Gaan die huidige parlementêre prosesse om insette van die breë publiek te kry oor moontlike wysigings aan artikel 25 van die Grondwet in sy eie sous verdrink? Uiteindelik gaan daar waarskynlik meer as 6 000 insette wees, skriftelik en mondeling. Baie hiervan, veral die mondelinge soort, blyk volgens berigte gewoon die produk van politieke retoriek en heel duidelik erg georkestreerd te wees.
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
‘Nie nodig vir paniek oor grondkwessie’
“Die prioriteit moet wees om swart mense toegang tot 87% van die grond te gee. Dit moet die fokus van die gesprekke wees.”
‘ANC voer SA’ners met verdelende diskoers oor grondonteiening’
“Alle Suid-Afrikaners loop die gevaar om hulle vryheid te verloor sonder die internasionaal-erkende reg tot eienaarskap wat alle bates insluit. Indien dié reg uit die Grondwet verwyder word, sal grond en eiendom aan niemand behoort nie en altyd in staatsbesit bly.”
Hoe lank gaan die doofheid aanhou?
Daar is ’n Nederlandse spreekwoord wat sê dat iemand Oos-Indies doof is. Dit is wanneer iemand net wil hoor wat hy wil, en doelbewus nie wil hoor by sekere geleenthede nie.
Nuuskommentaar: Kweek gronddiskoers kamers vol haat?
Gaan die openbare verhore wat nou landwyd plaasvind meer skade as goed aanrig? Die nuus hieroor is teenstrydig, maar dis duidelik dat dit die potensiaal inhou om gesindhede om te krap lank nadat die verhore plaasgevind het.
Lesse uit die eerste twee dae se grondverhore
Wat uit die eerste twee openbare verhore duidelik geblyk het, is dat elkeen hul pond vleis wil hê, dat min mense by die openbare verhore hul emosies gaan probeer beteuel en dat die EFF steeds die meester van opsweping en konflik bly.
ʼn Nasionale en gesonde versekeringsplan vir plaasaanvalle
Die voortgesette onderdrukking van die land se plaasgemeenskap is tog seker nie deel van die president se planne vir ‘n beter toekoms vir die hele land nie?
Ope brief aan president oor grondkwessie: ‘Jy vat ons toekoms weg’
“Ek weet nie hoe die regering verwag ons moet aanhou risiko’s waag en soveel van onsself belê as alles net weggeneem kan word nie.”
Moody’s meen Mynbouhandves, gronddebat strem ekonomie
Ontleders sê sou een van die agentskappe Suid-Afrika afgradeer, die ander twee daarop sal volg.
DA stel sy alternatief tot grondhervorming bekend
Anders as die ANC en die EFF meen die DA dat die Grondwet meer as genoeg ruimte laat om grondhervorming sinvol uit te voer in landelike en stedelike gebiede.
Talle by eerste openbare vergadering oor grondkwessie
Meer as 500 mense het Dinsdag in Springbok in Namakwaland die eerste landwye openbare vergadering bygewoon oor die voorgestelde wysiging aan die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Nuuskommentaar: Grondkwessie: Gryp die geleentheid om jou stem te laat hoor
Wanneer die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding hopelik eendag in ’n goeie gees en op gesonde regsgronde besleg is, moet daar nog genoeg goeie gesindheid oor wees sodat daar bereidheid is om anderkant die draad te gaan handjie bysit om die land se voedselsekuriteit te verseker.
Die IRV neem stryd oor eiendomsreg na buiteland
Die IRV sal aanhou om die eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners te verdedig, soos ons vir die afgelope byna negentig jaar (sedert 1929) steeds doen.
Wees verantwoordelik met grondbestuur
Meeste Suid-Afrikaners glo dat grondhervorming nodig is, maar glo dat die proses eerlik, opreg en openlik moet geskied. Die Grondwet moet voorop gestel word, waarby ingesluit die beginsel van eiendomsreg en die vryemark, soos lankal reeds ooreengekom.
‘Werkende mense uitgesluit by deelnameverhore oor onteiening’
“Dit is onverstaanbaar dat ’n proses van openbare deelname georganiseer word met die doel om die publiek se insette oor onteiening van privaat eiendom te kry, terwyl die einste mense wat die risiko loop om hul eiendom te verloor by die proses uitgesluit word.”
Grondonteiening sonder vergoeding: Verhore begin dié week
Die parlement het Sondag gesê insette waarvan die outeur nié geïdentifiseer word nie, sal as ongeldig verklaar word.
Onteiening: Plekke en datums vir openbare verhore bekend
Die openbare verhore sal op verskeie plekke in elk van die nege provinsies plaasvind, en min dele van die land word nie gedek nie.
Grondonteiening sonder vergoeding: Laaste dag vir insette
Suid-Afrikaners het nog slegs ʼn enkele dag (Vrydag 15 Junie) om insette te lewer op die voorgestelde wysiging van die grondwet om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.
Hoe om grondhervorming te laat werk
Terwyl tienduisende Suid-Afrikaners hulle instel op die verwerping van die regering se voorstel om grond sonder vergoeding te onteien, moet die fokus heeltemal daarop toegespits wees om te bepaal wat dit sal vereis om suksesvolle grondhervorming te bewerkstellig.
AfriForum dien besware teen grondonteiening in
Die burgerregtegroep AfriForum het Dinsdagoggend hul besware teen die onteiening van grond sonder vergoeding ingedien by die parlement, vergesel van ‘n petisie onderteken deur 250 000 mense.