Ná die verloop van interessante dog hartseer gebeure, leer Maria uiteindelik om haar babadogter Mara lief te kry. Sy leer ook in die proses om vrede te maak met God as barmhartige en liefdevolle Vader en nie die soort pa wat sy ken nie. Dis ’n verhaal van lief en leed en hoe die liefde triomfeer.
Alles vir die sleutelwoord "nie-fiksie"
Boek: Bid vir jou ongebore baba
Dié boek help ouers om die wonder van die konsepsie en God se hand in die ontwikkeling van hulle baba te sien. ’n Onontbeerlike gids vir elke verwagtende ma en pa.
Boek: Nét 24 uur!
Ons almal het dit al gehoor én gesê: “Ek is net té besig.” Te dikwels kry besig-wees die oorhand oor ons, maar daar is hoop … Bekroonde skrywer Kevin DeYoung pak die probleem van besig-wees in Nét 24 uur! aan.
Boek: Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief
Jy is ’n enkelouer. Wat nou? Verstaan mense regtig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hierdie ding waarvan jy niks weet nie?
Boek: Die kuns van oorlewing
Mense mag dalk hierdie boek ter hand neem in die verwagting om meegesleur te word deur ’n historiese verhaal vol intrige, spanning, konflik, hartseer- dit is alles daar – maar hierdie boek is ook anders.
Boek: Boererate
Boek: Boererate het ’n gesogte versamelaarsitem geword sedert die aanvanklike publikasie in 1989. Derduisende versoeke op die internet vir tweedehandse eksemplare het ’n heruitgawe ’n móét gemaak. Nou is dié Afrikaanse skat weer beskikbaar!
Boeke: 50 Blaaskansblokraaie 1 en 2
50 Blaaskansblokraaie bied aan woordraaiselliefhebbers die geleentheid om hulle skoene uit te skop, ’n koppie koffie te maak, ’n potlood op te tel en hulle gunstelingtydverdryf te beoefen.
Boek: Pa’s en seuns
Angus Buchan moedig pa’s in Pa’s en seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk.
Boek: Goeie genade – is dit dan genoeg?
Die manuskrip is ’n versameling van uitgesoekte stukke uit die rubriek “Geestelike Waardes” wat Dirkie Smit reeds vir byna twee dekades elke Saterdag in die dagblad Die Burger behartig.
Boek: Jy is kosbaarder as korale
Vir elke vrou wat wonder oor haar waarde, het Karen Moore goeie nuus: Jy is vir God kosbaarder as korale!
Boek: Liefde sonder beperkings
’n Aangrypende verhaal van ware liefde wat alles oorwin. In dié boek vertel Nick Vujicic en sy vrou, Kanae van hulle liefdes-paadjies en hoe hulle mekaar leer ken en liefkry het. Met hulle verhaal wil hulle ander inspireer in hul soeke na liefde.
Boek: In ritme met God
Heinz Winckler glo jou identiteit in Jesus staan uit as een van die belangrikste aspekte van jou lewe. As jy weet wie jy in Hom is, kan jy jou roeping vind en uitleef, en deel word van ’n generasie wat God se koninkryk uitbou.
Boek: Breek vry
Jy kan die oorvloedige en doeltreffende Geesvervulde lewe leef wat God vir jou beplan het. Dit is Beth Moore se boodskap in die Bybelstudie Breek vry.
Boek: Gebed – ’n kragtige wapen
Vir elke Christen wat ’n sinvolle gebedslewe wil hê, wys topverkoper-outeur Stormie Omartian in Gebed – ’n kragtige wapen hoe om met krag en doelgerigtheid te bid.
Boek: Ontsluit die Bybel
Ontsluit die Bybel is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur bekroonde skrywer Stephan Joubert saam met Leonard Maré.
Boek: Die Skuilplek
Die wêreldwye-topverkoper, nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar! ‘Die skuilplek’ het reeds meer as 2 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop, en is vandag net so relevant as in Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog.
Boek: Begin – nou is die tyd
Kan ’n mens van bladsy tot bladsy skaterlag en terselfdertyd geïnspireer word om jou grootste drome uit te leef en middelmatigheid te ontsnap? Beslis! New York Times- en Wall Street Journal-topverkoper-outeur Jon Acuff doen presies dit in Begin – nou is die tyd.
Boek: Ons twee saam
Ons twee saam is die eerste boek deur die bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wat spesifiek vir paartjies geskryf is. Angus deel sy perspektief op die huwelik en hoe om hierdie Godgegewe seëning te waardeer en te beskerm – iets wat hy al meer as 40 jaar saam met sy vrou, Jill, doen.