Dié sukkelende munisipaliteit word gekenmerk deur jare se korrupsie, wanbestuur en gebrek aan dienslewering.
Lees meerAlles vir Saterdag 15 Julie 2023
RTIA slaggereed om Aarto in te stel
Die VF Plus is van mening dat die omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, beter bekend as Aarto, bloot net nie uitvoerbaar is onder die huidige regering nie.
Italië soek oudhede by Louvre terug
Italië eis dat oudhede wat hy glo gebuit is voordat dit in die 1980’s en 1990’s aan die Louvre in Parys verkoop is, aan die land terugbesorg word.
Wimbledon: Fees van die ongekeurde
Die ongekeurde Marketa Vondrousova is die Wimbledon-kampioen nadat sy Tunisië se Ons Jabeur in skoon stelle geklop het.
Lug in pype los Johannesburg weer sonder water
Rand Water sê omdat die waterstelsel byna drie dae leeg was, is dit “waarskynlik dat daar lug in die pype is”.
Is staatskaping 2.0 reeds hier?
Die DA meen weinig is nog gedoen om ʼn herhaling van staatskaping te verhoed, maar nog ʼn kenner meen die Zondo-kommissie het deur die puin van staatskaping gekyk en tasbare aanbevelings oor die pad vorentoe gedoen.
Poemas speel Wallabies stil
Die Wallaby-afrigter Eddie Jones het baie min hare oor, maar as sy span gaan aanhou om droog te maak, gaan hy binnekort heeltemal bles wees.
Operasies, keisers gaan voort te midde van waterkrisis
Daar het die afgelope tyd groot kommer geheers toe bewerings die ronde gedoen het dat noodsaaklike operasies weens ʼn watertekort nie by die Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley gedoen kon word nie.
Swak begin kos Bokke – Nienaber
“Swak dissipline – ons het vier strafskoppe op ʼn streep afgestaan – ʼn spul ongedwonge foute en vyf verbroude duikslae het ons op die agtervoet geplaas. ʼn Topgehalte span soos Nieu-Seeland sal beslis munt daaruit slaan.”
Susan Sarandon, Frances Fisher ruk op in akteurstaking
Hoewel bekende akteurs dikwels die voordeel van individuele kontrakte geniet wat baie voordeliger as die Screen Actors Guild se minimum vereistes is, kan hul teenwoordigheid by die betogings help om aandag op die dispuut te vestig.
Nog jagluiperds uit SA vrek in Indië
Die jongste vrektes bring die getal Suider-Afrikaanse jagluiperds wat die afgelope paar maande na Indië geneem is en in dié land gevrek het, op agt te staan.
Bok-ellende op Mount Smart
Die All Blacks het die grondslag vir hul oorwinning in die eerste helfte gelê: Hulle het meer fases as Eskom opgebou, die luggevegte loshande gewen en uitstekend afgerond.
EFF sal koalisie oorweeg om ANC te ontsetel
“As die DA ons genooi het, sou ons aan boord gekom het,” het Julius Malema, leier van die EFF, gesê.
Groot planne om Heldeakker op te knap
“Wanneer ons erfenisterreine besoek het, het hulle altyd vir ons gesê dat jy moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy op pad is.”
Nuwe Mej. Supranasionaal gekroon
Die uittredende titelhouer, Lalela Mswane van Suid-Afrika, het in ʼn emosionele seremonie die nuwe Mej. Supranasionaal gekroon.
Junior Bokke skakel (te laat) oor na hoogste rat
Dit was die eerste keer vanjaar dat die Junior Springbokke se volle potensiaal werklik na vore gekom het toe hulle Engeland met 22 – 15 in die uitspeelwedstryd om die derde plek in die Athlone-stadion in Kaapstad geklop het.
Eben se besluit om te bly ‘simbolies van Bokke se karakter’
Zizi Kodwa, die minister van sport, kuns en kultuur, het die Springbokke alle sterkte toegewens vir Saterdag se kragmeting teen Nieu-Seeland, veral ná die onstuimige week wat die span agter die rug het.
Hollywood: Taylor Swift laat (weer) rekords spat; papier in Aretha Franklin se rusbank wél testament
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die week se jongste internasionale vermaaknuus.
McIIroy-hulle moet kophou in reën
Die Noord-Ierse gholfspeler Rory McIIroy sal nie net sy oog op die rits spelers moet hou wat in sy spoor in die Skotse Ope trap nie, maar ook op die hewige donderstorms wat voorspel word.
Jonge Zak gaan afslaersdebuut maak
Die kordate Zak Thuynsma sal Saterdag sy eie lot by die nasionale Boran-veiling in Parys opveil.