As ons egter leef vanuit die perspektief van die oop graf en die oorwinning wat daarin opgesluit is, hoef ons geen destruktiewe mag te vrees nie. Ons is meer as oorwinnaars deur Hom wat ons die krag gee.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Koester lewe in 2016
Is ons pessimisties en ongelowig op pad met die lewe? Dis jammer as dit so gebeur, want die opgestane Here wil ons help om anders na die lewe en toekoms te kyk.
ToekomsVenster: Maak tyd vir God
Maak hierdie jaar tyd vir jou verhouding met God, maak dit ‘n prioriteit.
ToekomsVenster: Hardloop die wedloop met jou oë op Jesus
Die skare op die pawiljoene van die lewe moedig ons aan om die res van die wedloop volhardend te hardloop, die oë gevestig op Jesus, die Begin en die Voleinder van die geloof. Mag die Here jou seën in die nuwe jaar.
ToekomsVenster: God het jou begenadig
Dis suiwer omdat God jou begenadig het en jou mislukkings en teleurstellings alles aan die kruis van Golgota vasgespyker is. Jy kan met verwagting uitsien na die nuwe jaar.
ToekomsVenster: Sondebelydenis is terapeuties
Sondebelydenis is terapeuties. Dis ʼn geleentheid om afskeid te neem van die verkeerde dinge in jou lewe.
ToekomsVenster: Alle sonde is onder die bloed van Jesus
Die uitnemende waarheid is dat alle sonde, ook die slegte dinge van 2015, “onder die bloed” van Jesus en afgehandel is in God se oë. Dis nie nodig om met wroeging en selfverwyt te leef nie.
ToekomsVenster: Die Verlosser is gebore
Kersdag 2015. Die Verlosser is gebore. Hy is God se antwoord en gawe op die nood, hartseer en sonde van hierdie wêreld.
ToekomsVenster: Simeon sterf nie voordat sy oë die Verlosser sien nie
Nuwe-Testamenties het ons reeds saam met Jesus gesterf toe Hy aan die kruis vasgenael is. God roep ons daarom veel eerder om vir Hom te lewe, noudat ons die verlossing beleef het.
ToekomsVenster: Die ontmoeting met Anna
Sy dank God vir die kindjie en begin almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het van die kindjie vertel.
ToekomsVenster: ‘n Splinternuwe seisoen vir die wat glo
As die ontmoeting met Jesus plaasvind, bring dit vir wie hulle daardeur laat verander ʼn splinternuwe seisoen mee. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, lui die Johannes-verslag in hoofstuk 3.
ToekomsVenster: Die sterrekykers en die skaapwagters
Arm én ryk, vernaam én gewoon word getuies van hierdie buitengewone gebeurtenis.
ToekomsVenster: Herodus en Augustus
Herodus en Augustus word albei sonder hul medewete en instemming instrumenteel om Ou-Testamentiese profesieë waar te laat word.
ToekomsVenster: Josef, Jesus se pa
Josef is self ʼn godvresende man, maar word met ʼn baie moeilike situasie gekonfronteer. Sy verloofde het hom intens teleurgestel en sy vertroue geskaad. Hy neem hom voor om in die geheim van haar te skei. Dis opmerklik dat Josef hierdie liefde van sy lewe nie in die openbaar verneder nie.
ToekomsVenster: Maria, Jesus se ma
Uiteraard was dit baie riskant vir Maria om buite die eg swanger te wees. Sy kan met haar lewe daarvoor boet, asook deur haar verloofde, haar gesin en die samelewing verwerp word. Desnieteenstaande, in ʼn stap van ongekende geloofsvertroue, verklaar sy haar beskikbaar vir wat die Here ook al met haar in gedagte het.
ToekomsVenster: Sagaria en sy vroue Elizabeth
Sagaria se vrou, Elizabeth, is onvrugbaar en kan dus nie kinders in die lewe bring nie. Daar is verskeie verhale van vroue wat te midde van hul onvermoë om swanger te raak tog deur die Here begenadig word. Hierdie kindjie wat gebore gaan word, is ʼn belangrike persoon.
ToekomsVenster: Die karakters in die Kersdrama
Ons gaan in die volgende paar dae tot Kersfees ʼn bietjie kyk na die karakters in die Kersdrama. Lukas onderneem om in sy Evangelie ʼn deeglik nagevorste verslag te lewer van die gebeure rondom die lewe en optrede van Jesus.
ToekomsVenster: Betekenis deur jou funksie in die liggaam
Het jy geweet jy het ‘n funksie in die liggam van Christus? God het reeds aan jou al die gawes en die toerusting gegee om hierdie funksie te kan vervul.
ToekomsVenster: Betekenis deur jou erfenis
Ek wonder of jy van verbasing opgespring en dit uitgejubel het toe jy die gedeelte gelees het. Waarom? Oor die grootsheid van jou erfenis wat ontsaglike betekenis aan jou lewe gee!
ToekomsVenster: Betekenis as God se verteenwoordiger
Stiltetyd saam met God nie iets wat jy moet doen omdat dit ‘n goeie ding is nie. dit is iets wat jy mag en kan doen wanneer jy ontdek jou lewe het geen betekenis sonder gemeenskap met Christus nie.