Die departement van onderwys het gesê hy wil graag die feite regstel oor die K53-leerderbestuurderprogram.
OB versoek om SAID oor Guptas te ondersoek
AfriForum het vandag ’n dringende beroep gedoen op Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), om in te gryp by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se hantering van die Gupta-familie se belastingsake.
Man vas ná meisie aan die brand gesteek is
ʼn 41-jarige man is Woensdagoggend in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo sy 38-jarige meisie verlede Sondag aan die brand gesteek en sy later in die hospitaal gesterf het.
Dagsorgsentrum sluit ná kleuter sterf
Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het ʼn span maatskaplike werkers beskikbaar gemaak om die gesin deur die genesingsproses by te staan. Bystand sal ook gelewer word aan die kinders en onderwysers wat die voorval aanskou het.
Verhoed dat SAUK die SAL word, sê kandidaat
Alles moontlik moet gedoen word om te verhoed dat die situasie by die SAUK ontaard in dit wat by die SAL gebeur het, het die voormalige rekenmeester-generaal, ʼn voornemende kandidaat vir die SAUK-raad, Woensdag gesê.
KFC-voorval: Hof sê oor borgtog
Die landdroshof in Pretoria-Noord het Woensdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant Montana aangerand het.
Nuwe ANN7-baas wil arbeidsprobleme aanpak
Mzwanyele Jimmy Manyi, die nuwe eienaar van ANN7 en The New Age-koerant, het Woensdag beloof om die vyandige arbeidsverhoudinge tussen personeel en bestuur by dié twee media-instansies aan te pak.
Omstander gewond toe skote klap in mislukte transitorooftog
ʼn 33-jarige omstander is in die voorval gewond. Volgens die polisie is ʼn ander motor wat nié in die rooftog betrokke was nie, ook tydens die voorval raakgeskiet.
Werk- en loonsekerheid in SA bly onder druk
Jan en San Alleman bly steeds onseker oor die toekoms van hulle werk en werkgewers het ongelukkig steeds min ruimte om meer geld aan arbeidskoste te bestee.
Ratanga Junction sluit sy deure
Daar is verskeie redes vir die toemaak van die Wes-Kaap se grootste pretpark.
Kommer oor die stand van Suid-Afrika se tronke
Suid-Afrika se beroemdste voormalige gevangene het in sy outobiografie geskryf: “Jy sal eers ʼn nasie werklik ken as jy in een van sy tronke was.” Africa Check het ʼn oorsig van Suid-Afrika se gevangenisse en ʼn lys van die grootste knelpunte in dié sektor saamgestel:
Opod-hoof in hof ná aanranding-bewerings
Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het Woensdagmiddag in die hof verskyn op ʼn aanklag in verband met die oortreding van die Kinderwet.
Een dood, vyf beseer toe vier voertuie bots
Een persoon het op die toneel gelê terwyl ʼn ander persoon met behulp van meganiese toerusting uit een van die motorwrakke bevry is.
Student ontvang ‘studiegeld’ van R14 miljoen
Toe die fout uiteindelik raakgesien is, het die student reeds R818 000 van dié geld bestee.
Niemand nog vas ná apteek-skietery
“Soos ons verstaan, het hy na sy motor toe geloop en het die verdagtes hom ingewag.”
Anika-saak: Jong vrou sê jammer oor sosialemediaplasing
Lees hier Huyser se volledige verskoning wat in die hof voorgelees is.
Skooluitstappie ontaard in tragedie
ʼn Sesjarige seuntjie is Woensdagoggend dood toe ʼn skooluitstappie in ʼn nagmerrie ontaard het.
DA ontken dat hy stilte-versoek vir plaasmoord nié steun
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Woensdag ontken dat hy nié Dinsdag die VF Plus se versoek tydens ʼn raadsvergadering van die Mogalkwena-munisipaliteit vir ʼn oomblik van stilte vir die vermoorde Van Zyl-egpaar van Limpopo gesteun het nie.
Anika-saak: Smiley hoor sy lot
André van Wyk, die man wat homself aan die polisie oorgegee het in verband met die opspraakwekkende grumoord op Anika Smit (17) in 2010, was Woensdag weer in die beskuldigdebank van die Pretoria-Noord-landdroshof.
Oorsaak van ma, tweeling (5) se raaiseldood bekend
“Dit is ʼn tragedie. Ek hoop en bid tot God dat hy hierdeur sal kom.”