Dieselfde storie kan net soveel keer oorvertel word voordat dit soos ‘n outydse grammofoon-plaat raak wat vasgehaak het.
Alles vir die sleutelwoord "Leon van Nierop"
Leon van Nierop se resensie: Die verhaal van Racheltjie de Beer
Haar legende is nou verfilm, en alhoewel dit onseker is of die legende werklik waar is (sommige mense beweer ʼn soortgelyke insident het in Amerika gebeur) het Matthys Roets ʼn pragtige rolprent gemaak.
Leon van Nierop se resensie: Joker
Eksplosief en geniaal, maar uiters ontstellend. Pasop!
Leon van Nierop se resensie: Late Night
Aanbeveel as ligte ontspanningsvermaak wat nie te diep (of diep genoeg) onder die oppervlakte van vroueverhoudings delf nie.
Leon van Nierop se resensie: After the Wedding
Vroue, veral dié wat van sepies hou, sal volkome identifiseer en aanklank vind by hierdie redelik verglansde drama.
Leon van Nierop se resensie: Once Upon a Time … in Hollywood
Hierdie is die woeste, vermetele en briljante Quentin Tarantino se ode aan ʼn goue era in Hollywood wat met die Sharon Tate-moorde in laat 1969 gesneuwel het.
Leon van Nierop se resensie: Richard Says Goodbye
Depp lyk verveeld met sy karakter lank voor die kyker belangstelling verloor wat die waarskuwingsligte vroegtydig laat flikker: hierdie is nie die soort fliek waarop jy sommer goedsmoeds geld uitgee nie.
Leon van Nierop se resensie: Fast & Furious: Hobbs & Shaw
As iemand vir ʼn Oscar in hierdie skiet-skop-en-doodbloei-fliek kwalifiseer, is dit die waaghalse.
Leon van Nierop se resensie: Yesterday
Hierdie huldeblyk aan die Beatles se geniale musiek klits ʼn mens om vanaf die eerste suiwer kitaar-noot.
Leon van Nierop se resensie: The Secret Life of Pets 2
Dit is een van die min flieks waar Pa en Ma net soveel vreugde uit die diere-manewales kan put as die kinders. Dit is op albei gehore gerig.
Leon van Nierop se resensie: Godzilla: King of the Monsters
Hoe het Ouma altyd gesê? “Te veel van ʼn goeie ding is nie goed nie.”
Leon van Nierop se resensie: Rocketman
Sing jy reeds saam? “Candle in the Wind”, “Rocketman”, “Pinball Wizard”, “I guess that’s why they call it the Blues”, “I’m Still Standing”. Ai, die lys hou net aan en heerlik aan! Maar hou ook in gedagte dat Elton John, gebore Reginald Kenneth Dwight, nie die maklikste mens was om oor die weg mee te kom of te bestuur nie.
Leon van Nierop se resensie: Avengers: Endgame
Feitlik elke Marvel-held en heldin kom in hierdie uitspattige, peperduur afsluiting van die ruimtefamilie se eskapades voor.
Leon van Nierop se resensie: A dog’s way home
Dit gaan oor ʼn hond wat van haar eienaars geskei word, en dan meer as 500 kilometer ver te voet/poot moet reis om terug te gaan huis toe.
Leon van Nierop se resensie: Dumbo
Dit is ʼn lewende-aksie weergawe van die klassieke Disney-tekenprent van 1941 oor ʼn dierbare, oulike dog hartseer klein olifantjie wat in ʼn sirkus gebore word in gevangenskap.
Leon van Nierop se resensie: Little Italy
Die storie sal geen eise aan jou logika stel nie. Twee pizzawinkels/restaurante in New York se Little Italy kompeteer teen mekaar. Dit plaas natuurlik erge druk op die families om te bewys wie die beste is en wie die meeste kliënte kan trek.
Leon van Nierop se resensie: The Lego Movie 2
Om die Lego-blokkies, waarmee hulle elke dag speel, skielik te sien lewe kry, is seker reeds die prys van ʼn toegangskaartjie werd.
Leon van Nierop se resensie: The Favourite
The Favourite gaan dalk met ʼn hele korset vol Oscars wegstap, moontlik veral in die draaiboek, regie en spel-kategorieë.
Leon van Nierop se resensie: How to Train Your Dragon: The Hidden World
Die derde How to Train Your Dragon is vet pret met ʼn storie wat die kleinspan darem behoort te boei.
Leon van Nierop: Flieks wat jy in 2019 moet sien
Hier is ‘n paar flieks wat jy beslis nie in 2019 moet misloop nie!