Die afgelope naweek se Franse klubrugby het ʼn paar geil punte-oeste vir spelers uit Suid-Afrika opgelewer.
Alles vir die sleutelwoord "SA oorsee"
Drie uit SA dra tot Franse klubsege by
Drie spelers uit Suid-Afrika het Saterdag punte op die telbord geplaas in Bayonne se oorwinning in die openingsronde van die Franse tweedevlakreeks, die Pro D2-liga.
Namibië op pad na Japan, Kenia Marseille toe
Namibië is op pad Japan toe, en Kenia pak sy tasse vir Marseille, Frankryk, maar dit was Zimbabwe wat Saterdag vir die grootste verrassing in Rugby Afrika se Goue Beker-reeks gesorg het.
Groot oorwinning vir Clermont teen Kanadese
Die Kanadese Uitnodigingspan het ʼn tweede groot drag slae op sy Franse toer op die lyf geloop.
Vyf Franse Springbokke help WP troef
Met vyf Springbokke en nog drie Suid-Afrikaners in sy opdrafspan, was Montpellier Hérault Donderdag te sterk vir die Westelike Provinsie in hul littelosmaker in Millau, Frankryk.
Twee uit Suid-Afrika puik in Force-oorwinning
Twee spelers uit Suid-Afrika was tussen die Western Force se uitblinkers in die span se sege Vrydag oor die Hongkongse Dragons in Andrew Forrest se Wêreldrugbyreeks (WSR).
Kanadese val vas teen Franse kampioen
Die Kanadese Uitnodigingspan het in die eerste wedstryd van sy Franse toer teen die Top14-kampioen Castres Olympique vasgeval.
Drie Afrika-breiers met SA bande se spanne wen
Toetsrugby in Afrika is Saterdag op indrukwekkende wyse oorheers deur spanne wat deur afrigters met Suid-Afrikaanse bande gebrei word.
Du Toit rek puntevoorsprong in Kanada
Guiseppe du Toit, wat in Johannesburg gebore is, het Vrydag sy voorsprong as puntemaker in die Kanadese Rugbykampioenskap (CRC) vergroot.
Speler uit SA kry 14 in Kanadese liga
ʼn Speler wat in Suid-Afrika gebore is, het Saterdag 14 punte in die openingswedstryd van die Kanadese Rugbykampioenskap (CRC) aangeteken.
Samoa kry RWB-plek; twee uit SA druk drieë
Samoa het op lange laas sy plek in aanstaande jaar se toernooi in Japan om die Rugbywêreldbeker bespreek.
Is die bloed steeds groen?
Dit bly een van die moeilikste, maar in baie ander gevalle ook een van die maklikste besluite wat ʼn sportman moet neem wanneer hy oorsee verhuis om vir ʼn ander land oorweeg te word.
VSA-Suid-span behou RAN-titel onder SA leiding
Die VSA-Suid Panthers het Rugby Amerikas-Noord (RAN) se gewestelike kampioenskap Saterdag in Atlanta, Georgia, die tweede opeenvolgende jaar onder ʼn Suid-Afrikaner se leiding gewen.
Peter Div vir ʼn slag dalk tjoepstil gespeel
Dit lyk of die gewoonlik geselserige gewese Springbokafrigter, Peter de Villiers, tjoepstil gespeel is, nadat Tunisië sy nuwe span, Zimbabwe, se kans om tussen die voorste spanne in die Rugby Afrika se Goue Beker-reeks te eindig vir alle praktiese doeleindes bederf het.
Bokseun druk ‘geniale’ wendrie in Amerika-skok
ʼn “Geniale” drie deur die seun van ʼn gewese Springbok het bygedra tot ʼn eersterangse skok in die heel eerste eindstryd van die Amerikaanse beroepsliga, die Senior Rugbyliga (MLR).
Hongkong met oud-Griekwa-hulp in WB-heruitdun
Hongkong het Saterdag met die hulp van drie gewese Griekwas sy plek in November se Wêreldbeker-heruitdun in Frankryk bespreek.
Drie uit SA tussen Amerikaanse liga se topdertig
Drie spelers met Suid-Afrikaanse wortels tel tussen die dertig topspelers in die Amerikaanse Senior Rugbyliga (MLR) wat pas deur dié reeks aangewys is.
Griekwas-drie se Wêreldbeker-hoop leef voort
Die hoop van ʼn drietal gewese spelers van Griekwas om aanstaande jaar aan die toernooi in Japan om die Wêreldbeker (WB) deel te neem, is Saterdag in Raratonga, Cook-eilande, lewend gehou.
Vergete Blitsbok laat hom in Amerika geld
ʼn Vergete Blitsbok het hom Saterdag met mening in die halfeindronde van die Amerikaanse Senior Rugbyliga (MLR) laat geld.
Groot Duitse rugbyslae ná premier se dreigement
Hoeveel ʼn dreigement van die die Samoaanse premier daarmee te doen gehad het, kan ʼn mens nie sê nie, maar Samoa het Duitsland se Wêreldbeker-aanspraak Saterdag in Apia, Samoa, ʼn groot knou toegedien.