Voordat ons getrakteer gaan word op die Curriebekerreeks se twee Premierliga-halfeindrondes, gaan die Griffons en Valke dit eers Vrydagmiddag om 15:15 in Welkom om die Eersteligakroon uitspook.
Lees meerAlles vir Donderdag 16 Oktober 2014
Groot skok: SMS van oorle ouma
ʼn Gesin van Engeland wat steeds rou oor die afsterwe van hul ouma drie jaar gelede, het vertroosting daarin gevind om ʼn teksboodskap na ʼn selfoon te stuur wat hulle saam met haar begrawe het, totdat hulle ʼn vrolike antwoord ontvang het.
Boetie moes sussie se verkragting aanskou
Twee mans wat verlede jaar ʼn vrou verkrag het, is Donderdag in die Durban-streekshof elk tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Opgeskorte vonnis vir strafbare manslag
ʼn Soldaat van die Suid-Afrikaanse Weermag wat ʼn 10-jarige in 2011 doodgery het, het ʼn opgeskorte vonnis ontvang.
Kluis by Mpuma-Petroport opgeblaas
Die polisie in Mpumalanga is op soek na drie mans wat glo ʼn kluis by die Petroport Steers in Dwarsfontein naby Delmas opgeblaas het.
Plaasmoordverdagte weer aangekeer ná ontsnapping
ʼn Moordbeskuldigde wat een van drie persone was wat vroeër vandeesmaand uit die polisieselle in Belfast, Mpumalanga ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Facebook stel geliefdes gerus tydens ramp
Facebook het ʼn nuwe funksie bekend gestel wat gebruikers in staat stel om hul familie en vriende in kennis te stel dat hulle veilig is wanneer groot rampe tref.
Alberton-ongeluk: Trokbestuurder al voorheen skuldig aan strafbare manslag
Die vragmotorbestuurder wat in hegtenis geneem is ná Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, is al voorheen aan strafbare manslag sowel as roekelose of nalatige bestuur skuldig bevind.
Boek: Die Goorgomgaai (15de verjaarsdaguitgawe)
Vier vyftien jaar van dié bekroonde gesinsgunsteling met hierdie spesiale herdenkingsuitgawe van “Die Goorgomgaai”,
Pilanesberg se uitgebrande vulkaan
Wat het die groot vyf, ‘n ou vulkaan en uitstekende kos in gemeen? Een woord: Pilanesberg. Marianne Styan kuier hierdie week in Noordwes.
Oscar Pistorius se sussie glo in hof gevloek
Mikey Schultz, selferkende moordenaar, het Donderdag ontken dat hy die woorde “f*k jou” met sy mond aan Oscar Pistorius se suster, Aimee, gevorm het.
JHB-brand geblus
Brandbestryders het Donderdag ses ure lank gespook om ʼn groot brand by ʼn fabriek in die Denver-nywerheidsgebied in Johannesburg-sentraal te blus.
Woord: Jan en die ander
Een van die gewoonste mansname, Jan, word in baie uitdrukkings in Afrikaans gebruik, soos Jan Balie en Jan Laventel maar ook Jantjie Gou-Gou en jantjie-van-alles. Lees gerus vandag se Taaltoffie vir al die “Jan”-uitdrukkings!
Rylopers skiet JHB-motoris dood
ʼn Motoris is Woensdag in Alberton, Johannesburg, deur twee rylopers tydens ʼn kapingspoging doodgeskiet.
Polisieman tronk toe oor omkoopgeld
ʼn Voormalige polisiebeampte van Limpopo is Woensdag in die Louis Trichardt-streekshof tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat hy omkoopgeld van R1 000 aanvaar het.
Bendeverkragters kry 69 jaar tronkstraf
Sewe mans wat skuldig bevind is aan ʼn bendeverkragting in Heilbron in die Vrystaat, is Woensdag in die Sasolburg-landdroshof gesamentlik tot 69 jaar tronkstraf gevonnis.
Tastic-produkte herroep
Tiger Brands se graanafdeling het Donderdag sekere Tastic Simply Delicious-produkte herroep nadat spore van die moontlik giftige kleurmiddels daarin gevind is.
Foto’s: Stofstorm in Bloemfontein
ʼn Reusestofstorm in Bloemfontein in die Vrystaat het indrukwekkende foto’s op Twitter opgelewer.
Moseneke wag nog vir Winnie se hofdokumente
Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, eksekuteur van oudpresident Nelson Mandela se boedel, het glo nog nie Winnie Madikizela-Mandela se hofdokumente wat haar egskeidingsbevel daag, ontvang nie.
Rampe eis minder in 2013 – Rooi Kruis
Natuurrampe het in 2013 minder as 22 500 lewens geëis teenoor die gemiddeld van byna 100 000 die afgelope dekade, het die Internasionale Rooi Kruis in sy jaarverslag wat Donderdag bekend gestel is, gesê.