Die vrees vir die Here is, soos die woordeboek verklaar, ‘n diepe ontsag, eerbied en respek vir wie God is. ‘n Heilige eerbied vir die Heilige God, skryf Johan Oosthuizen.
Alles deur die skrywer Johan Oosthuizen
‘Sjoep’, en toe’s Tjippie weg
Ons moes seker maar stemmig sit en luister het, maar toe kom daai kerklag. Daai lekkerlag wat met die beste wil van die wêreld net nie onderdruk wíl word nie …
Ingegrendelde Vadersdag
Vadersdag, Pádag, Oupadag was vanjaar vir my anders. Ek het begin wens ek kon dit liewer verander het na Kinder- en Kleinkinderdag. Nie ‘n presentedag nie, maar ‘n nabyweesdag, ‘n saamweesdag om te gee wat gegee moet word, skryf Johan Oosthuizen.
Grendelpret en lekker lag
Dis so lekker hier in onse Tehuis waar woonstel- en kamerbewoners ongehinderd oor en weer mag kuier. Ons sit nie op mekaar se skote nie en kom die reëls na. Dis daar waar die grappe uitgeryg word en toeka se dae se stories vertel en óórvertel word. En as onder in die gang gelag word, wil dié wat bo in die gang is weet waarvoor daar so lekker gelag word.
ʼn ‘Nuwe’ nagmaal
Die viering van nagmaal wat deur Jesus self ingestel is kan tog nie oud word nie, maar tog skryf ek oor ‘n “nuwe” nagmaal. Nou die ander dag het die viering van nagmaal tóg vir my ‘n nuutheid laat ervaar.
Om die vreugde van sorgeloosheid in jou kleinkind te sien
Hoe sê ‘n mens dankie vir kinder- en kleinkindervreugde en só baie om te onthou…
Twee onvergeetlike ontmoetings 120 jaar ná die ABO
‘n Tenger Engelse vroutjie en ‘n forse Nederlandse heer het my Boerehart raakgesien en nie weggekyk nie.
Oumens liefdeskapperjolle
As ou liefde weer vlamvat is daar nogal heelwat te siene en te hore. Dit lyk vir my die ideale plekke om die vlamvattery dop te hou, is tehuise vir bejaardes op klein dorpies…
Kalwerliefde en al die nadraaie
Ek kon reukwater ruik en op ‘n hart, netjies uitgeknip het dit in sierletters gestaan: “Ja, ek hou ok baie van jou!” Terug in die klas het ek vinnig na haar gekyk en sy het bloedrooi gebloos. Dit was kalfieliefde op sy mooiste en kosbaarste!
Gee die onthou vrye teuels
Om die mooi van die verlede in herinnering te roep is soos om op jou uitskopstoel jou lê te kry, jou oë toe te maak dan jou onthou vrye teuels te gee.
Klein dingetjies wat ʼn verskil maak
Om met klein dingetjies vir iemand, in sy leefwêreld ‘n verskil te maak, is soos om saad te saai en dalk nooit die oes te sien nie. Want sien, hulle wat saai om ‘n verskil te maak, saai onopsigtelik, onselfsugtig, uit hulle harte uit.
Het jy al ʼn boer sien huil?
“Het jy al ʼn boer sien lag? ‘n Boer sien dans in die reën terwyl ‘n traan by sy wang afrol!”
Dorings en ander bossies met ʼn prekie
Dit was altyd vir my lekker om saam met Pa vuilgoed uit te trek omdat dit mettertyd so ‘n soort van ‘n band tussen my en hom gevorm het. As die grond los, of lekker nat na ‘n bui reën was, het ons saam gebuk en vuilgoed uitgetrek …
Wildtuinprentjies en -lekkertes
Ek wonder of die destydse Transvaalse Volksraad en die stoere ou president wat glo in die jagveld sommer so met sy knipmes sy verwonde duim afgesny het, ooit sou kon droom wat hulle wildtuinplan ná meer as ʼn eeu, vir seker al miljoene natuurliefhebbers, sou beteken …
Geen ouderdomsbeperking vir branderpret!
Só wys hy my hoe die golf aanstoot en hoe ek op die regte oomblik strand se kant toe moet swem om die brander te ry. Wat ‘n heerlike nuwe lekkerte..!
Kleintyd was seerkrytyd
Hoe ouer ʼn mens raak, hoe meer dink jy terug en verlang na vervloë dae toe sorgelose kaalvoeters die wêreld plat gespeel het. Daardie dae toe ons met ons hele lywe kon spéél en nie net met duime wat dag en nag knoppies druk nie..!
Voëls, vye en die lekkernygevolge
Dis toe, in ʼn heldere oomblik, dat ek aan ʼn gawe ding begin dink het. Sommer so uit die bloute uit: konfyt! Soet, stroperige ryp vyekonfyt! Dis toe wat ek my emmer vat en vyeboom se kant toe stap …
ʼn Kersfeesboodskap
Ons gaan geskenke uitdeel aan mense wat vir ons lief en dierbaar is – nie omdat dit Kersfees is nie, maar omdat ons vir hulle lief is. Ons kosbaarste geskenke sal waardering, liefwees en omgee en tyd vir mekaar wees.
Bejaarde mense en ou goed in Engeland
So is dit: aan alles op aarde kom daar ʼn einde. En as jy self oukant toe staan, is dit asof jy wil teruggryp, terugdink en amper terugdroom oor die groot geeste en goed wat jou deur die lewe aan die hart gegryp het.
Nederland, land van lekkertes
Elke land het sy baie besondere lekkertes. Sommiges kan jy sien, ander kan op allerlei wyses ervaar word maar die lekkerste is die goed wat jy kan proe, skryf Johan Oosthuizen.