Die bekende Tulip-hotel in Kaapstad word Sondag gesloop.
Goeie nuus: Tegnologie help onderwyser ná ernstige besering
’n Onderwyser wat werwels in ’n perdry-ongeluk gekraak het, is onlangs deur moderne tegnologie in staat gestel om weer haar passie vir die onderwys uit te leef.
Duisend jaar oue mummie in Boeddhabeeld gevind
Verbaasde navorsers van die Drentse Museum in Nederland het vasgestel dat ’n goue “Boeddhabeeld” inderdaad die laaste rusplek van ’n Boeddhistiese monnik is wat in ongeveer die jaar 1100 n.C. dood is. Die ontdekking is gedoen toe die “beeld” geskandeer is.
Video: ‘Hoekom ek op Mars wil gaan woon’
Vyf Suid-Afrikaners tel onder die hoopvolles op die kortlys van die ambisieuse “Mars One”-projek.
Foto: ‘Selfie’ in die ruimte
Barry Wilmore, ʼn ruimtevaarder, het Saterdag ʼn selfie geneem toe hy buite die Internasionale Ruimtestasie gewerk het.
Video: Nuwe kabels vir Internasionale Ruimtestasie gelê
Twee bemanningslede van die Internasionale Ruimtestasie het reeds ver gevorder met die lê van nuwe kabels aan die buitekant van die tuig.
Oudste Facebook-gebruiker oorlede
Eleonore Kastner, beter bekend as “Ouma Ella”, is in die ouderdom van 105 oorlede.
Op pad na Mars: Hier is die SA’ners
Meer as 200 000 mense van dwarsoor die wêreld het aansoek gedoen, en nou is die name bekend gemaak van die 100 persone wat deurdring na die volgende ronde om ʼn enkelkaartjie na Mars te ontvang.
Video: Só neem ʼn kamera ʼn foto
Gav van die Slow Mo Guys wys in hierdie video hoe vinnig ʼn DSLR-kamera werk wanneer ʼn foto geneem word.
Video: Só het jy nog nooit die wêreldkaart gesien nie
Die grootte van ‘n kontinent of land is nie altyd duidelik op ‘n wêreldkaart nie. Hierdie interessante video plaas dinge bietjie in perspektief.
Video: Greenpeace kap regering oor kernkragplan
Greenpeace meen die regering se planne om miljarde rand aan kernkrag te bestee is nie die antwoord op Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis nie.
Hoe sal dit wees om op die maan te woon?
Iemand wat op die maan wil gaan woon, of selfs net daar wil gaan vakansie hou, gaan volop te doen hê en enigiets van baie hoë berge tot diep kraters en selfs spelonke kan besoek, maar gevare skuil om elke hoek en draai.
Besluit wie moet ná jou afsterwe jou Facebook beheer
Facebook bied nou aan sy gebruikers in Amerika die geleentheid om te kies wie hul rekeninge sal beheer na hul afsterwe.
Hoëvlaktegnologie help met insig in armadil-akkedisgedrag
Toe die Matie en PhD-student Chris Broeckhoven hoor dat hy aan die Weskus ʼn skuiling moet bou om die akkedisse waaroor hy so passievol is, dop te hou, het hy besluit hy gaan geensins vir ʼn jaar lank elke dag in die versengende hitte van die Afrika-son sit nie…
Dit skeel verbruikers min as handelsmerke bespot word
Groot besighede hoef nie hof toe te hardloop om hul eer te beskerm elke keer wanneer hulle handelsmerke op grappige T-hemde en sosiale media bespot word nie.
Nóg ʼn laekostelugredery vir Suid-Afrika
Reisigers tussen Kaapstad en Johannesburg sal binnekort van nóg ʼn lugredery se dienste gebruik kan maak met die nuwe laekostelugredery, Skywise.
Bestuurderlose motors binnekort op Engeland se paaie
Die departement van vervoer in die Verenigde Koninkryk het Woensdag bevestig dat hy sy goedkeuring gegee het dat motors, sonder bestuurders, binnekort op openbare paaie getoets mag word.
Video: Nuwe app laat siende mense blindes help om te ‘sien’
Die Be My Eyes-app maak die lewe baie makliker vir ʼn blinde persoon, deur hulle met ʼn video te verbind aan enigiemand wat siende is indien hy vinnig wou weet wat is die vervaldatum van die melk in sy yskas, of watter blikkieskos beskikbaar is.
Video: So lyk maan se “agterkant”
Nasa het pas ’n gesimuleerde video bekend gestel wat wys hoe die agterkant daaruit sien. Dit is uit beelde wat deur die Lunar Reconnaissance Orbiter saamgestel.
Veilige en onveilige digitale drukkies
Hettie Brittz verduidelik hoe en waar ouerskap, tegnologie en tieners mekaar op slimfone ontmoet.