Suid-Afrika het in die eerste kwartaal van 2023 meer as twee miljoen toeriste verwelkom; dit is meer as twee keer soveel in vergelyking met dieselfde tydperk in 2022.
Alles vir Maandag 22 Mei 2023
GR-beker lewer hope pret en pyn by Zwartkops op
Die derde ronde van die GR-beker het die naweek by Zwartkops in Pretoria plaasgevind en wat ʼn puik naweek vir motorsport was dit nie.
Twee Unisa-raadslede bedank glo oor verdoemende verslag
Die bedankings kom glo nadat lede in ʼn raadsvergadering verdeeld was oor of prof. Puleng LenkaBula, visekanselier, geskors moet word.
Regering opnuut gekap oor omstrede kopieregwetgewing
“Dit kom neer op ʼn vorm van onteiening sonder vergoeding en dit kan die media- en verwante bedrywe vernietig.”
Sepiegids: Liam ruk handuit in ‘Binnelanders’
In “Suidooster” stamp Rhafiek en Rhiyaaz steeds koppe en in “Arendsvlei” konfronteer Anthony Rachel oor haar verhouding met die gevaarlike Desmond.
Sjef, vrou vasgebind op kombuisvloer wyl boewe plunder
“Ek het met my vasgebinde hand aan Cobus geraak. Ons het heeltyd vir mekaar gekyk en vir mekaar gesê hoe lief ons vir mekaar is. Ons het saamgebid en gesê dat ons hierdeur sal kom.”
Handreiniger vir polisie in pandemie met 236% opgejaag
’n Pretoriase maatskappy het gedurende die pandemie 25 liter-houers met handreiniger teen R4 700 stuk aan die polisie verkoop.
Innibos skud sy vere reg vir groot fees die jaar
“Die tema vir vanjaar se kunstefees is ‘Vars’ wat ons opgewondenheid weerspieël om opnuut vermaak en die kunste na die Laeveld te bring.”
Video: ‘Nóú gaan ons braai,’ sê Demi-Leigh se Tim in Afrikaans
“Ek hou daarvan om ons Suid-Afrikaanse tradisies met my vriende en familie in die VSA te deel.”
Verbruikersake: Jou regte as die prys verkeerd is
Verbruikers hoor verskillende stories oor wat jou regte is wanneer die prys op ʼn produk verkeerd is, maar niemand weet regtig wat die regte storie is nie. Ina Opperman verduidelik wat inderwaarheid jou regte is.
Reënvaluiterstes in SA al meer waarskynlik – studie
Volgens die navorsers sal Suid-Afrika na verwagting warmer word en dus meer geneig wees om droogtes te ondervind. Dit beteken egter nie dat die risiko van erge storms – tropiese siklone en intense donderstorms ingesluit – nie moontlik is nie.
Wen: Jo Black vir een aand in Amsterdam te sien
Jo is slegs vir een aand op Saterdag 15 Julie te sien op die verhoog van die gesogte Theater Amsterdam in Nederland.
Hoe gemaak as jy jou aptyt verloor tydens emosionele tye?
Het jy geweet dat daar ʼn verskil is tussen honger wees en aptyt?
Minister in presidensie ook op pad na Rusland
Minister Khumbudzo Ntshavheni het ook ’n span hoëvlak-amptenare na Oekraïne gestuur ter voorbereiding van die vredesending wat pres. Cyril Ramaphosa verlede week aangekondig het.
Luister: Probleemgebaseerde leer berei leerders op die werklike wêreld voor
Luister na Jhani Pottas, ‘n dosent in opvoedkunde by Akademia en ‘n kundige in probleemgebaseerde leer, wat die potensiaal van hierdie metodologie om die onderwysstelsel te transformeer, in hierdie episode bespreek.
‘BSV’: Boer Francois en sy Vanessa verloof
“Ons is nie blind vir mekaar se foute nie, maar besef dat die Here se opinie van ons van meer belang is.”
Twee ontsnaptes onder sewe wat polisie aankeer
Minstens vyf van die sewe verdagtes word met renosterstropery verbind.
Sexton swaai vinger vir Peyper
Jaco Peyper, wat die eerste Suid-Afrikaanse skeidsregter geword het om die fluitjie in ʼn Kampioenebeker-eindstryd te blaas, moes ʼn paar groot beslissings maak.
Vermeende polisiemoordenaar aangekeer
Volgens kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder van die Valke, is die polisiebeampte deur onbekende verdagtes geskiet toe hy sy huis binnegaan.
Suid-Afrika het ʼn goeie dosis Stockholm-sindroom weg
Ten spyte van die feit dat Suid-Afrikaanse burgers elke dag aan misbruik en mishandeling deur die ANC blootgestel is, is 52% van kiesers nog van mening dat die ANC hulle stem verdien.