God se kinders moet anders lewe. Ons roeping is om ander se lewenskwaliteit en potensiaal te verbeter. Die toekoms gaan die besluite wat ons vandag maak uitspeel.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Psalms vir die toekoms
Die Psalmdigter gee ‘n belangrike sleutel tot die groot lewensvraag: “Hoe kan ek seker maak dat dit goed gaan met my en met ander?”
ToekomsVenster: Leiers wat dien
Jesus se model van leierskap is dat dit dienend moet wees. Om te dien beteken om jouself te gee. In Jesus se geval het sy selfprysgawe uitgeloop op sy dood.
ToekomsVenster: Leiers met visie
Die grootsheid van ‘n visionêre leier soos Josef bring nie net versoening tussen hom en sy broers nie, maar ook ‘n toekoms vir sy familie.
ToekomsVenster: Leiers wat bemagtig
Ons het behoefte aan meer leiers in ons land – eerlike en onselfsugtige leiers wat bemagtig word om ‘n verskil te maak. Die geheim van positiewe beïnvloeding lê daarin dat elkeen van ons wat een of ander leiersposisie beklee, onsself sal vermeerder deur ander te bemagtig.
ToekomsVenster: Leiers wat inspireer
Ons het vir die morele opbou en herstel van dienste sulke Nehemias nodig in ons land. Ons benodig leiers wat mense inspireer om uit liefde vir hulle land en sy mense hulle vaardighede beskikbaar te stel tot voordeel van almal.
ToekomsVenster: Leiers wat beïnvloed
Mag jy ‘n leier met positiewe invloed wees!
ToekomsVenster: Taal wat bemagtig
Ons het almal êrens invloed in vriendekringe of in ons werksomgewings. Dit is by uitstek geleenthede om deur positiewe opbouende taal die hele atmosfeer om te draai. Wees ‘n motiveringspreker in jou eie omgewing!
ToekomsVenster: Inklusiewe taal, ʼn taal wat lewens verander
Taal is ‘n magtige medium om naasteliefde te verwoord en te bevestig.
ToekomsVenster: Genesende taal, ʼn taal wat lewens verander
Mag ons tonge ‘n bron van genesing wees vir die seer van die wêreld rondom ons!
ToekomsVenster: Liefdestaal, ʼn taal wat lewens verander
Moeder Teresa het gesê as jy besig is om mense te veroordeel, het jy nie tyd om vir hulle lief te wees nie.
ToekomsVenster: Geloofstaal, ʼn taal wat lewens verander
Ons lewe behoort sommer elke dag gevul te wees deur uitgesproke, kragtige en kort geloofsbelydenisse.
ToekomsVenster: Vrede, nog ʼn waarde vir ons tyd
Vrede is dan iets wat jy doen en ervaar en wat jy weggee. Suid-Afrika het baie vredemakers nodig.
ToekomsVenster: Betrokkenheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ons het nodig om doelgerig betrokke te raak. Dit is al manier om die negatiewe afsydige gees te troef. Ons moet aksie neem en dinge doen om ons afsydigheid te demp. Maar dit is belangrik dat God eers ons negatiewe gedagtes nuut sal maak.
ToekomsVenster: Geduld, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ons het in ons land baie geduld en vergifnis nodig. Daar is soveel opgehoopte woede en onverdraagsaamheid.
ToekomsVenster: Leerbaarheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Leerbaarheid as lewensingesteldheid (waarde) lei natuurlik ook daartoe dat ons die wysheid van die lewe ontdek en as mense geweldig groei. Hoe gouer jy leer dat jy nie alles weet nie en ook nooit volleerd is nie, hoe meer sal jy as mens groei.
ToekomsVenster: Nederigheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra dat ons vandag hierdie gebed sal bid: “Here, help my om alle hooghartiheid wat nog aan my hang en weer en weer wil opstaan, te laat vaar. Help my om soos Jesus voete te was. Amen.”
ToekomsVenster: Verantwoordelikheid, ʼn kernwaarde vir ons tyd
Here help my om hulle met verantwoordelikheid te versorg en te koester.
ToekomsVenster: Eerlikheid, ʼn kernwaarde vir ons tyd
Jesus wil hê dat jou Christen-integriteit eenvoudig ‘n geval van ja of nee sal wees, en dat jy dit bedoel.
ToekomsVenster: Regverdigheid, ‘n kernwaarde vir ons tyd
Ons moet leer om in sirkels te dink in plaas van in rye. God plaas mense nie in rye nie, maar in sirkels. En in ‘n sirkel vat almal hande. Wie is nou eerste en wie is laaste? Almal is gelyk. Niemand staan nader of verder van Hom wat in die middel staan nie! Dis hoe God se regverdige liefde werk.