Altesame 136 van die 257 munisipaliteite in die land skuld Eskom sedert 31 Maart ʼn algehele bedrag van R58,5 miljard.
Alles vir Dinsdag 10 Oktober 2023
Ben moet wet en orde in Parys toepas
Ben O’Keeffe, wat drie keer as Nieu-Seeland se skeidsregter van die jaar aangewys is, sal in beheer van die Springbokke se kwarteindstryd teen Frankryk wees.
Burgerlike groepe wil SA politieke landskap saam help wysig
Die organisasies, wat onder die vaandel van Convergence4SA verenig het, vorm nie ʼn politieke party nie en skaar hulle ook nie by enige enkele party nie; hulle hoop nogtans om die politiek in die land positief te beïnvloed.
Filippyne wil Pacquiao na Spele in Parys stuur
Manny Pacquiao word beskryf as ʼn “ikoon van boks” en hoewel hy volgens die IOK se reëls te oud is vir deelname aan ʼn Spele, hoop die Filippyne dat ʼn spesiale versoek daarvoor aan hom toegestaan word.
Voëlgriep: Pluimveevereniging pleit vir noodgoedkeuring
“Ons is onseker oor die tydlyn vir goedkeuring van die entstof en is bekommerd dat dit nog maande of selfs jare kan neem, ondanks beloftes van die regering dat die registrasie van entstowwe geprioritiseer word.”
Onthou vir oom Paul – hy was ʼn rots
Die rede hoekom Kruger so goed onthou is en onthou word is gewoon omdat hy “bemin is en geëer is as die verpersoonliking van alles waarvoor hulle en hulle vadere gely en gestry het.
Ondersteuners en Vlok gee Franse skop
Dit is duidelik dat Frankryk die vrugte van die oud-Bok Vlok Cilliers se harde werk by die Wêreldbeker pluk: Die akkurate Thomas Ramos is tans die toernooi se voorste puntemaker.
DA pleit by Wada oor vlag, volkslied
Daar heers groot kommer dat die regering nie dié sperdatum gaan haal nie en dan sal Suid-Afrika nie toegelaat word om onder die land se vlag en met die gebruik van die volkslied aan groot byeenkomste deel te neem nie.
Drie mense sterf ná twee trokke op R36 bots
Mmusi sê dit is belangrik om kennis te neem dat daar nie ʼn bus in die ongeluk betrokke was soos vroeër berig is nie.
Kaapse brandbestryders amptelik ‘taaiste’
Die Kaapstad-metro het al by verskeie geleenthede aangevoer dat sy brandbestryders van die bestes in die land is – en nou het hulle dit net weer bewys.
Die Piesangskille styg weer na nommer 1 op Top-20
Appel se “Foute” tel ook weer momentum op.
Lexi speel saam met mans
Ses vroue het voor Lexi Thompson die mans in PGA-toernooie aangedurf, maar nie een van hulle het juis hond haaraf gemaak nie.
‘Hans’-fliek steek R1 miljoen-kerf by loket oor
‘Hans steek die Rubicon’ is tans in fliekteaters te sien.
Gesin vind 1 200 jaar oue Viking-skat toe hulle oorbel soek
Die vonds sluit twee borsspelde in wat ongeveer 1 200 jaar oud is.
Faf vuur en vlam vir Frankryk-toets
“Antoine [Dupont] is ʼn wonderlike speler en hy gee vir Frankryk baie selfvertroue op die rugbyveld. Ons berei egter voor om teen ʼn span te speel en nie individuele spelers nie.”
Dodelike bombardering van Gaza voortgesit
Yoav Gallant, minister van verdediging, sê Israel sal ʼn “totale aanslag” op die enklave met sy sowat 2,3 miljoen inwoners uitvoer. “Geen krag, geen kos, geen water en geen gas nie – dit is alles afgeskakel.”
Leer om stories vir kinders te skryf
As jy ’n kinderstorie in jou hart het, wat jy graag met die jongspan wil deel, is Skryf ’n Kinderverhaal ’n móét.
Die aanlynkursus skop amptelik op 6 November 2023 af.
Delmas-vrou bly agter tralies ná man doodgery word
Samantha Gauche het na bewering vir Leon Jansen van Rensburg sowat twee weke gelede op sy kleinhoewe by Modder-Oos Boorde by Sundra doodgery.
Hoof van Eskom se raad bedank
Mpho Makwana het minister Pravin Gordhan bedank vir die “positiewe en vriendelike manier” waarop hy sy ampstermyn afsluit.
Wapens, ammunisie gekry ná N12-rooftog
“Polisie-ondersoeke en die opsporing van verdagtes wat vermoedelik uit ʼn groep van tussen 15 tot 20 verdagtes bestaan, duur voort.”