasings wat beweer dat die land binnekort in algehele donkerte gehul kan word.
Gedagte vir die dag: God met ons
’n Jong vrou sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. (Jesaja 7:14)