Die presidensie het Sondag in ʼn verklaring bewerings ontken dat daar enige planne is om ʼn ander minister van finansies aan te stel.
Alles vir die sleutelwoord "Pravin Gordhan"
Pravin Gordhan glo binnekort vervolg
Pravin Gordhan, minister van finansies, kan na bewering binnekort saam met agt ander mense vervolg word vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Gordhan bevestig 3,9%-begrotingstekort
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag bevestig die staat se begroting toon ʼn tekort van 3,9% van die bruto binnelandse produk (BBP), soos vroeër voorspel is.
Tesourie waarsku oor moontlike slenter
ʼn E-posadres vir die minister van finansies en ʼn Facebook-blad vir die minister se adjunk is vals, het die tesourie bevestig.
Gordhan reageer op vrae oor ‘geheime’ SAID-eenheid
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag gereageer op vrae van die Valke oor ʼn sogenaamde “rogue” eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Een familie kan nie 55 miljoen SA’ners beheer nie, sê Gordhan
Geen enkele familie moet die lot van alle Suid-Afrikaners bepaal nie, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Sondag gesê.
Valke vs Gordhan: ‘Hierdie is nie ʼn sepie nie’
“Hierdie is nie ʼn geselsprogram of ʼn sepie nie. As die minister, soos enige ander wetsgehoorsame burger, gehoor gegee het aan ons brief en antwoorde verskaf het, sou ons nie vandag gewees het waar ons is nie.”
Gordhan: ‘Ek weet niks van Gupta-vergadering’
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Maandag ontken dat hy kennis dra van ʼn vergadering waartydens die invloedryke Gupta-familie glo die pos van minister van finansies aanvanklik eers aan Mcebisi Jonas, die adjunk-minister, aangebied het.
Valke moet teistering stop, sê Gordhan
Die Valke, en diegene wat hulle opdrag gee, slaan nie ag op die ekonomiese en maatskaplike welstand van miljoene Suid-Afrikaners nie, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Sondag gesê.
Gordhan nie beskikbaar vir begrotingsdebat
Pravin Gordhan, minister van finansies, sal nie die debat oor sy begrotingsrede Woensdag in die parlement kan bywoon nie.
Begroting 2016: Groei is die kernpunt, maar dit ontbreek
In geheel beskou, dink ons nie dat die 2016-begroting bevorderlik vir broodnodige ekonomiese groei is nie. Dit gaan eerder verdere druk op ekonomiese groei plaas. Ekonomiese groei is die spilpunt van die begroting se sukses, maar ʼn fokus daarop ontbreek.
Versoek dat kommissie SAID-eenheid ondersoek
Pres. Jacob Zuma is versoek om ʼn onafhanklike regterlike kommissie aan te stel om al die bewerings rakende die sogenaamde “rogue unit” in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te ondersoek.
Gordhan se pos nié in gedrang, sê Zuma
President Jacob Zuma het Maandag berigte verwerp dat Pravin Gordhan, minister van finansies, se pos in gedrang is en dit beklemtoon dat hy nie die mag het om SAID-hoof Tom Monyane af te dank sonder om die regte kanale te volg nie.
Valke ontken Gordhan-ondersoek
Die Valke het Maandag te velde getrek teen mediaberigte wat beweer dat Pravin Gordhan, minister van finansies, ondersoek word in verband met onwettige aktiwiteite van ʼn beweerde geheime eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Gordhan dreig met regstappe
Pravin Gordhan, minister van finansies, het gesê hy sal hof toe gaan, indien nodig, om homself en sy departement te beskerm teen ʼn groep mense wat daarop uit is om “instellings te ontwrig”.
Gordhan trek streep in sand
Pravin Gordhan, minister van finansies, het ʼn streep in die sand getrek in die magstryd met Tom Moyane, hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Begrotingsrede 2016: ‘Paaipolitiek en -ekonomie sal nie afgradering keer’
Woensdag se begrotingsrede is nie genoeg om ʼn kredietafgradering te keer nie, maar dit skep ruimte vir ʼn meer stabiele politieke klimaat.
Begrotingsrede 2016: Politieke partye reageer
“Die vraag is of dit nie te min te laat is nie.”
Begrotingsrede 2016: ‘Staat gaan gordel intrek’
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede gesê staatsbesteding moet aansienlik verminder word.
Begrotingsrede 2016: Só word jou sak geraak
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag in sy begrotingsrede gesê die koerse vir persoonlike inkomstebelasting gaan verlaag word, maar volgens ʼn kenner is dit slegs ʼn skynverligting. Belasting op tabak en alkohol is verhoog.