Leon van Nierop kies sy gunstelingflieks van 2018.
Alles vir die sleutelwoord "Leon van Nierop"
Leon van Nierop se resensie: Status Update
In die kol vir tieners wat al so moeg vir hul eie fone geword het, dat hulle vir ʼn slaggie op iemand anders s’n wil speel!
Leon van Nierop se resensie: Bohemian Rhapsody
Dit is die naaste wat jy ooit aan ʼn Queen-rockkonsert op die verhoog sal kom waar jy meedoen aan die aksie en op die verhoog beland.
Leon van Nierop se resensie: Juliet, Naked
As jy moeg is van voorspelbare liefdesverhale en geykte rolprente, is hierdie die beste voortydige Kerspresent wat jy aan jouself kan gee. Gaan geniet jou gate uit!
Leon van Nierop se resensie: The Nutcracker and the Four Realms
Wees egter verseker: Ma’s en hul spruite, veral kleuters en tienerdogters, mag gek wees hieroor en die puntetoekenning geld nié vir hulle nie.
Leon van Nierop se resensie: The house with a clock in its walls
Daar word te veel truuks uitgehaal en te min storie vertel. Daar kan net soveel pratende stoele en woeste poppe en horlosies wees voordat ʼn mens begin gaap.
Leon van Nierop se resensie: The Forgiven
Wees gewaarsku: dit gaan jou laat debatteer, sekere standpunte inneem, en skok met sy realistiese taalgebruik. Maar uiteindelik sal jy nie onaangeraak hier uitstap nie.
Leon van Nierop se resensie: Mile 22
Dit is ʼn gruwelike sameflansing van die verheerliking van geweld. Dalk het dit nou tyd geword dat die uitbeeld van geweld meer sosiaal verantwoordelik moet gebeur en nie net as versiersuiker moet dien oor ʼn yl storietjie met min oorspronklikheid nie, skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: Ellen – Die Ellen Pakkies storie
Hierdie is ʼn lewensveranderende rolprent. Dit word so oortuigend en meelewend vertel, dat ʼn mens voel of die waarheid jou in die maag skop en jou vra of jy dan regtig nie geweet het van hierdie probleem nie, skryf Leon van Nierop.
Boek: Nagreisiger
Hierdie spanningsverhaal is ʼn verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.
Leon van Nierop se resensie: Charming
Gesinsvermaak waar kleuters die botoon voer en die versnaperings net so belangrik is as die vrolike gebeure op die skerm!
Leon van Nierop se resensie: The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society
Hierdie rolprent is een van die min waarna die hele gesin kan kyk, Oupa en Ouma ingesluit, en wat niemand kan aanstoot gee of wat te intens raak nie.
Leon van Nierop se resensie: American Animals
Onthou net, dit is ʼn eksperimentele rolprent wat in ʼn sekere opwindende en vernuwende styl gemaak is met slim redigering, dus neem dit ʼn rukkie om by die styl aan te pas en “in” die rolprent te kom. Maar as jy jouself eers oorgegee het, sal jy dikwels na jou asem snak.
Leon van Nierop se resensie: Ant-Man and the Wasp
Terwyl jy miere dalk as ʼn plaag sien wat jy met ʼn kannetjie Doom wil bykom, is hulle hier eintlik vriendelike helde, veral die parmantige Ant-Man.
Leon van Nierop se resensie: Breaking In
Dit is geen grootse werk nie, maar jy behoort telkens jou asem in te trek as jy sien waarmee die ma alles vorendag kom om te probeer inbreek (daar is natuurlik ʼn stewige veiligheidsisteem) en hoe sy die skurke uitoorlê.
Leon van Nierop se resensie: Jurassic World: Fallen Kingdom
ʼn Mens sien vinniger deur hierdie draaiboek as wat ouers deur ʼn tiener se verskoning sien oor hoekom hy of sy gisteraand so laat tuisgekom het.
Flieketiket: Leon van Nierop oor springmielies, selfone en stilte
Wat weet ons oor flieketiket? Wanneer is dit die regte tyd om jou lekkergoedpapiertjies oop te maak? En mag jy maar met jou voete op die sitplek voor jou rus as daar niemand anders daar sit nie?
Leon van Nierop se resensie: I Feel Pretty
Hierdie jolige komedie gee vir alle meisies weer moed wat ʼn probleem met hul eie selfbeeld het en van die lewe probeer wegkruip. Jy is so mooi soos jy voel.
Leon van Nierop se resensie: Wonderlus
Jy sal gil, jy sal giggel, jy sal jou hand voor jou mond klap en uiteindelik besef: die liefde is nie vir sissies nie. Verlief wees en lief wees is twee heeltemal verskillende emosies.
Leon van Nierop se resensie: Hampstead
Dit is ʼn tipiese herfsdagfilm – die soort waarna jy gaan kyk as jy op ʼn agtermiddag moeg is van TV-kyk of die familie wat ongenooid gedurende die Paasvakansie kom kuier en jy wil sommer net wegkom, skryf Leon van Nierop.