ʼn Soektog is aan die gang na Steven Roux (25), ʼn inwoner van Brakpan in Gauteng, wat nou reeds meer as ʼn week vermis word nadat hy die laaste keer in Mpumalanga gesien is.
Alles vir Vrydag 12 Junie 2015
Gaan Switserland ʼn kuslyn kry?
“Canton Marittimo” – Kanton by die see. Switserland gaan ’n kuslyn kry – dis nou as twee vriende van Sardinië hul sin kry.
Drie ‘renosterstropers’ in Mpumalanga vasgetrek
Drie vermeende renosterstropers is Vrydag in die vroeë oggendure in Acornhoek, Mpumalanga, vasgetrek.
Taalvaardigheid help potensiaal ontsluit
Hy was stil, teruggetrokke, en het homself deur ’n enkele emosie – woede – uitgedruk. Hy het ons skaars gegroet. Nou, soos ons die halfjaarmerk nader, kan ek met trots sê dat hy ’n plesier is om mee te werk.
‘Kaper’ kom sy moses teë met jong vrou
ʼn Jong vrou van Durban, KwaZulu-Natal, het Donderdag ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn vermeende kaper haar met ʼn mes in haar kop gesteek het.
Limpopo-dubbelmoord: Onthoofde liggame se koppe gekry
Die koppe van die twee mense wie se onthoofde liggame onlangs in ʼn bergagtige gebied in Limpopo gevind is, is Donderdag opgespoor.
Boek: Judaskus
Menslike beendere word gevind op ’n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede.
Nuuskommentaar: Kan ANC nog reggeruk word of á-la-apartheid net vernietig word?
Die “rebellie” van die ANC se Gautengse voorsitter, Paul Mashatile, teen die minister van polisie se Nkandla-verslag dui op ʼn krakie in die ANC. Maar gaan dit die krakie oopforseer, of gaan die ANC hom onder Zuma se leiding net dieper verskans as party wat uiteindelik nie meer hervorm kan word nie?
ANC-hoë kritiseer Nkandla-verslag
Die ANC in Gauteng het by monde van sy leier, Paul Mashatile, gesê die polisieminister se verslag oor Nkandla weerspieël nie die amptelike posisie van die regerende party nie.
Beurtkrag Vrydag heeldag toegepas
Eskom het Vrydagoggend vanaf 06:00 beurtkrag begin toepas en gesê dit sal waarskynlik tot 22:00 die aand voortduur.
Foto’s: Groot ongeluk bring JHB-snelweg tot stilstand
28 mense is Vrydagoggend beseer in ʼn kettingbotsing waarin 16 voertuie op die N12-wes in Benoni aan die Oos-Rand betrokke was.
‘ANC-regering moet ophou om geleenthede van wit jeugdiges te weerhou’
Wat die ANC-regering met die wit jeug van Suid-Afrika doen, is niks anders nie as rassisme in sy ergste graad nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.
Solidariteit gaan DKD in konstitusionele hof pak
Die vakbond Solidariteit gaan in November vanjaar namens tien van sy lede die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die konstitusionele hof pak.
Weermag vra weer vir wit rekrute
Die weermag het begin met ʼn program om jong wit Suid-Afrikaners te lok.
Resensie: Francois van Coke se solo-album
Francois van Coke se debuut-soloalbum kan as ’n sukses beskou word. Dit is hoog op die amptelike trefferlys gegrond op werklike albumverkope.
Gedagte vir die dag: Vandag se lyding, en die heerlikheid wat op ons wag
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. (Rom 8:18)