Daar is lekker humor in die film, alhoewel Cruise nie die regte akteur is om reg aan die donker kwinkslae te laat geskied nie.
Alles vir die sleutelwoord "Leon van Nierop"
Leon se resensie: Guardians of the Galaxy 2
Cool, uitspattige ruimtekaperjolle. Dit is wetenskapfiksie op sy vrolikste, skryf Leon van Nierop van Guardians of the Galaxy 2.
Tuisfliek van die maand: Klein Karoo
Rolprentresensent, skrywer, draaiboekskrywer Leon van Nierop resenseer maandeliks vir ons ʼn Afrikaanse rolprent wat op Showmax te sien is.
Tuisfliek van die maand: Knysna
Dit word aanbeveel as jy op ʼn Sondagmiddag sommer net op jou rusbank wil lê en probeer vergeet van wat alles tans in ons politiek aan die gang is.
Sink – die bekroonde film wat jou hart sal breek
Sink is ’n hartroerende portret van drie mense se pogings om met ’n verskriklike verlies saam te leef. Kritici was gaande oor die fliek en Leon van Nierop reken dis een van die 10 beste Afrikaanse flieks van alle tye. Dit is ook Maroela Media se tuisfliek van die maand.
Tuisfliek van die maand: Sink
Wat gebeur wanneer twee selftevrede jappies hul eie waardes moet herondersoek wanneer hul huishulp Rachel, se dogtertjie sterf?
Leon se rolprentresensie: Kong
Die kreature wat geskep is, is ontsagwekkend en so goed nageboots, jy sal jou oë nie glo nie.
Tuisfliek van die maand: Dis ek, Anna
Rolprentresensent, skrywer, draaiboekskrywer Leon van Nierop resenseer maandeliks vir ons ʼn top-Afrikaanse rolprent wat op Showmax te sien is.
Twee topflieks dié maand op ShowMax
Die verhaal het fliekgangers landwyd geruk. Dit was boeiend, rou en eerlik. Rolprentkritici was dit ook eens: Dis ek, Anna is een van die bestes. Die toekennings het ingestroom en Leon van Nierop het gesê dié fliek verdien internasionale erkenning. As jy dié bohaai gemis het, kan jy vandeesmaand agteroorsit wanneer ShowMax dié fliek na jou sitkamer bring.
Die Boer-teater: Leon en Rocco … en ander instrumente
Daar’s ʼn Leon, ʼn Rocco, ʼn tikmasjien, ʼn klavier … en ander instrumente.
[Video] Leon van Nierop bring hulde aan rolprentbedryf
Daar doer in die fliek is Leon se huldeblyk aan die Afrikaanse rolprentbedryf, ʼn boek waarin hy die beste Afrikaanse rolprente en staaltjies bespreek.
Van Nierop se nuwe boek bring hulde aan Afrikaanse flieks
Die alombekende skrywer, vervaardiger en rolprentresensent, Leon van Nierop, se nuwe boek, wat ook ʼn huldeblyk is aan die Afrikaanse rolprentbedryf, bespreek die beste Afrikaanse rolprente en staaltjies oor die kleurryke geskiedenis van Afrikaanse flieks.
Boek: Daar doer in die fliek
Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan een van die oudste rolprentindustrieë in die wêreld. Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentkuns word met ’n groot aantal foto’s geïllustreer.
[Video] Buitebioskoop: Só sê Leon van Nierop
Leon van Nierop bied binnekort ʼn filmwaarderingswerkswinkel aan tydens Maroela Media se Buitebioskoop op 12 September by die Botaniese Tuin in Pretoria en ons het met hom daaroor gesels.
Boek: Adrenalien
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Tog droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ‘n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwimg hom tot afsondering in ‘n huis in ‘n godverlate deel van die Bosveld, met net sy verbeelding en ‘n mooi rolprentvervaardiger as geselskap.
Resensie: Ballade vir ʼn Enkeling – ʼn nuwe standaard vir plaaslike rolprente
Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling begin vandag in fliekteaters draai. Lees hier hoekom jy dit nie mag misloop nie .
Foto’s: Ballade vir ʼn Enkeling première
Die Johannesburg première van Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling is gisteraand gehou. Maroela Media was daar en het ʼn paar foto’s van die sterbelaaide rolverdeling geneem.
Video: Fliekvlooie kan hierna uitsien
As jy daaraan dink om die vakansie ʼn draai by die fliekteaters te maak of wonder na watter flieks jy in 2015 kan uitsien, is hierdie vir jou bedoel.
Boek: Ballade vir ‘n enkeling
In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks ‘Ballade vir ’n enkeling’ rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014. Die boek waarvoor almal gewag het.
Schuster-fliek dalk gewilder as Madiba s’n
Leon van Nierop, ʼn bekende rolprentresensent, het voorspel dat Leon Schuster se nuwe fliek dié naweek baie meer gewild sal wees in Suid-Afrika as die fliek oor Madiba se lewe, het Beeld Vrydag berig.