Die polisie in Harburg, KwaZulu-Natal, het ʼn 30-jarige onderwyser in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vrou in ʼn suikerrietveld gevind is.
Alles vir die maand Junie 2015
Tragedie by Alexandra-polisiestasie eis 5 lewens
ʼn 31-jarige polisiekonstabel is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy glo vroeër die dag vier mense, waaronder sy vrou, by die Alexandra-polisiestasie doodgeskiet het.
SA Top 20 word 50 jaar oud
Op 4 Junie, vyftig jaar gelede, is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie skryf oor die treffers van die gewilde treffersparade in die volgende reeks artikels.
Gedagte vir die dag: Hou by die waarheid
Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Joh 8:31-32)
Miljoene kyk na man wat dieregeluide namaak
ʼn Video van ʼn man in Kaapstad wat dieregeluide kan namaak, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.
Kaapse bendeleier sit lank
George “Geweld” Thomas, leier van die 28’s-bende in Bishop Lavis, is Woensdag tot sewe keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Juffrou gesleep: Versoek dat saak weer bekyk word
Deon Schoeman (48) wat tereg staan op aanklag van poging tot moord nadat hy Suzanne Leyden etlike meters ver met sy bakkie gesleep het, se prokureurs het versoek dat die hof weer die meriete van die saak moet ondersoek.
Beendere in Alberton-spruit gevind
ʼn Geraamte is Woensdag in die Natalspruit in Alberton, Gauteng, gevind.
Foto’s: Plafon stort ineen by Sandton City
ʼn Klein gedeelte van ʼn plafon het Woensdag omstreeks 15:10 in die wandelgang tussen Sandton City en Nelson Mandela-plein in Sandton ineengestort.
‘Moordenaar’ se ma help om hom vas te trek
ʼn Vermeende moordenaar van Thabong in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy ma die polisie van sy bewegings in kennis gestel het.
ToekomsVenster: Doen alles met blydskap, hoop en gebed
Het jou jy jou visie of geesdrif verloor? Vra dat die Here weer die vuur van sy Gees in jou sal aansteek.
Fifa-skandaal: Mbalula ontken teenstrydigheid in weergawes
Daar is geen teenstrydigheid in die weergawes van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) en die regering oor bewerings van omkopery met die 2010-Sokkerwêreldbeker nie, het sportminister Fikile Mbalula Woensdag gesê.
Maklike webwerf om slaggate aan te meld
Dit is nou sommer baie maklik om ʼn slaggat aan te meld danksy die webwerf, Ogaats.co.za.
Foto’s: Verdagtes sterf in skietery met polisie
Twee vermeende rowers is Dinsdagaand noodlottig gewond tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.
Tussenkerklike Raad: Ope brief aan die ANC
Wedersydse erkenning van basiese morele uitgangspunte is na ons mening noodsaaklik vir enige toekomstige gesprek tussen die ANC, kerke en burgerlike organisasies.
Afrikaans 90: Kies Afrikaans
“’n Taal wat se tongval so mooi klap om die uniekheid van haar tuiste, dat sy ’n lewe van haar eie kweek ongeag die groter taalstrome om haar kop,” skryf Steve Hofmeyr.
Pta-raadslid nes musikant aangeval
ʼn Pretoriase raadslid is Dinsdagmiddag in die middestad aangeval net soos Charlie, voorsanger van die gewilde Afrikaanse groep Beeskraal, wat twee weke gelede in dieselfde omgewing met ʼn mes gesteek en beroof is.
Prof. TT Cloete se geskiedenisles aan Mantashe
Gwede Mantashe het Sondag glo beweer die ANC lei Suid-Afrika na die beloofde land soos Moses die Israeliete na bevryding gelei het.
Vroulike kerkleiers van Anglikaanse Kerk vra vroulike God
Verskeie leiers van die organisasie Watch, wat hom vir vroueregte in die Anglikaanse Kerk in Brittanje beywer, het hulle die naweek uitgespreek ten gunste van die aanbieding van God as vroulik.
Leeu-aanval: Vrou se naam bekend
Die Amerikaanse toeris wat Maandagmiddag by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg, deur ʼn leeuwyfie doodgebyt is, se naam is bekend.