Samsung maan gebruikers wêreldwyd om hul nuwe Galaxy Note 7-slimfone in te ruil weens veiligheidsredes.
VSA-ruimtevlugte ‘onwaarskynlik’ teen 2017
Planne dat die VSA, met die hulp van private kontrakteurs, reeds teen 2017 weer bemande ruimtevlugte sal kan onderneem, blyk onwaarskynlik te wees. Dit volg…
Apple maak nuwe iPhone 7-modelle bekend
Apple het Woensdag tydens ʼn perskonferensie in San Francisco in Amerika die nuwe iPhone 7-modelle bekend gemaak.
Tragedie gee entrepreneur se drome vlerke
Ná sy ouers in 2010 etlike ure ná mekaar oorlede is, sy ma in ʼn rooftog en sy pa aan ʼn hartaanval, moes Nick Adriaans van Zeekoeivlei in die Wes-Kaap die stukke optel om self die pot aan die kook te hou. Nick vertel die gebeure van daardie dag is in sy geheue geëts. Dit was die grootste tragedie van sy lewe, maar ook een wat hom gedwing het om sy drome vlerke te gee.
[Entrepreneurskap] Kreatiwiteit, innovering bied yslike voorsprong
Onthou jy hoe jy as kind ure met droë ys kon speel? Wel, Deon Roux het nooit sy kleintyd-bekoring met droë ys afgeskud nie en bedryf tans Suider-Afrika se grootste droë ys-fabriek in Pretoria. Hy vertel meer van die sakeaspek van dié fenomeen.
Vyfde natuurkrag straks gevind
Naas die vier bekende natuurkragte, gravitasie, elektro-magnetisme, swak en sterk kernkrag, meen wetenskaplikes hulle het nou moontlik ’n vyfde natuurkrag gevind wat met donker materie verbind kan wees.
Vodacom se goeie nuus vir Gautrain-gebruikers
Vodacom het Dinsdag bekend gemaak dat hy sy hoëspoed-LTE-netwerk (sogenaamde 4G) op meeste Gautrain-roetes kan bedien, en dit sluit 4G+ in die ondergrondse tonnels in – ʼn eerste in Suid-Afrika.
Video: Wetenskaplikes bly om terug uit Mars-simulasie te wees
Ses wetenskaplikes wat ’n jaar lank op ’n vulkaan in Hawaii geleef het in omstandighede wat ’n toekomstige Mars-sending simuleer, is einde Augustus met hul gesinne herenig.
Entrepreneurskap: Leer by die voertuigbedryf om ʼn wenner te wees
Deon Roux is die eienaar van Dry Ice International maar hy het ook ‘n ander bedryf waarin hy belangstel.
Video: ‘Boer soek ʼn vrou’ nou op ShowMax
Die gewilde TV-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou se negende seisoen is om die draai met die skoonheid Minki van der Westhuizen as aanbieder, maar die aanlyn-televisiediens ShowMax het dit nou vir laatslapers moontlik gemaak om seisoen 7 én 8 te sien sonder die beslommernis van televisie-tydskedules.
VivA se nuwe app laat geen verskoning vir taalblapse
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het onlangs ʼn aanlynweergawe vir sy woordeboekportaal-app beskikbaar gestel wat gaan verseker dat soektogte met dié app beduidend verbeter.
Lentedag-sonsverduistering
Suid-Afrikaners vier vandag Lentedag met ’n gedeeltelike sonsverduistering.
[Entrepreneurskap] Van gastehuis tot (eko-) vriendelike hotel
Adri Kruger is ʼn ‘groen’ hotelier van Tzaneen wat van ʼn vier slaapkamer-gastehuis na die hotel Tzaneen Country Lodge met 60 kamers gegroei het.
WhatsApp-gebruikers vies oor data-uitruiling
WhatsApp-gebruikers is warm onder die kraag nadat dié app vroeër vandeesmaand aangekondig het dat hy gebruikers se persoonlike inligting met sy moedermaatskappy, Facebook, gaan uitruil.
Entrepreneurskap: Leer uit jou foute
Die beste advies wat die ‘groen’ hotelier Adri Kruger nog ooit gekry het, was van haar man wat vir haar gesê het “cowboys don’t cry”.
[Entrepreneurskap] ‘Luister na die klein stemmetjie’
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Fanie Joubert. Hy bedryf ‘n gemengde boerdery met skape en graan en is ook die eienaar van Baleia Wines. Fanie is gebore en getoë in Riversdal. “Ons het ʼn kelder gebou waar ons ons eie outentieke wyn maak wat in die omgangstaal as boetiekwyn bekendstaan. Ek glo dis nogal besonders.”
Nasa-navorsing nou gratis beskikbaar
Nasa het Dinsdag aangekondig dat al sy navorsing wat deur openbare finansiering moontlik gemaak word, nou gratis op die webwerf PubSpace geplaas word.
US‑satelliet gereed vir lansering vanuit Internasionale Ruimtestasie
ʼn Nanosatelliet wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) en CubeSpace, ʼn inkubasie-maatskappy in die Nedbank Universiteit Stellenbosch Launchlab besigheidsinkubator, ontwikkel is, word in Januarie 2017 saam met 49 ander nanosatelliete vanuit die Internasionale Ruimtestasie (ISS) gelanseer.
Entrepreneurskap: ‘Ons maak ons eie outentieke wyn’
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Fanie Joubert. hy bedryf ‘n gemengde boerdery met skape en graan en is ook die eienaar van Baleia Wines, ‘n kelder waar hy outentieke wyn maak.
[Entrepreneurskap] My potlode was my eerste modelle
“My potlode was my eerste modelle. Ek het hulle met sneesdoekies aangetrek en modeparade gehou,” vertel Gert-Johan Coetzee, een van Suid-Afrika se gewildste en mees suksesvolle modeontwerpers. Van sy beroemde kliënte sluit die wêreldbekende Kardashian-familie in.