ESPN The Magazine het die eerste foto’s van sy jaarlikse “Body Issue” vrygestel.
Lees meerAlles vir Woensdag 10 Julie 2013
Kurt Darren se vrou sien hom vir die eerste keer ná ongeluk
Kurt Darren se vrou, Dunay van Heerden, het Woensdag in Johannesburg geland ná haar vakansie oorsee.
Hoop dat nuwe minister e-tol sal skrap
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag gesê hy hoop dat die nuutverkose minister van vervoer, Dipuo Peters, ʼn verandering aan die strategie oor die e-tolsaga sal bring.
Video: Bedelaar “sonder bene” staan op en loop weg
‘n Bedelaar in Glenhoveweg, Johannesburg, wat motoriste laat glo het dat hy nie bene het nie, het sosiale media laat gons nadat dit aan die lig gekom het dat hy motoriste nog die hele tyd kul.
Pa en seun op PTA-kleinhoewe aangeval
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval op Rudolph van Tonder en sy seun, Colin (30) op hul kleinhoewe in Haakdoornboom buite Pretoria nie.
Geen beurtkrag nie, sê Eskom
Eskom het Suid-Afrikaners verseker dat hulle nie, weens probleme by die Medupi-kragstasie, aan kragonderbrekings blootgestel gaan word soos wat in 2008 gebeur het nie, het die SAUK Woensdag berig.
Cosatu dreig met landboustakings in die Wes-Kaap
Lede van die vakbondfederasie Cosatu kan dalk volgende maand in die Wes-Kaap begin staak indien sosio-ekonomiese kwessies nie dringend aangespreek word nie, het Tony Ehrenreich, leier van Cosatu in die provinsie, gesê.
Boek vir byna R15 miljoen verkoop
Die afslaer Sotheby’s het gesê Samuel Beckett, Ierse skrywer, se manuskrip van sy eerste novelle het vir bykans £1 miljoen (bykans R15 miljoen) verkoop.
Publiek skiet glo op drie ‘diewe’
Drie mans, wat glo ʼn American Swiss-winkel by Carnival Mall in Brakpan, Gauteng, beroof het, het ontsnap ná ʼn skietgeveg met die publiek.
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Die ANC het Woensdag hofdokumente op 48 raadslede van die Tlokwe-munisipaliteit (Potchefstroom) bedien, nadat burgemeester Maphetle Maphetle ontsetel is, het die DA gesê.
‘Modimolle-monster’: Ina se eksman getuig
Rex Bonnette, Ina Bonnette se eksman, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof in die sogenaamde “Modimolle-monster”-hofsaak getuig.
Kom ons herdefinieer ‘Afrikaner’
Prof. Wannie Carstens van die Afrikaanse Taalraad voer aan dat die begrip ‘Afrikaner’ herdefinieer moet word om meer inklusief en ontdaan van ras te wees.
Chanelle Henning-saak: Nico het glo finansieel swaargekry ná moord
Andre Gouws, een van die twee mans wat beskuldig word van die ʼn komplot om Chanelle Henning te vermoor, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof gesê hy het nooit haar moord met enigiemand bespreek nie.
Mandela-kleinkinders op Twitter oor sy gesondheid
Twee van Nelson Mandela se kleindogters, wat aan ʼn gesinsrealiteitsprogram op televisie deelneem, het hulle vir nege ure lank na Twitter gewend om vrae oor hul siek oupa te beantwoord.
Onderwyser nog nie vergoed na afdanking oor leerder se punte nie
Arlene Nel, ‘n onderwyser wat glo afgedank is nadat sy nie met die skoolhoof se seun se punte wou knoei om hom te laat slaag nie, het nog nie haar regmatige vergoeding ontvang nie.
Oorskot van vreemde kreatuur opgespoor
Die ontbinde oorskot van ʼn vreemde kreatuur is Dinsdag by The Crags buite Plettenbergbaai opgespoor.
Twee seuns wees gelaat ná grusame aanval
Twee seuns, onderskeidelik sewe en 13 jaar oud, is wees gelaat nadat hul ouers in Pabalello in die Noord-Kaap vermoor is.
Video: Nuwe alfabet-letter voorgestel
Paul Mathis, ʼn restaurateur van Melbourne in Australië wil nou ʼn nuwe letter tot die bestaande Engelse alfabet toevoeg.
Zuma hoef glo nie redes te verskaf nie
Die president gebruik glo sy eie prerogatief wanneer hy lede in die Uitvoerende Raad aanstel, het die presidensie Woensdag in ʼn verklaring gesê.
Inbreker toe eintlik ‘n slang
Polisiebeamptes het Dinsdag op ʼn vermoedelike inbraak reageer by ʼn winkel in Ingham, Australië, maar op ʼn 5.7m-lange luislang afgekom.