Die eerste Afrikaanse sosialemedia-platform, toeter, is Donderdag bekend gestel. ‘n Video volg onderaan die berig.
Lees meerAlles vir Donderdag 1 Mei 2014
Video: Dankbaarste (ou)pa
Jessica Hickey se pa wag al vir dié nuus sedert haar troue. Die video is die afgelope 20 dae al meer as 11 miljoen keer op YouTube gekyk.
Opname: “Stemmery is nutteloos”
Ongeveer 43% van die volwasse bevolking in Suid-Afrika is van mening dat die verkiesing betekenisloos is, het die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) Donderdag gesê.
Verkiesingsveldtogte duur voort op Werkersdag
Politieke partye maak van Werkersdag gebruik om talle verkiesingsveldtogte dwarsoor die land te hou. Die algemene verkiesing vind oor minder as ʼn week plaas.
Vermiste vliegtuigwrak: Families moet nou terugkeer huis toe
Malaysia Airlines het die familielede van die vermiste passasiers van Vlug 370 aangeraai om hul hotelle te verlaat en terug te keer huis toe.
Witbank-ontvangsdame eis ná man se afsterwe
Philippa Venter (52) dagvaar Hope Papo, LUR vir gesondheid, vir R829 000 nadat haar man by ʼn staatshospitaal gesterf het, berig The Citizen.
Nuwe Super18 vir 2016 kom ʼn stap nader
Daar is steeds ongelukkigheid onder die vyf Australiese franchises oor die voorgestelde Super18-rugbyreeks vir 2016. Die voorgenome reeks is Woensdag onverwags in Australasië bekendgemaak.
Mensesmokkelaars los 300 in woestyn aan lot oor
Gewetenlose mensesmokkelaars het sowat 300 mense in die woestyn aan hul lot oorgelaat.
Rooftog op plaas in Hemel-en-aarde-vallei
Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn bejaarde egpaar op hul plaas naby Hermanus beroof het.
Soektog duur voort na vermiste tieners
Die soektog na twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, duur voort en brei nou na ander provinsies uit.
Vuurwapenskou: Pa aangekla wat seun per ongeluk skiet
Sean Kotzin, wat sy sewejarige seun per ongeluk by ʼn vuurwapenskou in Midrand geskiet het, is van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen aangekla, het The New Age Donderdag berig.
Peaches sterf nes haar ma
Peaches Geldof (25), die Britse televisie-aanbieder, het net soos haar ma, aan ʼn oordosis heroïen gesterf, berig The Times of London.
NASA-logo mag nie gebruik word nie
Die Nasionale Ambagslui en Vaardigheidsakademie in Benoni is aangesê om nie meer die naam en logo van die Amerikaanse Nasionale Aëronoutika en Ruimteadministrasie (NASA) te gebruik nie.
Amplats gaan direk met werkers praat
Anglo American Platinum (Amplats) sal sy jongste loonaanbod direk aan sy werknemers dwarsoor Suid-Afrika aanbied, het die maatskappy Woensdag gesê.
Nuuskommentaar: Werkersdag of wrekersdag?
Met Suid-Afrika se hemelhoë werkloosheidskoers bied Werkersdag nie vir almal in die land ewe veel opwinding nie.
R100 000-beloning aangebied ná moord
ʼn Gedenkdiens word Vrydag vir Jürgen Rombouts (27), ʼn voormalige leerling aan Hoërskool Akasia in Pretoria, gehou nadat hy onlangs by sy huis in Strand in die Wes-Kaap doodgeskiet is, berig Pretoria-Noord Rekord.
Drie kinders versmoor in motor
Drie kinders het Woensdag versmoor nadat hulle sowat 20 minute lank alleen in hul ouers se motor gelaat is in Mahikeng, Noordwes.
Gedagte vir die dag: Wees bly want God het jou gemaak
Psalm 149:2 – Al God se kinders moet bly wees oor Hom, want Hy het hulle gemaak. Gelowiges moet juig oor Hom, want Hy regeer…