“Hulle staan tereg op aanklagte van openbare geweld, inbraak, die besit van gesteelde goedere, aanhitsing op misdaad te pleeg en aanhitsing om opsetlike saakbeskadiging te pleeg.”
Ouers vra ‘net gebede’ ná baba byna by dagsorg sterf
“My kind was dood. Daar was niks lewe in haar nie. Die dokters het vir my gesê hulle het hul bes probeer, maar ek het histeries aanhou gil: ‘Julle beste is nie goed genoeg nie!’”
SA Express moet antwoord oor geldprobleme
Victor Xaba, uitvoerende hoof van South African Express, moes Woensdag toegee dat die sukkelende lugredery nie streng genoeg teen onreëlmatige besteding opgetree het nie, nadat Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, weer gesê het die lugredery het ʼn reddingsboei van die staat nodig.
Motorfietsryers span saam teen plaasmoorde
“Die veldtog gaan nie oor politiek, geloof, ras of selfverryking nie. Ons wil hê die wêreld moet regop sit en aandag gee.”
Steeds geen antwoorde twee jaar ná Pta-ma se dood
“Haar moordenaars loop vrylik buite rond en my kind lê in ʼn graf.”
Pluimveeboere wil eiers invoer
Altesaam 24 gevalle van voëlgriep is tot dusver in Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, Noordwes en die Wes-Kaap aangemeld.
‘Korrupte’ maatskaplike werker vasgetrek
“Sy was veronderstel om haar dienste gratis aan te bied maar sy het hom glo afgepers om haar daarvoor te betaal.”
Man in gekaapte voertuig se kattebak gevind
Toe die paartjie terugkom by die Audi, het hulle ʼn geklop in die kattebak gehoor.
AfriSake vra interdik teen BLF
Dit kom nadat die BLF en sy leiers glo herhaaldelike oproepe vir massagrondbesettings gedoen het.
4 kritiek, 10 beseer toe bakkie rol
“Die insittendes wat agterop die bakkie was, is van die bakkie afgeslinger en het oor die pad gestrooi gelê.”
‘Skors McBride onmiddellik’
“McBride is in ʼn posisie waar verskillende bronne tot sy beskikking is en ondersoekbeamptes in sy saak kan maklik geïntimideer en onbehoorlik beïnvloed word. Hy moet daarom onverwyld geskors word totdat die saak afgehandel is.”
SAL: ‘ ʼn Bodemlose put’
“Indien die regering nie sy finansiële hulp staak en daar nie daadwerklik ingegryp word by die bestuur van die SAL nie, sal die regering enorme bedrae geld in ʼn bodemlose put stort.”
Onderwysdepartement sê oor K53-rybewysprogram
Die departement van onderwys het gesê hy wil graag die feite regstel oor die K53-leerderbestuurderprogram.
OB versoek om SAID oor Guptas te ondersoek
AfriForum het vandag ’n dringende beroep gedoen op Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), om in te gryp by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se hantering van die Gupta-familie se belastingsake.
Man vas ná meisie aan die brand gesteek is
ʼn 41-jarige man is Woensdagoggend in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo sy 38-jarige meisie verlede Sondag aan die brand gesteek en sy later in die hospitaal gesterf het.
Dagsorgsentrum sluit ná kleuter sterf
Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het ʼn span maatskaplike werkers beskikbaar gemaak om die gesin deur die genesingsproses by te staan. Bystand sal ook gelewer word aan die kinders en onderwysers wat die voorval aanskou het.
Verhoed dat SAUK die SAL word, sê kandidaat
Alles moontlik moet gedoen word om te verhoed dat die situasie by die SAUK ontaard in dit wat by die SAL gebeur het, het die voormalige rekenmeester-generaal, ʼn voornemende kandidaat vir die SAUK-raad, Woensdag gesê.
KFC-voorval: Hof sê oor borgtog
Die landdroshof in Pretoria-Noord het Woensdag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant Montana aangerand het.
Nuwe ANN7-baas wil arbeidsprobleme aanpak
Mzwanyele Jimmy Manyi, die nuwe eienaar van ANN7 en The New Age-koerant, het Woensdag beloof om die vyandige arbeidsverhoudinge tussen personeel en bestuur by dié twee media-instansies aan te pak.
Omstander gewond toe skote klap in mislukte transitorooftog
ʼn 33-jarige omstander is in die voorval gewond. Volgens die polisie is ʼn ander motor wat nié in die rooftog betrokke was nie, ook tydens die voorval raakgeskiet.