“Ek vrees nie enige mosie van wantroue of ʼn staat van beskuldiging nie, omdat dit die wettige meganismes is om die president te verwyder. Ek het die mense van Suid-Afrika na die beste van my vermoë gedien.”
Zimbabwe se Morgan Tsvangirai oorlede
Morgan Tsvangirai, leier van die MDC-T, die opposisieparty in Zimbabwe, is Woensdag oorlede.
DA se nasionale woordvoerder bedank onverwags
Phumzile van Damme, nasionale woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag onverwags haar bedanking aangekondig.
Rekordhoogtes vir rand ná Zuma sperdatum kry om te bedank
Die Suid-Afrikaanse rand het laat Woensdag tot 11.74 teen die Amerikaanse dollar verstewig – die sterkste sedert 2015, in die lig van ʼn sperdatum vir pres. Jacob Zuma om te bedank.
Zuma praat nonsens, sê Malema
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag pres. Jacob Zuma se bewerings verwerp, dat hy nie die versoek om voormalige pres. Thabo Mbeki in 2008 te herroep, ondersteun het nie.
Van Breda-bylmoorde: Regter besorg oor ‘waansin van die aanval’
Die aard van die aanvalle op die Van Breda-gesin was “waansinnig” en “persoonlik” met die doel om te moor, aldus regter Siraj Desai.
De Lille: Speaker mag besluit oor geheime stemmery
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag beslis dat die speaker van die stadsraad mag besluit of ʼn mosie van wantroue in Kaapstad-burgemeester Patricia de Lille met ʼn geheime stemmery sal plaasvind.
Vyf vas ná Gupta-klopjag
Vyf persone sal Donderdag in die Bloemfonteinse streekshof verskyn ná die Valke en die polisie op die Gupta-familie se huis in Saxonwold toegeslaan het.
ANC gaan voort met mosie van wantroue
Die komitee het ook beslis dat, hangende die beskikbaarheid van die hoofregter of sy genomineerde, sal die nuwe president van die Republiek van Suid-Afrika Vrydagoggend, 16 Februarie 2018, aangewys word.
‘Dis ʼn wonder dat ek kon vlug,’ sê Fairview-eienaar ná aanval
“Ek is vir dood agtergelaat in my huis. Dit is ʼn wonderwerk dat ek kon vlug – dit voel of ek uit die dood opgestaan het.”
‘Zuma is ʼn politieke psigopaat’
Lees wat politieke ontleders te sê het oor Zuma se onderhoud Woensdagmiddag met die SAUK.
Zuma: Wat gebeur nou?
Môre gaan ʼn dag van politieke drama en hoogspanning wees soos wat Suid-Afrika lanklaas gesien het.
Zuma gee sy weergawe
Pres. Jacob Zuma het Woensdagmiddag tydens ʼn regstreekse onderhoud met die openbare uitsaaier volgehou dat daar nog geen redes aan hom verskaf is waarom hy moet bedank nie.
Híér is die duurste strate in SA
Volgens dié verslag is die gemiddelde prys van ʼn eiendom in dié strate meer as R20 miljoen.
Hlaudi gedruk vir R21 miljoen wat hy skuld
Die parlement se spesiale ondersoekeenheid sê hy het met stappe begin om die geld terug te eis wat Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, die openbare uitsaaier skuld.
Bejaarde egpaar op plaas aangeval
“Die 82-jarige man en sy vrou was glo besig om te slaap toe die verdagtes die huis binnegekom het en hulle aangerand en vasgebind het,” het die polisie gesê.
SAUK kry uitsaairegte vir rugby op skinkbord
Luisteraars na die SAUK se radiostasies het vandag goeie nuus gekry.
Heidelberg-moord: ‘Ons gaan haar lewe vier’
Die lewe van Abigail Meyer, ʼn 20-jarige mediese vrywilliger, het Vrydagaand skielik aan die hande van misdadigers tot ʼn einde gekom en ʼn hele gemeenskap tot stilstand geruk.
Bekroonde boer op spoglandgoed aangeval
Charles Back, eienaar van die wyn-en-kaasplaas Fairview in die Paarl, is Woensdagoggend vroeg in sy huis op die plaas aangeval en aangerand.
Fliek nie meer vertoon ná nuwe ouderdomsbeperking
Die nuwe gradering het tot gevolg dat die rolprent nie meer in openbare teaters vertoon mag word nie.