Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Vrydag ʼn klag teen Helen Zille, leier van die DA, en president Jacob Zuma by die gelykheidshof ingedien. Die party eis lewenslange tronkstraf vir die beskuldigdes.
Alles vir die sleutelwoord "verkiesing"
Dink voor jy stem, vra Tutu
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het Woensdag kiesers gemaan om noukeurig te oorweeg vir watter party hulle op 7 Mei gaan stem.
AfriForum geakkrediteer as verkiesingswaarnemer
Die burgerregte-organisasie AfriForum het pas bevestiging van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) ontvang dat die organisasie geakkrediteer is om as verkiesingswaarnemer op te tree tydens die komende algemene verkiesing op 7 Mei.
Solidariteit doen beroep op mense om te stem
Die Solidariteit Beweging het ʼn beroep op sy lede, ondersteuners en die breë gemeenskap gedoen om deel te neem aan die algemene verkiesing op 7 Mei 2014.
Polisie kla by Okosa oor DA-advertensie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn klag by die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Okosa) aanhangig gemaak oor die DA se verkiesingsadvertensie.
Zuma bedank Afrikaner-gemeenskap
President Jacob Zuma het die Afrikaner-gemeenskap bedank omdat hulle glo in ʼn demokratiese en gelyke Suid-Afrika.
DA en EFF ontken koalisie-praatjies
Die DA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag berigte dat hul moontlik na die verkiesing ʼn koalisie gaan vorm ontken.
VF Plus en Transnet-pensioenarisse ruk op na Uniegebou
Honderde Transnet-pensioenarisse en hul familielede gaan Donderdagoggend saam met die Vryheidsfront Plus (VF Plus) na die Uniegebou in Pretoria opruk as deel van ʼn openbare betoging oor dié werkers se pensioenfondse.
DA betoog in Johannesburg
Honderde DA-ondersteuners het Woensdag weer Johannesburg se strate ingevaar om oor werk te betoog.
Afrikaners soek ook ekonomiese vryheid – EFF
Volgens die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) glo Afrikaners, waaronder sommige boere, ook in ekonomiese vryheid, het Beeld Woensdag berig.
Nuuskommentaar: Boereverneukery of Afrikaner-uitreiking?
“Die ANC het nie probleme met die Afrikaner nie,” sê Keith Khoza, woordvoerder van die ANC. Vir baie Afrikaners gaan die ANC ‘n advokaat van die kaliber van Gerrie Nel nodig hê om hulle te oortuig dis nie ‘n baie vet kluitjie nie. En selfs dan sal dit ‘n geval wees van: “Julle kan traai, maar die wiend waai wes.”
Zuma praat oor uitjouery
President Jacob Zuma het mense wat hom uitjou, beskryf as “leë blikke wat die meeste lawaai maak”, het The New Age Woensdag berig.
Kerke wys Voortrekkermonument-vergadering van die hand
Ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, het Woensdag gesê die kerke gaan nie vandag ʼn vergadering saam met die ANC by die Voortrekkermonument bywoon nie.
SAUK het EFF-advertensie “verwerp”
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het ʼn klag van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) ontvang nadat die SAUK ʼn verkiesingsadvertensie van dié party verwerp het. Die advertensie volg onderaan die berig.
ANC wys sy LPs vir Nkandla-komitee aan
Stone Sizani, die ANC se hoofsweep, het Dinsdag die name van sewe van die party se LPs bekendgemaak wat deel sal vorm van die ad hoc-komitee wat president Jacob Zuma se Nkandla-privaatwoning gaan ondersoek.
Video: Digter jou Zuma uit
Die Suid-Afrikaanse digter AE Ballakisten het op die Zuma-geraaswa geklim en ʼn gedig waarin hy die president herhaaldelik uitjou, geskryf, op video voorgedra en op YouTube gelaai.
Video: SABC keer EFF-advertensie óók
Skaars ʼn paar dae nadat die SABC die Demokratiese Alliansie (DA) se verkiesingsadvertensie ophou uitsaai het, het die openbare uitsaaier dieselfde met die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se televisie-advertensie gedoen.
Nuuskommentaar: Christenskap en die verkiesing
Op 7 Mei ruk Suid-Afrika op stembus toe, en op 3 Junie doen Sirië dieselfde om presidentsverkiesing te hou. Tussenin lê minder as ‘n halwe wêreld en minder as ‘n maand, maar ten spyte van ‘n reeks ongelukkige ooreenkomste, is daar gelukkig ook wêrelde se verskille.
OB bekyk kospakkies vir stemme
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het drie klagtes ontvang teen die ANC wat glo staatshulpbronne gebruik vir sy verkiesingsveldtog.
ANC-vergadering by Voortrekkermonument ‘onsensitief’
Die vakbond Solidariteit sê Cyril Ramaphosa, ANC-adjunkpresident, se beplande vergadering met Afrikaner meningsvormers by die Voortrekkermonument is onsensitief.