ʼn Liederlike 2-oor op die agtste putjie het George Coetzee se momentum effens gestuit net toe dit gelyk het of hy die Gary Player-baan in die Nedbank-gholftoernooi aan’t tem was.
Lees meerAlles vir Donderdag 10 November 2016
Man sterf toe weerligstraal tref
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Gautengers vroeër vandag gemaan om vandag en veral Vrydag op hulle hoede te wees vir swaar reën, hael, kitsvloede en stormsterk wind oor die provinsie.
DA, ANC vier uitslae van tussenverkiesings in KZN
Die DA sowel as die ANC het Donderdag beweer die uitslae van die afgelope tussenverkiesing in KwaZulu-Natal toon dat die partye se ondersteuning in die provinsie toegeneem het.
Mosie van wantroue teen Zuma slaag nie
Die ANC het Donderdag weer eens met ʼn stewige meerderheid ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in die parlement uitgestem.
#FeesMustFall: Brandstigtingverdagte vrygelaat
Die man wat deur die polisie ingeneem is vir ondervraging rakende ʼn brand op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), is vrygelaat.
Panayiotou-moordsaak: Hof beslis oor staatsgetuie se getuienis
Die hof het vroeër vandeesweek gehoor dat ʼn sekondêre verhoor dalk binne die hoofverhoor gehou sal word om te bepaal of Luthando Siyoni, wat intussen ʼn staatsgetuie geword het, se getuienis toegelaat sal word.
Oom gevonnis ná verkragting van 3-jarige
ʼn 22-jarige man is in die Kokstad-streekhof gevonnis vir die verkragting van ʼn driejarige.
ToekomsVenster: Naasteliefde
Ek dan wonder ʼn mens … Ons het dan saam-saam gebid en gehuil. Was dit dan van geen waarde nie?
[Resep] Veelsydige brosdeeg
Met hierdie basiese brosdeegresep bak ek brosbrood en koekies, ek gebruik dit as deeg vir tertkorse en ek maak selfs soet pizza daarmee. Dis ʼn…
Niggies verdrink in vloedwater, seun in rivier
Drie kinders se liggame is Woensdag in twee afsonderlike voorvalle, onderskeidelik in die Vrystaat en die Oos-Kaap, gevind nadat hulle verdrink het.
NG Kerk sê oor gays
Die besluit van die NG Kerk se buitengewone algemene sinode waar die gay kwessie weer onder die loep gekom het, is bekendgemaak.
Die wêreld in foto’s – 10 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
John Robbie groet
“Hy het ʼn groot aanhang ontwikkel en het deel van duisende luisteraars se lewe geword.”
Dié vrou het 18 jaar gelede haar hare gesny
ʼn 60-jarige vrou van Shanxi, China, se hare is twee keer so lank soos sy.
Trump-sege bewys linkses se skynheiligheid (en ander ondeugde)
Donald Trump is skaars verkies as volgende president van die VSA en die “social justice warriors” – met ander woorde Hillary Clinton se deursnit-ondersteuner – saai totale amok in Amerikaanse stede. Dis amper soos die tipiese rouproses om van skok en ongeloof na woede te beweeg.
Malema verkla oor uitlatings
“Sy uitlatings kom op ’n interessante tyd, aangesien hy binnekort weer in die hof – dié keer in Bloemfontein – moet verskyn op aanklag van aanhitsing tot geweld.”
[Video] Besoek SA bestemmings speel-speel met dié Monopoly
Tafelberg, die Krugerwildtuin, Kimberley se groot gat en die Addo-olifantpark – dié besienswaardighede tel onder van Suid-Afrika se mooiste toeristebestemmings wat jy nou, danksy die vervaardiger Hasbro, sommer ook speel-speel met Suid-Afrika se eie Mzansi Monopoly-bordspeletjie kan besoek.
Nóg skoolkinders siek van verdagte lekkers
Die polisie is op soek na ʼn man wat na bewering lekkers aan kinders by skole in Johannesburg verskaf het wat hulle siek gemaak het.
Marius Fransman kry die trekpas
“Dissipline is die gom wat die ANC bymekaar hou.”
Nóg storms op pad vir Gauteng
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Gautengers gemaan om bewus te wees van erge storms in die provinsie.