“Dit gaan op die oomblik glad nie goed met hom nie, maar ons hoop en vertrou dat die hartomleiding hom sal help om vinniger te herstel.”
Alles vir Vrydag 4 Augustus 2023
Eerste vroue-optog vandag 108 jaar gelede
Hendrina (Drienie) Joubert, die 84-jarige weduwee van die ZAR se kommandant-generaal, Piet Joubert, het hierdie vroue-protesoptog na die Uniegebou gelei. Sy was een van baie vroue wat verslae was oor die Rebellieleiers se straf.
Ouma-beskuit nou ook in pienk ‘gedoop’
Dit blyk dat nie eens Ouma-beskuit die sogenaamde Barbiekoors kan vryspring nie.
Malesela Teffo in die hof
Daar word beweer dat die voormalige advokaat Malesela Teffo (53) op 29 Julie sonder toestemming na die genoemde gebou gegaan het, saam met ’n persoon van ’n slotmakeronderneming.
Luister: Dié persoonlikheid smag na beheer
Die tipe 8 het ʼn vrees daarvoor om broos te voel, om te voel dat hulle nie in beheer van ʼn situasie is nie en dat hulle in die proses dalk kan seerkry.
Proteas wen, maar podiumdroom ly skipbreuk
“Dit is ʼn teleurstellende oorwinning teen Uganda – ek bedoel, ons het gelykop teen Nieu-Seeland gespeel en daardie uitslag het vir ons soos ʼn wen gevoel.”
Verander die wêreld, begin met Bitcoin
Bitcoin neem mag weg van politici, bestuurders en banke en plaas dit in die hande van individue. Bitcoin is geld van vryheid, want niemand kan dit van jou wegneem nie.
Paradys of gekkeparadys?
Tog leef ons in ʼn wêreld waar al meer Westerse mense glo in dinge waarteen daar onomstootlike wetenskaplike bewyse is of wat bewese slegte uitkomste het. So word daar tans geglo dat biologiese mans wat “identifiseer” as vroue inderdaad vroue is en dus in sport moet deelneem as vroue.
Eerste braaiers gegroet in ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’
Vir 20 kranige braaiers was dit nie net hul eerste spanuitdaging nie, maar vir twee hoopvolle deelnemers ook die einde van die pad.
Gedig: Sproeireën
“O my nooi is in ʼn nartjie, my ouma in kaneel, daar’s iemand… iemand in anys, daar’s ʼn vrou in elke geur!,” skryf DJ Opperman in sy allerbekende gedig “Sproeireën”.
Drie skuldig aan Mihalik-moord
Pete Mihalik, ʼn strafregprokureur wat vir sommige van Kaapstad se berugste bendelede verskyn het, is in Oktober 2018 op ʼn kort afstand in die kop geskiet terwyl hy sy kinders by Reddam House, ʼn private skool in Groenpunt, gaan aflaai het.
Resep-video: Maklike pekanneuttert
Winter, somer, herfs of lente … hierdie tert is enige tyd van die jaar ʼn wenner.
Musiekvideo: Rudi Kleingeld nou sy eie liedjiemeester
Ná jare in die musiekbedryf as musikant, afrigter en musiekgroepleier, het Rudi Kleingeld uiteindelik die waagsprong geneem om sy eie musiekstempel op die bedryf af te druk.
Dickason-verhoor uitgestel weens olike jurielid
Besonderhede oor Lauren Dickason se gesinslewe, haar stryd teen depressie en die eindelike dood van die sesjarige Liané en tweejarige tweeling Maya en Karla is tot dusver in die hooggeregshof in Christchurch aangehoor.
9 plaasaanvalle, 3 plaasmoorde in twee weke
Die DA vra dat ’n ondersoek van stapel gestuur word om die moontlike verband tussen die EFF se aanhitsing van geweld en die oplewing in wrede plaasaanvalle en -moorde te ondersoek.
‘Lady R’-verslag vandag nog op Ramaphosa se tafel
Pres. Cyril Ramaphosa moet nog besluit watter dele van die verslag aan die publiek bekend gemaak sal word.
Gedagte vir die dag: Hy kan die onmoontlike doen
“Die regverdige sal nie ontsteld word nie, en sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die Here” (Psalm 112:6-7).