Bejaardes van ʼn ouetehuis in Brakpan, oos van Johannesburg, moet noodgedwonge trappe klim nadat beurtkrag die agt verdieping hoë gebou se hysbak onklaar gelaat het, het Beeld Donderdag berig.
VSA-reddingspoging in Jemen: Al-Kaïda neem wraak
ʼn Filiaal van Al-Kaïda het glo verantwoordelikheid aanvaar vir ʼn missielaanval op ʼn Amerikaanse lugmagbasis in Jemen Donderdagoggend.
Kraaifontein-lyke: “Eerste saak in sy soort”
Die Wes-Kaapse polisie beskryf die voorval waar ses mans naby Kraaifontein moontlik met klippe doodgegooi is, as ʼn saak wat die eerste in sy soort is.
Goeie nuus: Kaapse egpaar se viervoudige vreugde
Jean en Tracy du Plessis het ses jaar lank gewag om kinders te hê en dié wens is Woensdag viervoudig bewaarheid.
Prinses Charlene se tweeling gebore
Prins Albert en prinses Charlene van Monaco het Woensdag ʼn tweeling in die wêreld verwelkom.
Polisiebeamptes vas in Limpopo
Twee polisiebeamptes van Polokwane is vir korrupsie in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
Kraaifontein-lyke: Mans glo met klippe doodgegooi
Die ses mans wat se liggame Woensdag in ‘n veld naby Kraaifontein in die Wes-Kaap gevind is, is vermoedelik met klippe doodgegooi.
Ebola-vegters is Time se mens van 2014
Die “ebola-vegters” is deur die tydskrif Time as “mens van die jaar” aangewys.
Appèl geweier in porno-saak
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ʼn aansoek om te appelleer teen ʼn vorige hofbeslissing oor drie pornografiese TV-kanale, van die hand gewys.
Helen Zille en Chester Missing in Twitter-oorlog
ʼn Twitter-oorlog het tussen Helen Ziller, leier van die DA, en die buikspreekpop Chester Missing, oftewel Conrad Koch, uitgebreek na Zille glo gesê het Koch het ʼn veldtog teen rassiste van stapel gestuur om sy loopbaan ʼn hupstoot te gee.
Ses lyke naby plaas gevind
Die liggame van ses mans is naby Kraaifontein gevind, het die polisie in die Wes-Kaap Woensdag gesê.
Prostituut sit lank vir moord op eggenoot
Thenjiwe Griffiths (32) van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Woensdag gevonnis vir die moord op haar 60-jarige man, Alan.
Laerskoolkinders verkrag glo maat in koshuis
ʼn Saak van verkragting is teen drie laerskoolleerlinge van die Pionierskool se Langerugkampus in Worcester, Wes-Kaap aanhangig gemaak nadat hulle glo ʼn seksuele daad met ʼn medeleerling in die skoolkoshuis gepleeg het.
Bejaarde winkeleienaar skiet rower dood, wond makker
Die eienaar van ʼn drankwinkel in Benoni aan die Oos-Rand het Dinsdagmiddag ʼn vermeende rower in sy winkel doodgeskiet, en sy makker gewond.
Video: “Ons vergewe onvoorwaardelik,” sê Yolande Korkie
Pierre Korkie se vrou, Yolandé, sê sy is nie spyt oor hulle tyd in Jemen nie.
CIA hét gemartel – verslag
Die CIA het gevangenes gemartel ná die 11 September 2001-aanvalle op die VSA waartydens onder meer die Twin Towers in New York en die Pentagon in Washington aangeval is.
Veearts op perdelandgoed vermoor; dalk verkrag
Die halfnaakte liggaam van ʼn vooraanstaande veearts van Witrivier in Mpumalanga is Dinsdag in haar huis op ʼn perdelandgoed naby dié dorp aangetref.
Wynlandgoed-moord: Verdagte was op parool
Morné Boshof, wat aangekla word van die moord op Anthea Du Preez (64) van Rawsonville in die Wes-Kaap, was op parool toe hy in hegtenis geneem is.
Oscar Pistorius: Staat mag appelleer
Regter Thokozile Masipa het Woensdag die staat se aansoek om teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding te appelleer, toegestaan.
Vrou sterf, 15 beseer in JHB-botsing
ʼn Vrou is dood en 15 mense beseer nadat ʼn taxi en ʼn motor Woensdag in Johannesburg se middestad gebots het.