Die mees onlangse frustrasie word vergestalt in padblokkades en lukrake, aanvallende en onredelike ondervraging oor vuurwapens wat gedurende dié padblokkades in die niksvermoedende bestuurder of passasier van die geteikende voertuig se besit is.
Alles vir Maandag 22 Mei 2023
Woord: snerpend
FA Venter skryf in ‘Kambrokind’: “Die trek … het voortgekruie deur die … lang, snerpende nagte.” Taaltoffie ondersoek die betekenis van die woord “snerpend”.
Koepka stap in grotes se spore
Koepka is Saterdag weens sy betrokkenheid by LIV-gholf uitgejou toe hy afgeslaan het, maar met sy puik spel het hy die duisende toeskouers gou aan sy kant gehad.
Faf se RCB uit IPL-wedloop
Faf du Plessis, Virat Kohli en Glenn Maxwell het 1 769 van die Royal Challengers Bangalore se 2 502 lopies hierdie seisoen aangeteken.
Een sterf, nog drie beseer in ongeluk by Deneysville
Paramedici, polisiebeamptes, Vrystaatse verkeersbeamptes en ander private nooddienste was Sondag omstreeks 11:35 op die toneel.
Resep: Sampioenbiefstuk met pittige Chimichurri
Kikker jou aandete met dié sampioengereg op.
Vyf vas ná rooftog by Polokwane-juwelier
Sommige van die gesteelde items is tydens die inhegtenisneming by die verdagtes gevind.
Gautengse ouers moet gou spring vir skoolplasings
Daar is te min skole in Gauteng is en hierdie probleem moet voor die deur van die Gautengse departement van basiese onderwys gelê word. Die LUR sê meer word gebou om hierdie tekort te takel, maar het nie uitgebrei oor hoeveel aanvullende skole in 2024 gereed sal wees nie.
Cholera-uitbreking in Hammanskraal eis reeds 12
Die bevestiging van die uitbreking kom nadat minstens 95 mense sedert verlede Maandag by die Jubilee-distrikshospitaal met simptome van diarree, maagkrampe en braking aangemeld het.
Gedagte vir die dag: Dankbaarheid en hartseer
‘n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. (Lukas 23:27)