“Die minister voer aan die rede hiervoor is ʼn ‘groter aanvraag’ van leerlinge na Engels en ʼn ‘afname’ in die aantal Afrikaanse leerlinge by skole.”
Alles vir die sleutelwoord "Angie Motshekga"
‘Lees gee breinkanker’ – Dept. waarsku teen fopnuus
Die departement het in ʼn verklaring gesê ten spyte van die bisarre aard van dié fopnuus, was daar steeds lede van die publiek wat hul kommer daaroor uitgespreek het.
‘Krisis in wiskunde’, erken minister
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê die regering besef daar is tans ʼn krisis met die aanleer en onderrig van wiskunde in die land.
Onderwysdepartement gereed vir matriekeksamens
Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het Sondag gesê die departement is gereed vir die Graad 12 senior sertifikaat-eksamens wat op 26 Oktober afskop.
Gekoopte onderwysposte: ‘Sadou ʼn giftige invloed op skolestelsel’
Die DA het gesê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, moet verseker dat die beamptes en onderwysers wat betrokke was by die koop en verkoop van onderwysposte onmiddellik vervolg word.
Nuuskommentaar: Sadou en gekoopte poste
Vrydag is D-dag vir minister Angie Motshekga om die verslag oor poste vir kontant, wat Sadou betrek, bekend te maak. Die bekendmaking is reeds twee keer deur Sadou-dreigemente vertraag, maar ʼn kopie wat aan die media uitgelek is, behoort die minister genoeg te inspireer om met ʼn ongeredigeerde verslag deur te druk.
Nuusleser in sop oor hy onderwysminister ‘spot’
ʼn Senior nuusleser van eNCA is in die sop nadat hy glo ʼn bespotting gemaak het van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se uitspraak.
Ondersoek onthul onderwysposte word regoor SA verkoop
ʼn Ondersoek het bevind dat onderwysposte regoor Suid-Afrika verkoop word, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdag onthul.
Skoolhoofposte glo ‘verkoop’
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê sy het met vakbonde vergader na berigte dat poste vir skoolhoofde ‘verkoop’ word.
OB maak verdoemende verslae bekend
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het Donderdag verdoemende verslae bekend gemaak waarin sy verskeie staatsamptenare vir óf roekelose en onetiese gedrag óf wanadministrasie blameer.
Nuuskommentaar: Vryheid
Die staat se dreigement om die wet te verander om ‘n appèlhofuitspraak om te keer oor ‘n skoolbeheerliggaam se toelatingsbeleid word uit talle oorde gekritiseer. In wese wil die minister magte vir die staat opeis waar dit nie hoort nie, en so burgerlike vryhede help erodeer.