Hulle stories breek my hart, maar die gelag in die sitkamer stel my gerus, want hier het hulle ʼn tuiste gevind, ek is seker daarvan.
Alles vir Vrydag 12 Februarie 2016
Parys-saak: Landdros waarsku staat
Die verrigtinge Vrydag in die Parys-landdroshof waar vyf beskuldigdes verskyn het in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers, was binne ʼn halfuur verby.
Nuuskommentaar: SONA was sôna oemf en amper sôna einde
Die groot verwagtinge wat weens omstandighede die aandag op die staatsrede gevestig het, het grootliks ’n muis gebaar. Tog was daar meer waarvan kennis geneem moet word as net die EFF se sirkusstreke.
Dwelmhandelaar vas ná daggavonds by skool
Die Mpumalanga-polisie het Donderdagmiddag ʼn vermeende dwelmhandelaar vasgetrek nadat hulle tydens ʼn bewusmakingsveldtog by ʼn hoërskool in Evander, naby Secunda, leerders met dagga betrap het.
Saak teen Parys-boere hervat vandag
Vyf verdagtes sal Vrydag in die Parys-landdroshof verskyn in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die distrik aangekeer is.
Valentynsdag vir alleenlopers
My e-pos loop oor van advertensies met spa-pakkette vir “my en my geliefde” en ek kan selfs rose gratis laat aflewer as ek nóú bestel. Sug.
Staatsrede 2016: ‘Zuma soos bottel sonder gas’
“Die staatsrede van pres. Jacob Zuma vanaand was verbeeldingloos en sonder om werklik die ernstige Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme aan te spreek,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, ná afloop van die geleentheid in die parlement gesê.
Gedig: Blomme
“ek koop vir jou drie blommetjiesjeans..” Geniet Piet van Rooyen se liefdesgedig, “Blomme”
Klipkouers: Jacques gesels met Len Fourie
Len Fourie is die breinkrag agter die stads- en streeksbeplanningsfirma, Makroplan. Len gesels met my oor hoe ekonomiese probleme, soos die kragkrisis, tot onvoorsiene voordele vir SA maatskappye kan lei en hoe sy kleintydpassie gelei tot sukses in sy beroep.
Romanza-boek van die week: Die rooikop se lot
Karlien trek die kortste lootjie van die verpleegsters by die kliniek. Nou moet sý die befoeterde man met die gebreekte been in kamer sestien versorg. En hy is moeilik! Maar ook so aantreklik …
RUGBYKUIERPLEK
Rugbylui is altyd op soek na `n kuierplekkie om skouers met ander lede van die broederskap te skuur en die kameraderie van die spel te geniet. Hier is enkele vooorstelle.
Valkeliga: Vereeniging mik vanjaar nog na GB
Vereeniging mik daarna om later vanjaar een van die twee vakante plekke in die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker (GB) te vul.
Eshowe-rugbydag vier 70ste bestaansjaar
Waarskynlik die oudste klubrugbydag in die land, Eshowe se toernooi om die Bozasbeker, vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar.
Man sterf in huisbrand
ʼn Man in sy 30’s is dood nadat sy huis in Reservoir Hills, KwaZulu-Natal, afgebrand het.
Mynredding: ‘Hernude hoop’
Reddingspanne het ʼn band gevind wat glo aan die skeepshouer vas was voor dit tydens die ineenstorting by die Lily-myn in Barberton onder puin en grond verdwyn het.
Zuma se staatsrede ‘flou en ʼn verleentheid’
Pres. Jacob Zuma was Donderdagaand ’n afwesige, flou makou en sy staatsrede was geheel en al irrelevant.
Gedagte vir die dag: Met geloof as anker
Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker. (Hebreërs 6:18-19)