Strafregtelike klagte is Sondag teen ʼn Facebook-gebruiker ingedien nadat hy op die sosialemedianetwerk gedreig het om wit mense en Indiërs te vermoor.
Molefe wil hof toe oor Prasa-besluit
Molefe beskuldig die minister daarvan dat sy die raad ontbind het om ʼn ondersoek na verkwistende en onreëlmatige besteding van miljarde rande te keer.
Staking dreig oor Eskom-besluit
“Ons sal staak, indien nodig, en indien dit tot gevolg het dat die land in donkerte gehul word, dan is dit die strategie wat ons moet aanneem.”
Twee dié naweek dood in Kimberley
Polisie in Kimberley ondersoek twee onverwante gevalle van moord in dié dorp in die Noord-Kaap.
[Foto’s] Durban-promenade gesluit weens oorstromings
Die Durban-promenade asook noordelike dele van die strand is Sondagaand vir baaiers gesluit nadat die tropiese sikloon Enawo oorstromings veroorsaak het.
Polisiebeampte vas vir gewapende roof
ʼn Polisiebeampte is in Uitenhage in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy verbind kon word met ʼn gewapende rooftog.
30 plaasaanvalle in Februarie; DA sê oor bekampingsplanne
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Saterdag gesê hy is geskok oor plaasaanvalle-statistiek en het oor moontlike planne om plaasaanvalle te bekamp gepraat.
Malaria in Limpopo: Huidige stand
“Al hierdie gevalle is van mense in die Lephalale- en Waterbergreeks-omgewing wat nog nooit in ʼn malariagebied was nie”.
Pa, seun (14) in aanhouding ná dood van inbreker
Die inbreker het verskeie skote op die man afgevuur voor hy om hulp vir sy 14-jarige geskree het. Die man en sy seun het die inbreker vermoor, en is tans in aanhouding.
Callie trek dief plat
ʼn KwaZulu-Natalse patrolliehond het Saterdagoggend sy hap uit misdaad in Suid-Afrika gevat.
Dodetal styg ná Houtbaai-brand
Die dodetal van die Houtbaai-brand het Sondagoggend gestyg nadat ʼn verwoestende brand nagenoeg 8 000 mense dakloos gelaat het.
Bejaarde verdrink in swembad
Hulle het die man aangetref waar hy met sy gesig na onder in die water gelê het.
Ma van ‘vermiste’ Durban-baba in hegtenis geneem
Die ma van die vermiste baba van Durban wat in ʼn kapingsdrama betrokke was, is Sondagoggend in hegtenis geneem.
Kaapstad-fietswedren gekanselleer
Duisende fietsryers moes Sondagoggend vroeg, kort nadat hulle weggespring het in vanjaar se Kaapstad-fietstoer (voorheen die Argus), teleurgesteld teruggaan huis toe weens stormsterk winde. Video’s wys hoe die sterk winde fietse opskep en fietsryers omwaai.
Vermiste baba opgespoor
Die baba wat soek was ná ʼn kapingsdrama Vrydagmiddag in Durban is opgespoor.
Man dood ná motor hom op hoofweg tref
ʼn Man is Saterdag oorlede ná ʼn bakkie hom op die N1-Suid in Randburg getref het.
Pasgebore baba onder boom gevind
ʼn Verbyganger het die baba onder ʼn boom aangetref.
Brits-man tydens padwoede-voorval vermoor
Die man is voor sy 11-jarige dogter vermoor. Sy het geskree: “‘Oom, help asseblief!’, maar toe ek aan sy pols voel, kon ek voel hoe raak die polsslag al flouer. Ek het haar in die oë gekyk en sy het weer geskree: ‘Lewe hy nog?’, maar hy het nie,” het ʼn verbyganger vertel.
Polisie waarsku teen kitsbank-slenter
Speurders van die Suid-Afrikaanse polisiediens het die publiek bedag gemaak op ʼn slenter wat daartoe lei dat kontant uit gebruikers se bankrekeninge gesteel word.
Pta-man (58) kritiek ná huisrooftog
ʼn 58-jarige man van Pretoria is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy Vrydagaand erg vermink en aangerand is tydens ʼn huisrooftog.