Soos die Gordhan-begrotings van te vore, is die Gigaba-begroting ook nie ʼn resep om ʼn ryk en suksesvolle land te word nie.
Alles vir die sleutelwoord "Pravin Gordhan"
DA oorhandig KPMG-verklaring aan Valke vir ondersoek
Die Demokratiese Alliansie het KPMG Internasionaal se verklaring aan die Valke oorhandig om hulle by te staan met hul voortgesette ondersoek oor die omstrede Gupta-familie.
Gordhan verwelkom onttrekking van KPMG se SAID-verslag
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het die onttrekking van die SAID-verslag oor die werk wat die ouditeursfirma KPMG namens die Gupta-familie gedoen het, verwelkom.
Sakeleiers verwelkom KPMG-bedankings
Besigheidsleierskap Suid-Afrika (BLSA) het die leierskapskommeling by die ouditeursfirma KPMG en die maatskappy se bereidwilligheid om beslissend op te tree ná omstredenheid oor oudits en verslae, verwelkom.
SA is nie te koop nie, sê Gordhan
Suid-Afrika se toekoms lê in die hande van die aktiewe burgers wat moet opstaan en seker maak dat die staatskas nie geplunder word deur individue met persoonlike motiewe nie, sê die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan.
Nóg druk op Zuma oor Gordhan, Jonas
Die groep eis dat Baleka Mbete ʼn ondersoek na die president se optrede instel en kragtens artikel 89 van die Grondwet beslis of hy uit sy amp verwyder moet word.
’n Tydsreisigersgids vir Suid-Afrika in 2030
“Die voormalige Anglo American- uitvoerende beampte Bobby Godsell het onlangs die eertydse president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, Jan Brand, aangehaal toe hy gesê het, “Alles sal regkom as elkeen sy plig doen”. Deel van dié plig is om eerlik te wees oor die toestand waarin die land nou is.”
‘Zuma moet redes verskaf vir kabinetskommeling’
“Zuma is oneerlik deur te sê hy is nie verplig om redes vir sy besluit te verskaf nie.”
Kernkragplan is ʼn ramp in wording
Dit gaan ʼn mens se verstand te bowe dat ʼn regering so met die sekerheid en bekostigbaarheid van die land se toekomstige energiebehoeftes kan dobbel.
Zuma – die verskillende scenario’s
Die vraag is egter hoekom ʼn party wat al talle skandale van Zuma en ander lede verdedig het en ooglopend geen morele kompas meer het nie, nou skielik die lig sien en teen hulle leier sal stem.
Onttroon SA ‘konings’ voor dit te laat is
“Deur ontslae te raak van die koningsmentaliteit en ʼn milieu van ʼn verantwoordelike staat met minimale invloed te skep, sal die risiko van ooreenstemmende gebeure verminder word.”
‘Intelligensieverslag’ oor Gordhan ondersoek
Sethlomamaru Dintwe, die nuwe inspekteur-generaal van intelligensie, het bevestig dat hy ondersoek instel oor ʼn “intelligensieverslag” wat pres. Jacob Zuma gebruik het om die voormalige minister van finansies Pravin Gordhan en sy span terug te roep van ʼn beleggersveldtog in Londen.
Gordhan: ‘Sien julle die 18de April’
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het onderneem om in die parlement teenwoordig te wees wanneer die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma aangehoor word.
Mcebisi Jonas bedank ook as LP
Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, het as ANC-LP bedank.
Tesourie se DG bedank
Lungisa Fuzile, direkteur-generaal van finansies, het bedank minder as ʼn week nadat die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, afgedank is.
‘Zuma, Gordhan se verhouding’ rede vir skommeling
Die ANC het Woensdag gesê pres. Jacob Zuma het Pravin Gordhan die trekpas as minister van finansies gegee omdat hul verhouding “onherroeplik skade gely het”.
Gordhan se afdanking
Miskien ontwikkel die Groot Ses so ʼn bietjie ruggraat, wat die situasie op die duur kan omkeer. Want so kan dit nie aangaan nie …
ʼn Swart Maandag teen Zuma
“Ons wil graag ʼn verenigde stem bied waaragter alle Suid-Afrikaners kan staan. Ons is geensins polities geaffilieerd nie.”
Gordhan: ‘Ek moedig onbeskaamd massaoptrede aan’
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het Saterdag die publiek aangemoedig om massaoptrede teen pres. Jacob Zuma te neem na aanleiding van die omstrede kabinetskommeling Vrydag in die vroeë oggendure waartydens Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit hul poste verwyder is.
‘Landsburgers se stemme moet nóú gehoor word’
“As hierdie nie ʼn bepalende oomblik is in ons land nie, sal niks ooit ʼn bepalende oomblik wees nie.”