Pres. Jacob Zuma en sy regering het die afgelope ruk omtrent op omstrede wyse in die nuus beland, al was dit onregstreeks soos met die Fifa-bom, sodat ander belangrike sake skaars die nuus en kommentaarskrywers se rubrieke kon haal. Herman Toerien meen dis tyd dat ander sake nou weer die nodige aandag kry en het daarom (alweer) ʼn ope brief aan pres. Jacob Zuma geskryf waarin hy tong in die kies raad gee oor hoe om kontroversie te voorkom.
Alles vir die maand Junie 2015
Reddingspoging om bejaarde by doktersafspraak te kry
ʼn 82-jarige vrou van Plettenbergbaai moes die hulp van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) inroep om ʼn doktersafspraak na te kom nadat die pad voor haar huis oorstroom het.
Veldtog wil Noordwes-naam beskerm
AfriForum het ʼn nasionale veldtog van stapel gestuur waarmee dié burgerregte-organisasie Suid-Afrikaners aanmoedig om ʼn petisie te onderteken om die Noordwes-provinsie se naam te behou. Die naam van die veldtog is Keer dat Noordwes waai.
Drie bedrieërs by WEF in Kaapstad aangekeer
Drie mans is Donderdag by die Wêreld- Ekonomies Forum (WEF) in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle toegang wou bekom met akkreditasiekaarte wat nie aan hulle behoort nie.
Tieners vas oor hawelose seun se moord
Twee tieners is in Kanana naby Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn hawelose tiener.
D-dag vir Panayiotou
Christopher Panayiotou, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Jayde se moord gereël en beplan het, sal Vrydag sy lot hoor in sy aansoek om borgtog.
AJ van der Mescht terug met nuwe album
Hoewel AJ van der Mescht nog nie heeltemal so bekend onder Suid-Afrikaanse musiekliefehbbers is nie, is hy glad nie ’n nuweling op die musiektoneel nie.
SA Top 20 word 50: 1968 en 1970 tot 1971
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie kyk in hierdie artikel na die treffers van 1968 en 1970 tot 1971.
Gedagte vir die dag: Onbeskryflike genade
Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” (Joh 8:10-11)
Polisiebeamptes op borgtog vrygelaat ná gevangene ontsnap
Die twee polisiebeamptes wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo ʼn gevangene by die Pienaar-polisiestasie in Mpumalanga help ontsnap het, is op borgtog vrygelaat.
Onnie in hof oor lyk in suikerrietveld
ʼn 30-jarige onderwyser het Donderdag in die New Hanover-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn vir die moord op ʼn ander onderwyser.
Gestremde 12-jarige glo ontvoer, verkrag
Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering en verkragting nadat ʼn 12-jarige verstandelik gestremde meisie glo deur vier minderjarige seuns verkrag is.
Aanklag kom oor beweerde pensioenbedrog in NK
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Donderdag gesê hy sal ʼn aanklag by die polisie en die Openbare Beskermer lê om beweerde pensioenbedrog in die Noord-Kaap te ondersoek.
Noordwes-plaasaanval: ‘Swaard in man se keel afgedruk’
Twee mans is beseer nadat hulle Donderdagoggend op ʼn kleinhoewe buite Rustenburg deur gewapende rowers oorval is.
ToekomsVenster: Wees grensloos lief vir mense
God wil dat ons mekaar moet liefhê. Dis om in alle omstandighede vir die goeie te kies.
Marble Hall-ongeluk: Dit gaan goed, maar familie sê niks verder
Die familie van die Terblanche-gesin wat op 17 Mei ernstig in ʼn ongeluk op die R573 buite Marble Hall beseer is, het gesê hulle gaan nie verder kommentaar oor hul welstand lewer nie.
Luister: Caroline Wöstmann: Vrou van staal
Caroline Wöstmann is die eerste Suid-Afrikaanse vrou sedert 1998 wat die Comrades-marathon gewen het, asook die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat die Twee Oseane-wedloop in 14 jaar kon wen.
Baba Nico: Verhoordatum uitgestel
Baba Nico se ouers, Org en Anna-mi Linde van Welkom in die Vrystaat, sal nog twee weke moet wag voor die verhoor van Mafsehidiso Lisbeth Makashea na verwagting amptelik gaan begin.
Foto’s: Luislang hou ambulans ‘gyselaar’
ʼn Ambulans van die Maponya 911-nooddiens in Phalaborwa, Limpopo, is sedert Donderdagoggend gestrand nadat ʼn luislang skuiling in die voertuig se enjin gaan soek het.
Luister: Jongste voorsitter nóg vir GHA
Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het op sy 21ste jaarvergadering Pieter Oosthuizen as voorsitter verkies. Oosthuizen (27) is die jongste persoon nóg om hierdie posisie te beklee.