‘n Heerlike lekkerlees-storie oor die gesukkel met tegnologie as jy ‘n tegnologies agtergeblewene is, of as jy ‘n tegnologies benadeelde persoon gereeld uit die moles moet help!
Alles deur die skrywer Johan Oosthuizen
Badplaas se balleramme
Die aantrekkery was so iets tussen ʼn fiasko en ʼn fantasie. Sonder ʼn enkele vrou se hulp het ons in ons toetoes en skoentjies ingeseil en ingeklim.
Kolganslekkerte
“Jong, hier’s vleis vir minstens drie dae en drie nagte se eet en genoeg sous vir baie growwe brood met plaasbotter…
Desember 2016 – Januarie 2017: Tyd om te besin
“As ek my kop vanaand op die kussing sit en ek kan nie dink aan iemand vir wie ek ʼn verskil gemaak het nie, het ek ʼn kosbare dag gemors.”
ʼn Hans ding is ʼn ditsemse, watsemse ding
Ek kom toe agter dat hy met tipiese hoendertaal die henne waarsku as ek naderkom – net soos wanneer ʼn valk of ʼn vreemde voël opgemerk word.
Kyk nou, so ʼn bakkie!
Tot vandag toe wens Klein Kerneels hy kon weet waaroor hulle regtig so lekker gelag het … Sou hy ooit regtig weet?
Die oudwordraaisel
Dit wil vir my lyk of daar onder die in-jare-gevorderdes twee groepe is: Die een noem ek die onrealisties-idealisties-oudword-ontkennendes en die ander groep die realisties-oudword-aanvarendes.
Hoendermoord en hoendervreters
As daar nou hier op Riversdal een ding is waaroor baie stories te vertelle is, is dit oor die skade van ongediertes wat hoenders, ganse en eende vang. Daar’s omtrent niemand wat pluimvee aanhou wat nie van skade kan vertel nie.
Hoenderstories
As ek my weer kom kry, skryf ek oor hoenders. Dis ʼn familieding. My ouma, haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders, my neefs en niggies. Almal het die Maritzding: Ons vrek almal oor hoenders.
Ai tog, al die kakiebos tussen die taalblomme
Ry nou maar Weskuslangs, deur Namakwaland, die Richtersveld in en luister hoe praat mense die mooiste Afrikaans. Luister hoe kleur mense in die Noordkaap en Karoo die taal in. Hoor hoe praat die storievertellers en die plaasvolk wat, spierwit grys en soms tandeloos, in Afrikaans jou die mooiste prentjies laat sien.
Ystervarkslagtery met ’n paar stertjies
Niemand het my geleer hoe om ystervark af te slag nie. Ek het op die harde manier geleer en as jy wil weet hoe seer die penne steek, vra maar vir my.
Worsmaak in Thailand
Dit is mos so. Hoe groter die gesukkel, hoe lekkerder die regkry.
‘Ons mag maar boksies aftiek’
Ons mag maar boksies aftiek, want ons moet nooit ophou strewe nie, maar in ons strewe om te bereik en te verwerf moet ons aan ander GEE, want dit word ons bron van ware vreugde.