Drie persone van Karoo Hoogland-munisipaliteit in die Noord-Kaap, insluitend die bestuurder en hoof finansiële beampte, is skuldig bevind op aanklag van korrupsie en geldwassery.
Molefe moet gaan ter wille van werkers, sê Solidariteit
Solidariteit het vandag ’n dringende hofaansoek beteken waarin die hof versoek word om verskeie besluite van die Eskom Raad van Trustees te hersien omdat dit ongrondwetlik en onwettig is.
Red landbou deur besluite op grond van feite, sê VF Plus
Neem landboubesluite op grond van feite. Meeste van ons huidige probleme is omdat landboubesluite op grond van politieke propaganda-stellings en mites geneem word.
Motsoeneng-verhoor hervat Woensdagaand
Die dissiplinêre verhoor van Hlaudi Motsoeneng, voormalige hoof bedryfsbeampte van die SAUK, begin Woensdagaand nadat hy ʼn saak in die arbeidshof verloor het om ʼn interdik te bekom om die uitsaaier te verhoed om hom te dissiplineer.
Modelbaas se vonnisoplegging uitgestel
Die staat het Woensdag hul misnoeë betuig met nóg ʼn vertraging in die saak van Dawie de Villiers, die hoof van ʼn modelagentskap in Kempton Park, wat in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis moet word.
Kobra pik 3-jarige: ‘Sy is ʼn brawe dogtertjie’
Die vrees en dit wat kon gewees het bly by jou as ʼn ouer, maar ons weet dat die emosionele skade met tyd beter sal raak.”
Man weer in hof ná meisie (3) se dood
Die man wat aangekla word van die verkragting van en moord op die driejarige Courtney Pieters, het Woensdag weer in die hof verskyn.
Tweede kenner sê Henri se wonde is self toegedien
“Ek vind dit moeilik om te glo dat ʼn aanvaller ʼn wapen in die middel van ʼn struweling sal los.”
Hof beslis polisie moet sê oor vuurwapens
“Dit is ’n groot oorwinning vir landsburgers.”
Die wêreld in foto’s – 24 Mei 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Kragtoevoer na Pta-Oos dán herstel
Die stad het inwoners om verskoning gevra vir die kragonderbrekings.
Man op kleinhoewe doodgesteek
Die man se liggaam is vasgebind op die vloer aangetref.
Piet Byleveld oorlede
Oudbrig. Piet Byleveld is Woensdag in die ouderdom van 67 oorlede.
Rugbyspeler vermoor toe hy probeer help
“Sy respek vir sy medemens sal ons almal altyd bybly.”
Man slaan ander glo op straat met betonsteen dood
Die polisie ondersoek ʼn voorval waarin ʼn man glo ʼn ander man Woensdagoggend langs ʼn straat met ʼn betonsteen doodgeslaan het.
Parys-boere: Moordverhoor vertraag
Die staat wil nou hê Anton Loggenberg, een van die beskuldigdes, se borgtog moet teruggetrek word omdat hulle beweer hy het sy borgtogvoorwaardes verbreek.
Vyf in hof vir bestuur van onwettige bordele, afpersing
“Hulle het glo byna R3 miljoen in die sak gesteek van 2012 tot 2015 deur kliënte af te pers met die dreigement dat hulle beeldmateriaal van hul seksuele dade met die sekswerkers het en dit op sosiale media gaan plaas indien die geld nie betaal word nie.”
Man sewe keer naby kleinhoewes geskiet
ʼn 35-jarige man is Dinsdagaand tussen kleinhoewes buite Heidelberg in Gauteng doodgeskiet.
Rowers slaan op Centurion-winkelsentrum toe
“Toe beamptes van die SAPD by die toneel opdaag, het die verdagtes op hulle losgebrand en gevlug in die rigting van die begraafplaas agter die winkelsentrum.”
Aansoek teen Transnet ingedien
Volgens interne bronne by Transnet moes die NMPP niks meer as R11 miljard gekos het nie, maar die algehele rekening is tans meer as R29 miljard.