Dit is Hy wat betekenis in en deur alles aan jou lewe gee; die wete dat Hy op pad is met jou en dat Hy jou, met jou unieke storie, wil gebruik om weer ander te bemoedig.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Die belofte van ‘n betekenisvolle lewe
Jou lewe kan net betekenis in God se koninkryk kry as jy leef soos wat God dit bedoel het, naamlik deur sy Naam groot te maak, sy koninkryk te dien en sy wil te doen.
ToekomsVenster: Hou op om self te probeer
anneer jy dit doen, deel Christus sy oorvloed met jou; sy oorvloed van wysheid, insig, liefde, leiding, troos, genade, vrede, omgee, krag, bemoediging, lig en lewe. Hierdie oorvloed, hierdie nabyheid van God self, verander jou.
ToekomsVenster: Bly in die lig
Praat met die Vader hieroor. Vra vir Hom wat jy kan doen om in sy lig te bly.
ToekomsVenster: Jy kan jouself nie verander nie
Dit is dan wanneer jy jouself terugwerp op God en die gemeenskap wat tussen Vader, Seun en Gees bestaan; die gemeenskap waarvoor God jou aanvanklik geskep het.
ToekomsVenster: Die “stryd” hou nie op nie
Die Gees is immer nie ‘n vloeistof wat jou kan vul soos water ‘n bottel vul nie. Nee, Hy is ‘n Persoon met wie jy in ‘n verhouding staan; Iemand, God self, aan wie jy beheer kan oorgee in hierdie verhouding. Wanneer jy dit doen, verander Hy ook mettertyd jou waardes en gedrag.
ToekomsVenster: Is alles regtig nuut?
Die waarheid wat Paulus hier beklemtoon, is dat Christus jou reeds nuut gemaak het. Jy het ‘n nuwe identiteit ontvang. Waar jy vroeër ver van God was, is jy nou een met Christus Jesus (Ef 2:12-13).
ToekomsVenster: Visie laat jou toe om jouself te wees
As jy weet wat om te doen weet jy dus ook waarvoor om “nee” te sê. Jy kan dan daarop fokus om die dinge te doen waarvoor God jou in die wêreld ingebring het. Omdat jy fokus, kan jou bydrae ook ‘n groter verskil in die koninkryk maak.
ToekomsVenster: Visie skakel alle mededinging uit
Op hierdie pad wat hy nou geloop het, was daar geen mededinging meer nie, niemand wat ‘n bedreiging ingehou het vir die doelwitte wat hy wou bereik nie. Daar was wel teenstand, maar nie mededinging nie.
ToekomsVenster: Dissipels is toeskouers van dit wat Jesus doen
In die proses glo ek het baie in hulle hart gebeur, baie van hulle sienings en insigte het verander en het hulle ook “gesonder” mense geword – ek bedoel gesond in hulle mens-wees, nie noodwendig fisiek nie.
ToekomsVenster: Visie vra gehoorsaamheid, nie sukses nie
Die Bybel leer tog vir ons dat God ‘n goeie Vader is, dat Hy geduldig, vriendelik , vol liefde en ontferming en genadig is, en net dit wat goed is vir sy kinders beplan.
ToekomsVenster: Visie beteken God wil jou betrek by sy planne
Wanneer jy dit doen kan jy maar weet daar wag ‘n baie opwindende reis op jou. Dit sal of kan op geen manier vervelig wees nie, want God, en dit wat Hy doen, is alles behalwe vervelig.
ToekomsVenster: Visie of ambisie?
Dit is eers wanneer ‘n mens voor die weg, die waarheid en die lewe te staan kom dat jy begin besef jou ambisie lei jou eintlik op ‘n gevaarlike pad.
ToekomsVenster: Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel
As jy egter God se dissipel wil wees, vra dit aandag aan dit wat God doen. Dit is dalk net belangriker as dit waarmee jy besig is! Dit vra tyd, ‘n stadiger lewe, ‘n meer bewuste lewe.
ToekomsVenster: Laat u koninkryk kom
Dit is om te aanvaar Hy het vir jou gawes en vermoëns gegee waarmee jy diensbaar kan wees in sy koninkryk, om Hom te verteenwoordig en te verheerlik.
ToekomsVenster: Laat u Naam geheilig word
Om te sterf aan jouself beteken dus onder meer dat jy moet sterf aan jou begeerte om self ‘n ‘godjie’ te wees wat net vir jouself leef en na jouself omsien, en dat jy weer sal begin leef as God se verteenwoordiger.
ToekomsVenster: Om Jesus te volg vra ‘n kruis
In hierdie gedeelte spel Jesus self uit wat dit inhou om een van sy dissipels of leerlinge te wees. In vers 27 sê Hy: “Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.”
ToekomsVenster: So moet julle bid
Oorweeg dit dus om hierdie gebed voortaan as die raamwerk vir jou gebede te gebruik. Dit sal jou weer bewus maak van waaroor dit regtig gaan, naamlik God se Naam, sy koninkryk en sy wil.
ToekomsVenster: Word verander! Maar hoe?
Dit is waarom Paulus se raad in Romeine 12 so treffend is. Hy sê nie jy moet jouself verander nie, maar dat jy moet oorgee.
ToekomsVenster: Kom tot rus, besin, dink na, wees en bid
God weet, en Jesus het geweet, rus is noodsaaklik. Dit is ook belangrik om by die Vader tot rus te kom, om net by Hom te wees, te luister en na te dink.