Die voorsitter van die Groter Stilfontein Taxi-vereniging is Maandagaand op sy rusbank in sy woonkamer doodgeskiet.
Alles vir Dinsdag 4 Augustus 2015
Waar is die basiese bestanddeel – voeding?
Suid-Afrika is die enigste land ter wêreld wat nog veralgemeen as dit kom by sportdiëte. Geen twee mense of spelers is geneties dieselfde nie.
Resep: Oondgeroosterde hoender met Kaaps-Maleise vulsel
Jy gaan vir seker bewonder en bemin word vir hierdie dis!
Moord op Amerikaanse vrou in Kampsbaai: ‘Kêrel’ in hof
Gabriela Kabrins Alban (39) se liggaam is Woensdag in ’n luukse boetiekhotel in Kampsbaai gevind.
Gewapende bende beroof wagte by kitsbank
Die Mpumalanga-polisie ondersoek ʼn saak waar ʼn bende van sowat sewe gewapende mans Sondag drie veiligheidsbeamptes van G4S Security by ʼn kitsbank oorval en van kontant en hul vuurwapens beroof het.
Steek die vure aan, dis Wêreldbekertyd!
Baie Suid-Afrikaanse ondersteuners het meer vrae as antwoorde aan die vooraand van die Wêreldbekerrugbytoernooi en dit is seker verstaanbaar dat sommige nie te opgewonde is oor die Springbokke se kanse nie.
Pta-tiener verdwyn uit ouerhuis
ʼn Egpaar van Pretoria is naarstiglik op soek na hul tienerdogter nadat sy Vrydag uit haar ouerhuis in Môregloed verdwyn het.
Nuuskommentaar: ’n Leeu, vermoorde polisielede en plaasmoorde
Die lot van Cecil die leeu het pas op talle sosiale netwerke alle vorige rekords van deelname verpletter. Is daar nie iets skeefgetrek dat die hartseer lot van ’n leeu by mense swaarder weeg as die lot van slagoffers van plaasmoorde nie?
[Video] Laaste eer aan Brixton Barnard betoon
Die musiekbedryf het in Julie afskeid geneem van ʼn legende in die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging.
Boek: Vandag gaan fantasties wees!
Wil jy die stres afskud? Dink kleur. Dink kreatief. Dink ontspanning. Dink inkleur! Niemand is te oud om ’n inkleurpotlood op te tel nie – dít is die nuwe tendens en Vandag gaan fantasties wees! loop voor met die Bybelse inspirasie wat deur die pragtige sketse en patrone verweef is.
Boek: Sanri Steyn – Die spookmeisie van Raaiselfontein
Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.
[Foto’s] Reusevlamme ná twee tenkwa’s op N2 bots
ʼn Gedeelte van die N2-snelweg in Durban is vir verkeer gesluit nadat ʼn diesel- en ʼn petroltenkwa gebots en aan die brand geslaan het.
Kankerbehandeling veroorsaak Tutu se infeksie
Aartsbiskop Desmond Tutu (83) sal nog ʼn paar dae in die hospitaal bly nadat hy Sondag ʼn klein ondersoekende prosedure ondergaan het.
Resensie: ‘Net so’ – Gert Koevert
Met hierdie album wys Gert Koevert dat hy ’n sanger en liedjieskrywer is waarmee daar rekening gehou moet word.
Vyf weer vas ná groep uit aanhouding ontsnap
Die verdagtes staan reeds tereg op verskeie aanklagte waaronder roof en moord.
ANC-hoofsweep kap terug na Madonsela
Die kantoor van die ANC se hoofsweep het gesê dit is nie waar dat Thuli Madonsela, openbare beskermer, die teiken van aanvalle was sedert sy bevindings gemaak het teen pres. Jacob Zuma nie.
Polisiemanne vas oor rooftog
Die eienaars van die winkel is met kabelbinders vasgebind en met vuurwapens gedreig.
MIV/vigs: Die een wat deur die nag ons pret beloer
Hy is duidelik niks meer as ’n skadu van die man wat hy eens was nie. Die Engel van die Verderf het hom skelm kom besoek. Soos Eugene Marais met wysheid gedig het: “Die een wat deur die nag ons pret beloer en laaste lag is Skoppensboer.”
Gedagte vir die dag: Hy sê meer as net: “Haai”
Ek sal getrou aan jou bly en jou Myne maak, en jy sal uiteindelik vir My ken as die HERE. (Hosea 2:19)