Luidens die navorsing gaan vanjaar se omset ná Swart Vrydag altesaam R26,6 miljard wees, met verbruikers wat na verwagting winskopies vir basiese noodsaaklikhede gaan uitsoek.
Alles vir Dinsdag 31 Oktober 2023
‘Leuenaar’ – EFF kap na Ramaphosa oor ‘kamma-vakansiedag’
Die EFF is nié tevrede met die openbare vakansiedag wat pres. Cyril Ramaphosa (tydens ʼn vakansietydperk én die dag voor ʼn reeds bestaande vakansiedag) verklaar het nie.
Ramaphosa: ‘Ons ekonomiese uitdagings is ernstig’
“Soos die minister van finansies opgemerk het, gaan 18c vir elke rand wat die regering aan inkomste invorder om ons nasionale skuld te diens. Dit beteken dat ons nou meer rente op ons nasionale skuld betaal as wat ons vir die polisiemag begroot.”
‘Dankie, SA’ – Springbokke
“Die TikToks, YouTube-video’s en Facebook-plasings van ondersteuners wat op die Bok-oorwinnings gereageer het, het ʼn beduidende rol gespeel om die span te motiveer om hul alles te gee tot in die laaste minuut van die wedstryd.”
‘Mamma Mia!’ weer op pad planke toe
Donna en haar Dynamos sal eersdaags ʼn draai op Suid-Afrikaanse verhoë maak.
Woede ná dagmoeder kos glo in driejarige se keel afdwing
“Dit het my gebreek. Ek was in trane, ek wou nie teruggaan werk toe nie, maar ek het geweet ek moet – vir die kinders se onthalwe; ek moes hulle probeer beskerm, ek wou hulle graag probeer veilig hou.”
Die Reformasie, die regverdiging deur die geloof en die strewe na geregtigheid
Luther self het al gekla dat wanneer hy oor die regverdiging deur die geloof preek, die mense aan die slaap raak, maar wanneer hy ʼn storie vertel hulle die ore spits. Afrikaanssprekendes verberg hulle ongemak met hierdie Bybelse tema deur daaroor te swyg.
Reformasie: verheldering van beproefde waarhede
Die oer-christelike uitgangspunte wat aan Europa vanaf sy kerstening vorm gegee het, tree nou weer sterk na vore, naamlik die voorrang van die enkeling bo die gemeenskap wat almal insluit en die onderskeiding tussen godsdiens en politiek.
Ramaphosa erg gekap oor ‘hoop en vordering’-toespraak
Pres. Cyril Ramaphosa is uit talle oorde hewig gekritiseer nadat hy die Springbokke se oorwinning as ʼn geleentheid gebruik het om die regering se “suksesse” uit te lig.
Hof beslis oor verval van rybewyse
“Die departement is nie in staat om rybewyse betyds uit te reik nie, maar wetsgehoorsame burgers moet dan die boetes betaal.”
Gesin van vyf uitgewis in brand
ʼn Tragedie het hom Sondagaand by die Purple Moss-skuiling in Zandfontein naby Brits in Noordwes afgespeel toe ʼn brand by die skuiling uitgebreek en die lewe van vyf gesinslede geëis het.
Vier doodgeskiet wat glo transitoroof beplan het
“Die inligting is opgevolg en die verdagtes se voertuig is op die N4-hoofweg opgemerk.”
Gedagte vir die dag: Tyd saam met Jesus
Miskien voel jy vandag ʼn bietjie eensaam en dink niemand gee vir jou om nie. Ek wil jou verseker dat Jesus omgee.