Phillip Kgoantha, die 22-jarige man wat skuldig bevind is aan die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is Vrydag gevonnis.
Alles vir die maand Junie 2015
Westerse demokrasie in krisis weens ekonomiese probleme
Suid-Afrika kan baie leer uit die Westerse skuldkrisis, waarvan die belangrikste is dat ‘n staatstelsel net volhoubaar is as dit die burgers se regte en vryhede beskerm en nie as die staat vir almal probeer sorg nie, skryf Flip Buys.
Video: Fynproewers smul aan krieke, miere en wurms
Kriek-crostini, bros mieliewurms en selfs miere met ’n sjokoladelagie. Dít is slegs ʼn paar van die peuselhappies wat vroeër vandeesweek beskikbaar was by die opwip-restaurant in Johannesburg wat ook bekend staan as ʼn Pestaurant.
Departement swyg oor Derby-Lewis se parool
Die departement van korrektiewe dienste en justisie het Vrydagoggend geweier om redes te verskaf waarom ʼn mediakonferensie oor Clive Derby-Lewis (79) se vrylating op mediese parool op kort kennisgewing gekanselleer is.
Veldren vir mediese geriewe op Stella
Die Bush to bush Challenge in Stella, ’n dorp in die Noordwes provinsie, is ʼn nasionale veldrenkampioenskap wat bygewoon word deur baie mense van regoor die land.
Christopher Panayiotou borgtog geweier
Christopher Panayiotou, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Jayde se moord gereël het, is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof borgtog geweier.
Afrikaans 90: Afrikaans is ’n moderne taal
“Na ’n besoek aan Namibië het ek geweet: Afrikaans sal in Suid-Afrika oorleef as daar net na hierdie buurland gekyk word,” skryf Augusta Jordaan, onderwyseres.
Raaiseldood: Net man se voete brand
Die polisie in Noordwes doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 60-jarige man se liggaam op sy bed aangetref is met net sy voete wat brandwonde opgedoen het, nadat sy bed aan die brand geslaan het.
SA se $10 miljoen het blykbaar “gewerk”
Die omstrede $10 miljoen wat Suid-Afrika in ʼn rekening van Jack Warner, oud-visepresident van Fifa, betaal het vir die ontwikkeling van sokker onder Afrikane in diaspora in die Karibiese gebied, het klaarblyklik vrugte afgewerp … mits van die geld hiervoor aangewend is.
Video: Luislang vry ná 15 ure lange ‘gyselaarsdrama’
Die luislang wat Donderdagoggend ʼn ambulans van die Maponya 911-nooddiens in Phalaborwa, Limpopo, gestrand gelaat het nadat dit in die voertuig se enjin gaan skuil het, het deur die aand uiteindelik self uitgeseil.
Video: Dierepret met ʼn spieël in die woud
Die Franse fotograaf Xavier Hubert-Brierre se video oor diere wat hulself in ʼn spieël bewonder, is die afgelope vyf dae reeds meer as 10 miljoen keer op YouTube gekyk.
Man en vrou vas vir Nyoni-plaasmoord
ʼn Man en ʼn vrou is Vrydagoggend in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn plaas in Nyoni, KwaZulu-Natal, waartydens een man doodgeskiet is en sy broer ernstig beseer is.
Luister: Erica Wessels praat oor haar rol in Treurgrond
Die plaaslike rolprent Treurgrond wys tans in fliekteaters. Erica Wessels vertolk die rol van Nellie van Staden en Maroela Media het met Erica gesels oor die uitdagings van dié fliek en waarom sy die rol aanvaar het.
Vlugte dán beskikbaar van Wonderboom na die Moederstad
Reisigers tussen Pretoria en Kaapstad kan binnekort van vlugte tussen die Wonderboom-lughawe en die Kaapstadse Internasionale Lughawe gebruik maak.
Woord: komhalertjie
Het jy geweet mans het ‘n “komhalertjie”? Taaltoffie stel ondersoek in!
Passasiersbootreis: Om te vaar of nie..?
Marianne deel die voor- en nadele van ‘n passasiersbootreis met jou. Maak seker jy kyk ook na die pragtige foto’s onderaan die berig – as jy nog wonder of jy moet gaan…
Geen borg vir ‘De Wildt-plaasaanvallers’
Drie verdagtes wat na bewering die bejaarde egpaar, Hannes (77) en Annetjie van der Merwe (74) op hul familieplaas in De Wildt in Noordwes aangeval en gemartel het, is Donderdag borgtog geweier.
Oud-All Black en vrou sterf in botsing
Jerry Collins, ʼn voormalige All Blacks-rugbyspeler en sy vrou is in ʼn motorongeluk in Frankryk dood terwyl hul drie maande oue dogtertjie kritiek beseer is.
Vrou in hof ná sy glo jok oor verkragting
ʼn 35-jarige vrou van die Vrystaat het Donderdag in die Virginia-landdroshof verskyn nadat sy glo ʼn vals aanklag van verkragting en roof aanhangig gemaak het.
Kind se erg-ontbinde liggaam gevind
Die liggaam van ʼn kleuter wat Maandag in die Oos-Kaap opgespoor is, was so erg ontbind dat daar nie genoeg DNS-bewyse was om die kind se identiteit of oorsaak van dood te bepaal nie.