Adjunkpresident David Mabuza het gister verskeie kere sy rieme styfgeloop in die Nasionale Vergadering, onder meer oor die Guptas en die Reserwebank.
Alles vir die sleutelwoord "David Mabuza"
Mabuza: ‘Teken politieke gevangenes se geskiedenis op’
“Die jongmense van hierdie land moet weet dat die vryheid wat ons vandag het as gevolg van die opofferings en dapperheid van jong helde soos Solomon is.”
Waar het sake vir Ramaphosa verkeerd geloop?
Die BBC-joernalis Jeremy Thompson het ‘n paar weke gelede op Stellenbosch gesê ons weet almal Ramaphosa was ‘n goeie onderhandelaar, maar nou sal ons moet sien of hy ‘n goeie leier is. Die huidige aanduidings lyk nie baie goed nie.
Adjunkpresident meen partytjie vir Ace is sommer bog
Adjunkpresident David Mabuza het hom uitgespreek teen die beplande afskeidsfunksie van R20 miljoen wat die Vrystaatse provinsiale regering wil hou vir Ace Magashule, voormalige provinsiale premier en huidige sekretaris-generaal van die ANC.
Ramaphosa se kabinet: Verwag nog skuiwe
Die samestelling van pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet en die manier waarop die aankondiging daaroor eers uitgestel is, is ʼn teken dat hy sterk druk moes weerstaan om dit saam te stel.
Ramaphosa kondig groot kabinetskommeling aan
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand omstreeks 22:15 regstreeks uit die Uniegebou wysigings aangekondig in sy kabinet.
Hoe het ons in die Zuma-gemors beland?
Die Zuma-era het dramaties tot ʼn einde gekom, maar hoe het ons in hierdie Zuma-gemors beland? Kan dit weer gebeur en wie se skuld was dit? Dit is die ANC en spesifiek Thabo Mbeki se skuld, maar ook die ANC se Grondwet.
‘ANC staar ʼn strategiese dilemma in die gesig’
“Met die gelykopverdeling binne die top-ses sal Ramaphosa die mededingende politieke belange moet balanseer. Hy sal baie energie en politieke kapitaal moet gebruik om hulle te bestuur. Dit is tyd wat hy eerder kan gebruik om deurslaggewende stappe te doen om sy ekonomiese visie in te stel.”
Polisie ondersoek premier se bloulig-ongeluk
Die Mpumalanga-polisie het bevestig ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn voetganger Donderdagoggend deur die konvooi van die provinsie se premier, David Mabuza, doodgery is.
Premier se konvooi ry voetganger dood
Die premier en sy konvooi was op pad lughawe toe waar hy ʼn vlug moes haal vir ʼn roudiens.