Die OP Kings het futloos vertoon teen hul bure, die SWD Arende in Port Elizabeth.
Springbokke: Jean de Villiers se voorskou…luister hier
Jean de Villiers praat oor die Wallabies en die vooruitsigte vir die Springbokke in Brisbane.
Wat gaan aan in Heyneke se agterkop?
As jy een honderd present eerlik moet wees, is daar ‘n ernstige kriewel in jou binneste oor die Bokke se wedstryd in die Suncorpstadion in Brisbane Saterdag om 12:05.
Wallabie kaptein onttrek weens besering
James Horwill, kaptein van die Wallabies het onttrek van die span wat eerskomende Saterdag teen die Springbokke in Brisbane speel, weens ‘n besering aan sy hampees
Rugbylegende sterf
Prof. Fritz Eloff, die destydse president van die Noord-Transvaalse Rugby-unie en voormalige voorsitter van die Internasionale Rugbyraad, is Donderdag in ʼn ouderdom van 93 in Pretoria oorlede.
Heyneke Meyer verduidelik oor Kirchner
“Gaan kyk maar weer na sy vertoning vir die Bulle in die Superrugbyreeks. Hy was die hele tyd tussen die top driedrukkers en hy is ook op heelagter gekies toe ons die Wallabies op Loftus Versfeld geklop het. Ons het daardie toets met vyf drieë gewen en sy aandeel op die aanval was onvervangbaar.”
Usain Bolt kondig aftrede aan
Usain Bolt het gesê hy beplan om ná die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 uit die sport af te tree.
All Blacks gaan geen kanse waag teen die Poemas nie
Die Bokke staar ’n baie moeilike toets in Brisbane in die gesig, maar die Poemas staan voor ’n haas onbegonne taak in Hamilton
Springbokke: Brisbane is Bokke se eerste ware toets in 2013
Die Springbokke kry Saterdag hul eerste werklike uitdaging met ‘n gekweste Wallaby wat vir hulle wag in Brisbane.
Springbok spanaankondiging…luister hier.
Luister hier na die spanaankondiging vir Saterdag se Springbok wedstryd teen Australie in Brisbane.
Pale Toe! se moontlike Springbokvyftiental
Die Springbokafrigter kondig binne 24 uur die span aan wat in die Suncorpstadion in Brisbane teen die Australiërs speel. Terwyl die afrigtingspan kopkrap oor die in- en uitsluitings, kan ons maar net spekuleer oor posisies en spelers
Springbokke: luister hier na Johann van Graan en Bismarck du Plessis se voorskou
Luister na Johann van Graan en Bismarck du Plessis se voorskou. Luister hier.
Wallabies kies dalk vir Cooper
Die Springbokke sal Saterdag met ‘n vars, begeesterde Quade Cooper te doen kry in die nr.10-posisie van die Wallabies.
Springbokke maak reg vir Suncorp-Toets
Die laaste keer wat ons manne kon wen in Kangaroeland was in 2009, toe die moderne legendes van die spel die Groen-en-Goud gedra het. Bakkies Botha, Victor Matfield en Schalk Burger het weliswaar nie hond haaraf gemaak in Brisbane nie, maar wel in Perth.
Vyf rugby-tweelinge verwar spanmaats
‘n Juniorrugbyspyn in Pretoria het sy teenstanders, spanmaats en selfs sy afrigter stomgeslaan nadat vyf stelle tweelinge in die span aangewys is.
Grens klop Boland net-net
Die Grens het Vrydagaand verbete vasgeklou aan sy voorsprong en die Regent Boland Kavaliers 21-19 geklop in ‘n spanningsvolle Absa Eerste Liga Curriebekerwedstryd in die Buffalo City stadion in Oos-Londen.
Bokke is bo, maar hef aan lê voor
Dit gaan ’n steil berg wees, maar die Bokke kan vriend en vyand verras met ’n sege Doer Onder. ‘n Feit staan egter vas: Daar is net een pad vir beide hierdie spanne ná laas naweek se vertonings, en dis boontoe.
Ralepelle en Kirchner toer saam met die Bokke
Zane Kirchner en Chiliboy Ralepelle sal saam met die Springbokspan toer en beskikbaar wees vir die volgende twee toetse in Australasië in die Castle Lager Rugbykampioenskap.
Rugby-moord: Seesoldaat het glo vroeër ook baklei
‘n Rugby-ondersteuner wat buite Durban se Kings Park-stadion doodgeslaan is, was die aand moontlik in meer as twee vuisgevegte betrokke, het die Durbanse landdroshof Dinsdag gehoor.
Springbokke terug op eie bodem
Die Springbokke is terug!