Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 30 Mei en wat ons Vrydag, 31 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 30 Mei 2013
Addisionele sekuriteit by Comrades
Johan van Staden, wedrenorganiseerder van die Comrades-marathon, het Donderdag bevestig dat addisionele sekuriteit by die marathon slegs voorkomingsmaatreëls is.
Mej. Heelal-kroon teruggevat ná tikfout
ʼn Tikfout het daartoe gelei dat ʼn verkeerde deelnemer verlede week Saterdag as Mej. Heelal Kanada aangewys is.
Protes teen e-tol gaan Vrydag voort
‘n Hooggeregshof het toestemming verleen vir ‘n e-tolprotes om Vrydagoggend voort te gaan, het die vakbondfederasie Cosatu Donderdag in Gauteng gesê.
Ontvoerde SA’ners in Jemen is egpaar van BFN
Die twee Suid-Afrikaners wat Maandag in Taiz in Jemen ontvoer is, is ʼn egpaar van Bloemfontein.
Amerikaanse akteur verras polisiebetogers
Danny Glover, die Amerikaanse akteur en aktivis vir arbeiders, het stakende lede van die polisievakbond verras toe hy by hul betoging in Johannesburg aangesluit het.
“Stakings is normaal” sê Zuma
Wettige stakings en betogings deur vakbonde kan in ʼn demokratiese land verwag word en moet nie as problematies gesien word nie, het president Jacob Zuma Donderdag gesê.
Video: Starbucks-koffie glo uit die toiletkraan
ʼn Starbucks-restaurant in Hong Kong se weelderige finansiële distrik, wat glo water van ʼn kraan naby ʼn toilet gebruik het om koffie mee te brou, het Donderdag hewige reaksie van ontstoke klante ontlok.
Veelsydige lasagne
‘n Watertandlekker veelsydige lasagne-resep so reg vir ‘n wintersaand!
Rioolpypbaba en sy ma herenig
Die pasgebore babaseuntjie wat vroeër vandeesweek uit ʼn rioolpyp in China gered is, is met sy ma herenig.
MRK-verhoor oor plaasmoorde gesoek
Elize Perrin, wie se broer Mauritz Oberholzer in ʼn onlangse plaasaanval vermoor is, en AfriForum het Donderdag die Menseregtekommissie versoek vir ‘n openbare verhoor oor plaasmoorde.
Bokskampioen Gerrie Coetzee vrygespreek
Die voormalige swaargewigbokskampioen, Gerrie Coetzee, is vrygespreek op ʼn aanklag dat hy nie homself as ʼn tandtegnikus geregistreer het nie.
Oudste bewys van kindermishandeling gevind
Argeoloë het op die oudste bewyse van kindermishandeling afgekom terwyl hulle met opgrawings by ‘n antieke oase in die weste van Egipte besig was.
Woord: Janpêre
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord ‘Janpêre’.
Aarde ontvang weer besoeker uit ruimte
Die aarde kry Vrydag weer ‘n besoeker uit die ruimte. Die asteroïde, 1998 QE 2, gaan op ‘n afstand van sowat 15 keer die afstand van die maan by die aarde verbygetrek.
ATKV wil Afrikaans as een van drie amptelike tale vestig
Die ATKV het Woensdag gesê hy beplan om groot maatskappye en die regering oor die volgende 18 maande te oortuig om Afrikaans as een van die land se drie amptelike tale aan te wys.
Nuuskommentaar: Die groot leuen
Môre vind ‘n beraad plaas wat deur die ad hoc-komitee oor eiendomsreg aangebied word. Die titel is veelbetekend: Grondbesit in Suid-Afrika (Die Groot leuen)
Noordwes-seuntjie (4) voor skool doodgery
Barend Porter (4) is Woensdagmiddag voor sy skool in die dorpie Koster in Noordwes, doodgery.
Bejaarde paartjie laat klawers dawer
‘n Onbekende bejaarde paartjie, wat agter die klawers van ‘n vleuelklavier ingeskuif het vir ‘n impromptu duet-uitvoering, wys dat oud nog lank nie koud is nie.
Noordwes-premier met dood gedreig
Thandi Modise, die premier van Noordwes, het die afgelope tyd doodsdreigemente ontvang.