Twee uiters belangrike wedstryde in die Sandveldliga vind Donderdag plaas, laat weet Hennie Stander die bestuurder van die liga.
Lees meerAlles vir Woensdag 27 April 2016
BBRU-liga: Tuine sink Valke; TUT onoorwonne
Tuine se Grizzlies het die Silver Valke se segetog in die Carltonliga B Saterdag gestuit, terwyl die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) sy derde wedstryd opeenvolgend gewen het.
BBRU-liga: Pretoria Polisie skok Tukkies
Pretoria Polisie het Saterdag vir `n skok teen die Tukkies gesorg nadat die studente die afgelope klompie wedstryde die botoon teen die Bobbies gevoer het.
WP-liga: Ikeys laat nog `n GB-span skrik
In `n wesenlike ommekeer van sy gesukkel in die reeks om die Varsitybeker het die Universiteit van Kaapstad die tweede opeenvolgende week `n deelnemer aan vanjaar se Goue Bekerreeks goed die skrik op die lyf gejaag.
DA: ‘Ons sal nie toelaat dat ANC R4 miljard spandeer op straler vir Zuma’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Woensdag tydens ʼn Vryheidsdagviering op Zandspruit, noordwes van Johannesburg, gesê die straler ter waarde van R4 miljard wat pres. Jacob Zuma glo wil aankoop is gelykstaande aan 16 Nkandla’s.
ToekomsVenster: Mag God ons geestes-oë verhelder
Dan weer, met harde harte en blindheid van oë kan hulle nie verstaan nie. Tog is God hartseer oor die blindheid, doofheid en gebrek aan verstaan by Sy eie kinders. Hulle kan die tydsgewrig nie onderskei nie, nie die genade van God nie na waarde skat nie en gaan self blind deur die lewe.
Zuma: ‘SA is ʼn suksesverhaal’
Pres. Jacob Zuma het Woensdag in sy amptelike Vryheidsdag-toespraak verwys na al die regering se suksesse van die afgelope 22 jaar, maar ook verwys na die droogte waar onder die land gebuk gaan.
Duisende betoog vir #ZumaMustFall
Duisende mense het Woensdag op Vryheidsdag onder meer in Johannesburg en Kaapstad bymekaargekom en geëis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.
EFF: ‘Vryheid kwyn weg onder ANC-beheer’
Op 27 April 2016 is Suid-Afrika besig om te sien hoe die vryhede en regte wat die afgelope 22 jaar ná die aanvang van demokrasie behaal is, weg te kwyn.
Vryheidsdag: ‘Grondwet steeds meer onder druk’
Suid-Afrika gaan ʼn tydperk binne waar die Grondwet steeds meer getoets gaan word en onder druk gaan kom.
Seun sterf; maatjie beseer toe motor hulle tref
ʼn 12-jarige seun is Woensdagoggend dood toe hy deur ʼn motor van sy fiets afgery is in Bloemfontein.
Nuuskommentaar: Hoe vry voel jy?
Vryheidsdag beteken vir hulle wat weens die histeriese dryf van transformania benadeel word, en diegene wat weens sosio-ekonomiese agterstande nie die grondwetlike vryhede kan help oes nie, maar bitter weinig. Dit kan baie anders lyk as elkeen wat wel ’n stukkie vryheid kan omarm, daardie geleentheid benut om uit te reik en sy deeltjie bydra tot waar Vryheidsdag meer word as ’n datum op die almanak waar politici die kiesers met donkie-ore uitrus.
Griffonsliga: oorgrenssake raak interessant
Sake in die nuwe Griffons-Luiperdsoorgrensliga raak interressant en verlede jaar se eenrigtingverkeer blyk tot die verlede te behoort.
Man soek oor trollie met lyk in
Die polisie in Durban is op soek na ʼn man wat Dinsdagaand laat ʼn liggaam in ʼn trollie langs ʼn hoofweg gestoot het.
Boek: Prente by ’n uitstalling
Philip de Vos Illustrasies deur Piet Grobler Nadat Moessorgski na ’n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874…
Gesin verdwyn spoorloos
Die polisie is steeds op soek na ʼn ma en haar drie kinders wat meer as ʼn week gelede spoorloos verdwyn het.
‘Polisie moet kan skiet voor hulle doodgeskiet word’
Die polisievakbond Sapu het die onlangse vlaag voorvalle van polisiebeamptes wat doodgeskiet is veroordeel en versoek dat ʼn artikel van die Strafproseswysigingswet hersien word.
‘Seksrabbi nie ʼn vlugrisiko’
Die regsverteenwoordiger vir die Israeliese voortvlugtige rabbi Eliezer Berland het Dinsdag in die Randburg-landdroshof aangevoer dat sy kliënt nie ʼn vlugrisiko is nie.
ANC-jeugliga: ‘Laat soldate los op EFF’
Die ANC-jeugliga het gesê hy sal verhoed dat die EFF “die land destabiliseer”.
Griekwasliga: 2015-finaliste vat mekaar vas
Die twee spanne wat verlede jaar se spannende eindstryd in Griekwas se Superliga uitgespook het, het mekaar Saterdag ook deeglik vasgevat in vanjaar se reeks.