Vreugde is een van die onderskeidende kenmerke van gelowiges. Paulus maan ons om altyd bly te wees in die bekende Fil. 4:4.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Bedaar en erken dat Ek God is
Mag die onstuimigheid in jou binneste oor watter saak ook al tot bedaring gebring word deur die Gees van kalmte en vertroue wat binne in jou woon.
ToekomsVenster: Getuig my eie lewe van integriteit?
Mense stel ʼn hoë premie op geloofwaardigheid en integriteit. Selfs al sou hulle self anders leef, verwag hulle (ons het mos maar somtyds dubbele standaarde) ʼn ander manier van optrede by hul leiers.
ToekomsVenster: Eietydse verhale van God se guns
Ouers behoort met hul kinders te gesels oor eietydse verhale (hul ervaring) van God se guns en goedheid. Daar is baie verhale binne huishoudelike en nasionale konteks wat op geen ander manier as God se bonatuurlike sorg interpreteer kan word nie. Hy is betroubaar in alle opsigte.
ToekomsVenster: Hy is betroubaar in alle opsigte
Ouers behoort met hul kinders te gesels oor eietydse verhale (hul ervaring) van God se guns en goedheid. Daar is baie verhale binne huishoudelike en nasionale konteks wat op geen ander manier as God se bonatuurlike sorg interpreteer kan word nie.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Vertrou liewer op God, sê die digter. Hy sal jou nie teleurstel nie.
ToekomsVenster: Smagtend na God
Ek bid dat die Here vir elkeen van ons iets van hierdie onversadigbare honger na sy Woord en Gees sal gee.
ToekomsVenster: Uitdagende tye is goeie tye
God is op ‘n besondere manier betrokke en teenwoordig waar mense swaarkry. Ons loop Hom dalk beter raak tussen die plakkershutte en staan-maak skuilings, as op baie ander plekke.
ToekomsVenster: Getuie van God se goedheid
Jesus se opstanding waarborg en begrond ons opstanding, vandag, môre en eendag met Sy wederkoms. Jy moet vertel, mense het die hoop wat jy deur jou getuienis kan bring só nodig.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Dit beteken niks anders as om God nuut te vertrou al lyk dinge krom en skeef nie. Is jy bereid om God (weer) ‘n kans te gee?
ToekomsVenster: Maak plek vir buitestaanders
Is daar binne jou verwysingsraamwerk plek en ruimte vir buitestaanders, ook vir mense wat nie van jou groep is nie. Is jul gemeente ʼn vriendelike plek, waar veiligheid en warmte uitgestraal word?
ToekomsVenster: Soek na God se rus
Is jy moeg en oorlaai, uitgeput en gestres? Kom eenkant. Soek na God se rus. Beleef die rustigheid van sy teenwoordigheid sodat jy met nuwe energie na jou konteks kan terug gaan.
ToekomsVenster: God is goed, altyd goed
God is goed, altyd goed, sing ʼn liedjie. Borrel vandag oor van sy liefdevolle omgee in jou lewe. Gee Hom die erkenning en dankbaarheid wat pas by sy grootheid en almag.
ToekomsVenster: Jy is vry om reg te lewe
Nou is die aangewese ding tog om uit dankbaarheid anders te gaan lewe, die vrug van die bekering te dra, deel te word van die gemeenskap wat dieselfde genade ontvang het en ander te vertel van hierdie buitegewone ondervinding wat jy gehad het.
ToekomsVenster: Die engele van die Here slaan sy laer op rondom die wat die Here dien
Vir my is hierdie ‘n gunsteling psalm. Die getuienis van iemand wat in ‘n desperate situasie na God geroep het en nou kan vertel dat God geluister het
ToekomsVenster: Nie meer ’n sondaar nie, maar ’n kind van God
Dit is een van die aangrypende Bybelse waarhede. Ek is nie meer ‘n helverdiende sondaar nie maar ‘n geredde kind, seun en dogter van die Lewende God. Halleluja.
ToekomsVenster: Volg net God se leiding
God heers oor alles en almal en kan doen wat Hy Hom voorneem om te doen. Ons moet net sy leiding volg. Hy staan self in vir die geloofwaardigheid van sy Woord.
ToekomsVenster: Vertrou op God
Vertrou Hom in jou stryd, Hy sal jou nie teleurstel nie.
ToekomsVenster: God antwoord steeds gebede
Neem vrymoedigheid en praat met Hom oor jou uitdagings. Hy antwoord steeds.
ToekomsVenster: God is heilig
God is heilig. Hy is in alle opsigte nie soos mense nie. Hy is in alle opsigte nie soos sy skepping nie. Hy is in alle opsigte verhewe, groter, heerliker en sterker.