God weet, en Jesus het geweet, rus is noodsaaklik. Dit is ook belangrik om by die Vader tot rus te kom, om net by Hom te wees, te luister en na te dink.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Gee jou volle aandag aan God
Dit is presies wat nodig is. Nie sommer terloopse aandag so nou en dan nie. Gee jou volle aandag aan dit waarmee God nou besig is
ToekomsVenster: Wees versigtig met wat in jou hart omgaan
Dit gaan daaroor dat elke mens moet leer om bewus te raak van die motiewe wat hom of haar dryf. Om met eerlikheid en opregtheid hieroor na te dink in God se teenwoordigheid is om oor jou hart te waak.
ToekomsVenster: ‘n Oorvloed van liefde
Sy liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles.
ToekomsVenster: ‘n Oorvloed van lewe
In Hom is lewe, ‘n oorvloed van lewe. Lewe wat nooit weer weggeneem kan word nie, slefs nie deur die ervaring van dood nie. Hy is die Boom van die lewe, Hy dra voortdurend vrugte en in sy blare is daar genesing vir alle mense (Op 22:2).
ToekomsVenster: ‘n Oorvloed van vergifnis en voor begin
Hierdie baie bekende gelykenis vertel vir ons op ‘n besonderse manier iets van God se oorvloedige genade en liefde.
ToekomsVenster: Die weg, die waarheid en die lewe
Wanneer die dissipels dan wonder hoe hulle daar kan kom, gee Jesus die eenvoudige antwoord: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie”.
ToekomsVenster: Lewe in oorvloed
Hy kom dus as ‘n Herder wat vir sy skape die pad terug na die kraal, na God se kraal, wys. Hy wys nie net die pad nie; Hy is ook die deur of die ingang na die kraal.
ToekomsVenster: Jesus leef om God se wil te doen
Om niks uit jou eie te doen nie; om net te doen wat jy die Vader sien doen; om te wag dat die Vader vir jou wys wat om te doen; om nie jou eie wil na te streef nie, maar die wil van Hom wat jou gestuur het. Dit som ‘n dissipel se lewe op.
ToekomsVenster: Jesus leef om God se koninkryk te dien
Dit tweede kenmerk van God se verteenwoordigers of dissipels, is dat hulle nie hulle eie belange soek nie, maar die belang van die Een wat hulle gestuur het.
ToekomsVenster: Jesus leef om God se Naam groot te maak
As dit vir Jesus enigsins belangrik was wat die mense van Hom dink, sou Hy glad nie die Vader se opdrag enduit kon volbring nie. Dink maar aan die kritiek en spot wat sy woorde en optrede uitgelok het.
ToekomsVenster: Jesus, God se volmaakte Dissipel
In twee teksgedeeltes van Johannes leer ons baie oor die basiese houding van ‘n dissipel of verteenwoordiger van God.
ToekomsVenster: Die Woord woon onder ons
God wil nou al vir jou ‘n God wees en vir jou leer om sy kind te wees. God wil dus hê dat jy nou al iets van die hemel sal leer ken en ervaar.
ToekomsVenster: Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees
Onthou dat dit die toppunt van seën vir enige mens is. Dit beteken God sal hulle met Homself en sy teenwoordigheid seën.
ToekomsVenster: Julle sal my eiendom wees
Hoe maklik sou dit nie wees om hiervan te getuig as dit vir jou ‘n werklikheid is nie? Om vir ander te vertel hoe Hy jou uit die duisternis van ‘n wêreld vol vergelyking en mededinging oorgebring het na die lig van harmonie en liefde waar net een volmaakte wil geld?
ToekomsVenster: Die Here voorsien
Die grootste seën wat enige mens ooit kan ontvang, is die Voorsiening op die berg van die Here; die Lam van God wat die vloek wat die wet meegebring het van ons weggeneem het deur in ons plek ‘n vervloekte te word.
ToekomsVenster: Ek sal jou God wees
Diegene wat die seën van God se God-wees leer ken, weet die lewe gaan nie oor hulleself nie. Daarom is hulle vry mense en onstel allerhande kleinighede hulle nie maklik nie.
ToekomsVenster: God wil nog altyd seën
Kan jy aanvaar dat God se basiese bedoeling vir jou lewe is om jou te seën?
ToekomsVenster: God se opsoekende liefde
God is heeltemal anders as ons. Hy is nét goed en nét ‘n Bron van liefde. Daarom los Hy nie die mens in hulle ellende nie.
ToekomsVenster: Verwyder van die Bron
Jy kan nie op jou eie die pad terugvind nie; daarvoor het jy ‘n Leermeester en Leier nodig wie se dissipel (leerling) jy kan word sodat Hy vir jou die pad kan wys. Meer nog: Iemand wat vir jou die pad terug na die Bron kan word.