Die ondersoek wat die beweerde bedrog oopgevlek het, is van stapel gestuur nadat Nedbank die stad se finansiële departement in kennis gestel het van onregmatige betalings wat in Oktober verlede jaar in een van hul kliënte se bankrekenings inbetaal is.
Vrou in Pta aan die brand gesteek
ʼn Vrou, in haar 30’s, is Sondag in die vroeë oggendure in Pretoria aan die brand gesteek.
Sakeman vas oor ‘bedrog’ van R74 mil.
Guillaume Johannes Malherbe (57) het in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn in verband met beweerde bedrog van R74 miljoen.
Nuuskommentaar: Doodskiste, spoedwalle en brûe met ras
In die ras-gelaaide Suid-Afrikaanse atmosfeer kan ’n ondeurdagte optrede of glips die oortreder baie dieper in die sop laat beland as wat die persoon of persone ooit kon droom. Fokus liefs op die bou van brûe, sodat die spanning, wat minstens deels deur die regering se rasbeheptheid en rasdiskriminerende wette teweeg gebring word, ontlaai kan word.
Balju vat Gauteng-gesondheid se meubels
Personeel by die hoofkantoor van die provinsiale departement van gesondheid sit op die vloer sonder tafels, stoele en rekenaars, omdat die balju twee vragmotors vol meubels gevat het.
Grondtoestande belemmer reddingspoging by Kusasalethu-myn
Moeilike grondtoestande belemmer die soek- en reddingspogings vir drie myners wat steeds ondergrond vasgekeer is by Harmony Gold se Kusasalethu-myn naby Carletonville.
NUM onderteken loonooreenkoms met Kumba Iron Ore
Die National Union of Mineworkers (NUM) en Kumba Iron Ore het ʼn driejaarloonooreenkoms onderteken.
Renosterhoringverkope swakker as verwag
ʼn Wettige renosterhoringveiling wat uit Suid-Afrika aangebied is, het nie die aantal kopers gelok wat verwag is nie, het die organiseerders Sondag gesê.
Derde verdagte vas ná Kimberley-rooftog
ʼn Derde vermeende rower is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn winkel in Kimberley.
Gauteng-ontsnapping: Sewende ontsnapte aangekeer
ʼn Sewende ontsnapte, Ginondine Sandel, een van die 20 gevangenes wat in Gauteng ontsnap het, is aangekeer.
Saftu verklaar oorlog teen korrupsie in Noordwes
“Ons verklaar oorlog teen korrupsie in die provinsie, maak nie saak hoe gevaarlik dit kan wees nie. Ons berei voor vir die ergste.”
Boer sterk aan ná Mpuma-plaasaanval
Hennie Gerber (72) sterk aan in die hospitaal nadat hy Saterdagoggend omstreeks 03:00 tydens ʼn plaasaanval op sy plaas in Breswol in die Sundra-omgewing, Mpumalanga, geskiet is.
ANC veroordeel gedrag deur ‘ANC-lede’ in PE
Die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC in die Oos-Kaap het sy skok uitgespreek oor die gedrag van ʼn groep mense Saterdag wat “beweer het hulle is ANC-lede” by die ANC Nelson Mandela-streekskantoor, Florence Matomela House in Port Elizabeth.
ANC-premier spandeer glo R5,1 miljoen op Gupta-media
ANC-premier David Makhura van Gauteng het in reaksie op ʼn vraag van die DA in die wetgewer aangedui dat sy kantoor altesaam meer as R5,1 miljoen aan Gupta-beheerde media spandeer het, het die DA Sondag gesê.
Kusasalethu-myn: Liggaam van tweede myner na oppervlak gebring
ʼn Tweede myner wat sedert Vrydagoggend vasgekeer was by Harmony Gold se Kusasalethu-myn naby Carletonville, se liggaam is na die oppervlak gebring.
Tronkbewaarder oor bedrog gevonnis
Rofiwa Khaphathe (35), ʼn werknemer van die departement van korrektiewe dienste, is in die Kokstad-streekshof gevonnis op nege aanklagte van bedrog.
Man verdwyn in see by Port Alfred
ʼn Jong man, in sy 20’s, het Saterdagmiddag in die see verdwyn nadat hy by ʼn strand in Port Alfred vermoedelik in ʼn sterk systroom beland en meegesleur is.
‘Dissipline lê in die hande van die ouers’
Die dissipline van kinders om ʼn gesonde leeromgewing te verseker, is in die hande van hul ouers, het Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, Saterdag aan ouers by Norkem Park High School in Kempton Park gesê.
Boer in maag geskiet tydens Mpuma-plaasaanval
Hennie Gerber (72) is in die maag geskiet toe vyf aanvallers Saterdagoggend omstreeks 03:00 op sy plaas in Breswol in die Sundra-omgewing, Mpumalanga, toegeslaan het.
Nouer samewerking tussen die NG Kerk en Hervormde Kerk
Moderamen van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Moderatuur van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGK) het hul voorneme bekend gemaak om verder nou met mekaar saam te werk.