Die drie tieners, wat in swart geklee was en balaklawas gedra het, is deur die eienaar van die huis se 23-jarige seun geskiet.
Die wêreld in foto’s – 28 Maart 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Poppie-saak dán aangehoor
Nog aanklagte kan moontlik bygevoeg word teen Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, wanneer die verhoor in die hooggeregshof in Pretoria begin.
Garsfontein-moorde: Polisie maak deurbraak
Die polisie het ʼn deurbraak in hul ondersoek gemaak nadat ʼn gesin twee weke gelede by hul huis in Garsfontein in die ooste van Pretoria aangeval en twee susters vermoor is.
Uiters waardevolle munt uit museum gesteel
ʼn Reuse-gouemunt is Maandag in die vroeë oggendure uit die Bode Museum in Duitsland gesteel.
[Foto’s] Reuse-wapenvonds in Randburg gemaak
Beamptes het ook beslag gelê op baadjies waaraan bomme vasgemaak is wat glo in selfmoordbomaanvalle gebruik sou word.
Nuuskommentaar: Zuma desperaat om SA te sink?
Dit raak al moeiliker om te glo dat pres. Jacob Zuma nie sy bes doen om Suid-Afrika te laat sink nie.
Vrou in gesig geskiet tydens aanval
Die vrou se twee kinders was saam met haar in die huis op die kleinhoewe.
D-dag vir Poppie-saak
Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, sal Dinsdag weer in die Brits-landdroshof verskyn.
Hlaudi-aansoek vandag aangehoor
Die vakbonde Solidariteit en Bemawu se aansoek dat Hlaudi Motsoeneng toegevoeg moet word as respondent in hul kostebevelsaak teen die SAUK sal Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.
Toestand van Vrystaat-gesondheidsorg ‘krimineel’
Volgens Wouter Wessels, VF Plus-LPW, moet mediese personeel handskoene as toernikette gebruik, matrasbedekkers as doeke en lêerplakkers as pleisters omdat daar doodeenvoudig nie voorraad van hierdie basiese benodigdhede in staatshospitale is nie.
Rhodespark-saak: Uitspraak binnekort gelewer
Die vrou van een van die mans wat verdrink het nadat hy deur ʼn groep rowers in die dam by ʼn park in Johannesburg ingedwing is, het Maandag gesukkel om die trane te keer toe sy in die hooggeregshof in Johannesburg weer die gebeure van daardie dag moes aanhoor.
Ahmed Kathrada oorlede
Ahmed Kathrada, die ANC-strydros, is in die ouderdom van 87 oorlede.
Gordhan-terugroeping tref rand soos ʼn slopingsbal
Pres. Jacob Zuma se besluit om die minister van finansies, Pravin Gordhan, terug te roep na Suid-Afrika van hul oorsese beleggingstoer, kom op ʼn uiters ongeleë tyd vir die land se ekonomie wat vir die eerste keer in ʼn lang tyd verskeie positiewe tekens begin toon het.
Gordhan uit Engeland herroep: Nie ANC-besluit nie, sê Mantashe
Dit is ʼn regeringsaak, ons weet nie hoe dit gedoen is of wie toestemming gegee het nie, het Gwede Mantashe van die ANC gesê.
SAL-verliese nou R4,5 miljard
“Dit is ʼn toename van R1 miljard binne 10 dae en R2,8 miljard binne ses maande.”
ANC sê nuwe wetgewing moet mense soos Zille straf
Helen Zille sal binnekort hoor of tugstappe teen haar gedoen sal word ná haar omstrede plasing op Twitter.
Man vas na moord op Gr. 1-juffrou
Die man was op parool vrygelaat in ʼn ander saak van huisbraak, ten tyde van sy inhegtenisneming in verband met Kay-Leen Peterson se moord.
Kruisvaardergoud en -skip in Akra gevind
Die oorblyfsels van ’n skip wat dateer van ongeveer die jaar 1291 en goud wat aan boord was, is deur argeoloë in die hawe van Akra in Israel gevind.
Gidshond mag uiteindelik saam met dowe vrou vlieg
Dr. Magteld Smith, ʼn dowe akademikus van Bloemfontein, is verlede week, ná jare se gesukkel, uiteindelik toegelaat om vir die eerste keer ʼn binnelandse vlug te onderneem met haar gidshond aan haar sy.